PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Torings en terreur

(’n versplinterde reeks)

René Bohnen

II: Sinergie en psigose

Uit die luisnes, uit die broes
het ek ’n gedig gekry
Uit die etterklont
van ’n kamikaze-kop
’n bloedige vers gekry
En ek het stemme gehoor
van ergstegraadse vlammenood,
van afgestroopte mensvel,
selfone wat uit klippe bel
en uit beton
en hel
selfs God was vir ’n oomblik dood
En ek het stemme gehoor —
uit Bin Laden se bom van ’n brein,
selfs ook uit die Katolieke vuur
het stemme my binnegestroom
en iewers wou iemand begrip berig,
my hand wou iewers die ink heen stuur
toe ek die stemme hoor
in my bekende beskawing se donkerste
puinvolle uur
My ink se kleur is ontvoer,
my hand oor papier bestier;
in my pen se lobbe
swel die bitter brandmerk
tonge van vuur
En ek het stemme gehoor;
grys en uitgebrand;
die beelde was so ver
maar die stemme almal hier
Nou sal diskoers en debat altyd vaag
neergestort veraf rommelend bly tier
want stemme het my binnegestroom
in my onbekendste uur
Ek het totaal geïmplodeer
en ek moet van heel oer af
’n nuwe taal aanleer

Lees ook I, III en IV

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.