OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust
Wat is OnderwysNet?

Beste Opvoeders, en hopelik ook Leerders

Ons hoop dat julle ’n bietjie van ons opwinding deel vir hierdie nuwe onderneming, om met opvoeders en leerders van Afrikaans op die Internet te kommunikeer. In hierdie aflewering is daar ’n eerste bespreking van die implikasies van Kurrikulum 2005 vir die Afrikaans-onderwyser, en ’n ontleding van die roman Toorberg, wat by ’n hele aantal skole vir volgende jaar voorgeskryf is. In die toekoms sal daar gereeld twee rubrieke wees oor Kurrikulum 2005 en oor Afrikaanse voorgeskrewe werke; ons beplan in hierdie stadium ook twee verdere rubrieke: “Ervarings uit die klaskamer”; en “Nuus-items”.

Ons sal graag van opvoeders en leerders wil hoor oor die dinge wat hulle kwel of wat hulle opgewonde maak; verlangens en versoeke; voorstelle vir hierdie rubrieke, ens. Komaan, mense, skryf dat dit hop! En help ons om deur hierdie rubriek nogmaals te bewys dat Afrikaans springlewendig is.

Chris N van der Merwe
Chris N van der MerweChris van der Merwe is medeprofessor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is die skrywer van ’n aantal studies oor die letterkunde, onder meer die volgende boeke:
  • Tromboniusdagboekenkaart. ’n Boerneef-boek
  • Sirkel en Sfeer. Opstelle oor literatuur en werklikheid
  • Breaking Barriers. Stereotypes and the changing of values in Afrikaans writing, 1875-1990
  • Alkant Olifant. ’n Inleiding tot die literatuurwetenskap (saam met prof. Hein Viljoen)
Prof. Van der Merwe het ’n hele aantal jare die boekbesprekings in die program “Vrouefokus” oor die destydse Afrikaans Stereo behartig. Hiervoor het hy in 1994 die prys van Suid-Afrikaanse Boekjoernalis van die Jaar verower. Hy het ’n groot belangstelling in die onderwys en was aktief betrokke by die organiseer van simposia vir opvoeders in die Wes-Kaap en die skryf van studiegidse oor voorgeskrewe werke vir die gebruik van opvoeders en leerders.

cnvdm@beattie.uct.ac.za

Richard Stanley
Richard StanleyRichard Stanley is Senior Vakadviseur vir Afrikaans by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Hy het sy Honneursgraad in Afrikaans en M.A.-graad in Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland behaal — beide cum laude. Hy dien in die Wes-Kaapse leerareakomitee vir Taal, Geletterdheid en Kommunikasie. Hy is betrokke by die skryf van studiegidse oor voorgeskrewe werke.

richard@stanley.wcape.school.za

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.