OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Gedigte vir Afrikaans tweede taal (vreemdetaalsprekers)

RiŽtte Hugo, Herschel

  • ’n Student skryf aan sy meisie - HENNIE AUCAMP
  • Sonata - ANNESU DE VOS
  • Things that go bump in the night - ROSA KEET

    ’n Student skryf aan sy meisie - HENNIE AUCAMP

    Subtitel: Watter nut het ironie in eensaamheid? Iwan Toergenjef
    What is the value of irony when you are lonely? Ivan Turgenev

    Stap 1: Woordeskat.

    1. Ek stuur vir jou diť briefie / al is ons ding nou oor.
      [I am sending you this short note although our relationship is something of the past.]
      Ek dag: jy is tog menslik / en wil dalk van my hoor?
      [I thought: you are human and would like to hear from me.]

    2. Ek woon hier op ’n plasie - Karoo so ver jy kyk
      [I live on a small farm and it’s Karoo as far as the eye can see.]
      ’n trein kom deur die leegte / en neem dan weer die wyk.
      [A train comes over the (empty) lonely plain and then it disappears.]

    3. Distansie bring besinning / en mag ek sÍ: ook visie?
      [Distance brings (reflection) clarity / and may I add: vision?]
      Ek glimlag oor jou selfsug; jou passie vir ’n rusie.
      [Your selfishness makes me smile; as does your passion for an argument.]

    4. Osmose tussen mense / is moontlik, maar beperk:
      [Osmosis between people is possible, although limited.]
      Emosie kan ooreis word / as dit van ťťn kant werk.
      [Emotion can be drained if it only works from one side.]

    5. Die oom sal netnou trug wees / met meel en Vrydagpos
      [The uncle will be back shortly bringing flour and the post which arrives on Friday.]
      (en ek sal glo moet hand gee / met aflaai van die kos).
      I’ll have to help with the off loading of the food.

    6. Jy word vir my weer naamloos: / verlange onbegrens;
      [ You become anonymous once more; unlimited longing;]
      En so is die liefde sinvol / nie ingekort tot mens.
      [In this way love is meaningful (and not) limited to (one) person.]

    7. Die tante gaan nou kamp toe, / roep “Kiep-Kiep” teen die wind;
      [The aunt is going to the chicken run, calling “kiep-kiep” against the wind;]
      Sal sweerlik weer kom aanklop. “Nog niks gehoor nie, kind?”
      [She’ll surely come and knock and ask: “Haven’t you heard anything yet, my child?”]

    8. Ag, dÍmmit, ek verlang jong, / kom haal my asseblief!
      [Oh damn it, I’m missing you, please come and fetch me]
      En straf my tot ek seer kry / maar bÍre net diť brief.
      [And punish me till it hurts / but please keep this letter.]

    9. Want dit bevat gedagtes wat ons twee moet bespreek:
      [Because it contains thoughts which we must discuss:]
      As alles goed gaan, liefste, / dan sien ons oor ’n week?
      [If everything goes well, beloved / we’ll see each other in a weeks’ time?]

    Stap 2: Die gedig
    Algemeen: Die gedig bestaan uit 9 strofes van vier reŽls elk. Die tweede en die vierde reŽls van elke strofe rym met mekaar. Die gedig het ’n sangerige toon en dit pas by ’n jong man wat aan sy meisie skryf, want dis nie baie ingewikkeld nie. Die subtitel, wat ’n aanhaling is van ’n Russiese skrywer, is gepas, want dit dui op die gemoedstoestand van die student. Die student werk miskien tydens ’n vakansie op ’n plaas in die Karoo en hy verlang na sy vorige meisie.

    Strofe 1:
    Hy skryf aan sy meisie, maar dit klink asof hulle uitgemaak het. Hulle is nie meer ’n paartjie nie. Hy hoop egter dat sy darem nog van hom wil hoor omdat dit menslik is om belang te stel in jou (vorige) geliefdes. Die student is nogal egosentries, want albei dele van diť strofe begin met “ek”. Dis ook nogal egoÔsties om te dink dat ’n ander mens van jou wil hoor, veral as hulle “ding” (verhouding) “oor” is.

    Strofe 2:
    Die tweede strofe begin weer met “ek”. Die plaas waarop hy woon, is nie baie groot nie (plasie), maar die Karoo is vreeslik wyd en jy sien so ver as wat jy kan sien. Ons kry hier dus die gevoel van eensaamheid. Die enigste gebeurtenis is ’n trein wat verskyn en dan weer verdwyn. Dit verhoog die gevoel van alleenheid wat die student ervaar.

    Strofe 3:
    Hierdie strofe is skuinsgedruk en kan beteken dat dit slegs die student se gedagtes is terwyl hy die brief skryf. Omdat hy nou ver van haar is, dink hy anders oor hulle verhouding as toe hulle by mekaar was. Nou “glimlag” hy oor haar selfsug en haar gewilligheid om te baklei. Miskien suggereer dit die rede waarom hulle verhouding verby is: sy dink net aan haarself en sy baklei graag! Hy kry dus nou ’n veranderde perspektief op hulle verhouding.

    Strofe 4:
    Hy dink dat interaksie tussen mense moontlik is, maar hy dink ook dat dit beperk is. Dit kan dus nie ten volle gebeur nie. Hy verduidelik dat as daar net van een kant af aan ’n verhouding gewerk word, dit die verhouding sal laat doodgaan omdat dit dan “ooreis” word. Een mens kan nie ’n verhouding laat slaag nie. Daar moet van twee kante aan ’n verhouding gewerk word.

    Strofe 5:
    Nou skryf hy weer van alledaagse gebeure. Die “oom”, (let op: dis nie “my oom” nie, het van die plaas dorp toe gery en bring benodigdhede terug. Die plaasboer sal ook by die poskantoor omgaan en die pos saambring. Die student sal moet help om die goed af te laai. Dit is blykbaar een van sy pligte.

    Strofe 6:
    Hier kry ons weer ’n gedagte wat hy nie neerskryf nie. Hy verlang nie nou spesifiek na die meisie nie, maar sommer na alles wat ver van hom is. Hy sÍ dat liefde op hierdie groter, wyer manier baie meer “sinvol” is. Dis nie beperk tot een mens nie, maar sommer teenoor die hele mensdom.

    Strofe 7:
    Die plaasvrou, wat “tante” genoem word deur die student, gaan voer die hoenders en hy hoor hoe haar stem “teen die wind” die hoenders roep. Hierdie toneel is ook baie hartseer, want dit dui ook op die eensaamheid en verlatenheid van die mense wat permanent hier bly. Die vrou het ook al voorheen vir die student gevra of hy nog niks van sy meisie gehoor het nie en dit sal ook weer die isolasie beklemtoon. Dis ironies dat sy hom “kind” noem. Dit kan op twee aspekte dui: die boervrou is al taamlik oud en beskou die student as baie jonk, of sy voel moederlik teenoor hom. Die woord dui ook toegeneentheid (endearment) aan.

    Strofe 8:
    In hierdie strofe erken die student dat hy baie verlang en dat die meisie hom moet kom haal. Hy sÍ asseblief, dus wil hy dit baie graag hÍ. Hy gee ook nie om dat sy hom “straf” nie, maar hy wil net ontslae raak van die verlange. Die woord “straf” suggereer dat die student miskien iets verkeerd gedoen het en dat sy optrede dalk die rede was vir hulle mislukte verhouding. Hy dink daaraan dat hy wil hÍ dat sy die brief moet “bÍre” om hom later te herinner aan sy gevoelens toe hy dit geskryf het.

    Strofe 9:
    Die brief bevat gedagtes wat hulle twee moet bespreek. Die gedagtes was alles waaraan hy gedink het terwyl hy oor ditjies en datjies geskryf het. Hy het nie die gedagtes neergeskryf nie, maar hy sal hulle onthou as hy weer die brief lees. (Lees weer strofes 3, 4, 6 en die eerste reŽls van die laaste strofe) Die laaste twee reŽls suggereer dat hy haar binnekort weer gaan sien en dan sal hulle die verhouding kan bespreek.

    Vrae

    1. Verduidelik in jou eie woorde wat Iwan Toergenjef se woorde beteken.(2)
    2. Die titel van die gedig kontrasteer met die tweede reŽl van die eerste strofe. Stem jy saam met hierdie stelling? Verduidelik. (3)
    3. Wat beteken “dag” in reŽl drie van strofe een?(1)
    4. Wat kan jy sÍ van die landskap waarin die student hom bevind?(2)
    5. Watter twee betekenisse kan daar aan die woord “leegte” geheg word?(2)
    6. Wat suggereer die kursiefgedrukte woorde?(2)
    7. Twee kenmerke van die meisie se geaardheid het die spreker aanvanklik geÔrriteer, maar nou glimlag hy daaroor. Wat is die kenmerke?(2)
    8. Watter reŽl suggereer dat een van die twee meer belang gestel het in die verhouding as die ander een?(2)
    9. Daar word gesuggereer dat die student ’n vakansiewerk op ’n plaas verrig. Gee ’n aanhaling wat dit bewys.(2)
    10. Waarom praat hy van “die oom” en “die tante” en nie van “my” nie? (2)
    11. Wat beteken “sinvol” in die sesde strofe? Gee slegs een sinoniem. (1)
    12. Watter reŽl suggereer dat die student hulle taamlik onaangename verhouding verkies bo die eensaamheid van die plaaslewe?(2)
    13. Waarom moet die meisie die brief bÍre? (1)
    14. Wat suggereer die woord “liefste” in die konteks van die gedig?(1)

    Moontlike antwoorde

    1. As ’n mens eensaam is, help dit nie om die ironie in ’n situasie raak te sien nie.
    2. Ja. In die titel hoor ons dat hy vir “sy meisie” skryf, maar in die tweede versreŽl praat hy daarvan dat hulle “ding” verby is.
    3. “het gedink”
    4. Dis bar en strak. Daar is niks om na te kyk nie.
    5. Die plat vlaktes word “leegtes” genoem. Dit dui ook op die leegheid van die bestaan op so ’n afgeleŽ plaas. Die student se lewe voel leeg.
    6. Dit is die student se gedagtes. Hy dink aan hulle verhouding.
    7. Sy hou daarvan om te stry en sy is selfsugtig.
    8. “emosie kan ooreis word as dit van ťťn kant werk”
    9. “(en ek sal glo moet hand gee met aflaai van die kos)”
    10. Dis die manier waarop ons selfs vreemde, nie-familielede sal aanspreek.
    11. Betekenisvol.
    12. “En straf my tot ek seer kry”
    13. Sodat hy later kan onthou waaraan hy gedink het terwyl dit geskryf is.
    14. Hy dink nou weer met liefde aan die meisie.


    Sonata - ANNESU DE VOS

    Stap 1: Woordeskat

    Strofe 1:
    Ons vriendskap / was ’n middagmelodie
    [Our friendship was an afternoon melody]
    Van vier tot vyf / tussen die koel geheime / mure / van die plat wit huis / waarin jy bly:
    [from four to five (o’clock) between cool white walls of the flat white house in which you live.]

    Strofe 2:
    En buite / het die luisterende plante / oor die dak gerank / gekartel:
    [and outside the listening plants crept and clambered over the roof]
    In die harmonie van fluisterende klank:
    [in the harmony of the whispering sound]


    Strofe 3:
    Nou is ons vriendskap / net die stilte / na die simfonie:
    [now our friendship is only the silence after the symphony]
    En op ’n reŽnerige nag / herskep ek dit:
    [and on a rainy night I recreate it]
    Met wit gepunte vingers / tot ’n temerige klag / op my klavier:
    [with white, pointed vingers it becomes a wistful moan on the piano.]

    Strofe 4:
    Want ek verlang na jou / en huil alleen / omdat jy vir my lag:
    [because I miss you and I am crying alone because you are laughing at me.]

    Stap 2: Die gedig

    Hierdie gedig is in VRYE VERSVORM geskryf en daar word van verskillende musiekterme en musieksoorte gebruik gemaak. Die titel, SONATA, verwys na ’n musiekstuk wat gewoonlik vir ’n klavier geskryf word en bestaan uit drie of vier dele. Ons kry ook die woord MELODIE wat verwys na die deuntjie (melody). Dit verwek die idee van romanse by die leser. Verder kry ons HARMONIE wat weer samespel suggereer en laastens is daar ’n spesifieke verwysing na ’n klavier wat gespeel word. Die woord SIMFONIE suggereer ’n grootse musiekuitvoering wat deur ’n orkes uitgevoer word. Omdat musiek spesifiek vir mense wat kan HOOR betekenis het, is daar verwysings na KLANK.

    Dit klink dus dat die liefde tussen die twee mense as ’n ligte melodie begin het en toe ontaard het in ’n grootse simfonie. Die einde is egter hartseer want sy verlang nog na hom, maar hy lag vir haar.

    In die eerste strofe suggereer die woord “middagmelodie” dat die vriendskap iets moois en spesiaals was. Gewoonlik het hulle mekaar tussen vieruur en vyfuur gesien. Slegs die plante het na hulle gesprekke geluister. Hulle verhouding was dus baie privaat. Daar was “harmonie” tussen die twee mense en hulle het dieselfde gevoel oor die vriendskap. In die derde strofe het dinge egter skeefgeloop want daar is nie meer musiek tussen hulle nie, maar net “stilte”. Die spreker probeer om die gelukkige tye op die klavier te “herskep”, maar nou is alles tussen hulle verby. Al wat oorbly, is ’n “temerige klag”. Op ’n reŽnerige dag is ’n mens meer geneig om eensaam en verlate te voel, daarom is dit gepas dat sy op so ’n dag klavier speel.

    Die slotsin gee vir ons die indruk dat die meisie meer volwasse as die seun is omdat sy na hom verlang en hy net lag oor die verhouding. Die mooi verhouding wat soos ’n pragtige musiekstuk begin het, is nou verby.

    ’n Moontlike verduideliking van hierdie gedig is dat ’n jong meisie verlief raak op ’n musiekonderwyser wat tussen vier- en vyfuur in sy huis musieklesse gee. Hierdie kalwerliefde van haar word nie beantwoord nie en sy is treurig daaroor. As sy vir hom laat weet van haar verliefdheid, skryf hy dit op lughartige wyse af. Hy lag vir haar en sy voel verwerp. 2. Vrae

    1. Die woord “middagmelodie” suggereer dat die vriendskap ________ en ________ was. (2)
    2. Die sinsnede “koel geheime mure” suggereer iets van hulle verhouding. Wat wil die spreker vir ons daarmee vertel?(2)
    3. Waar en hoe laat het die twee mense mekaar gesien?(2)
    4. “Luisterende plante” is ’n voorbeeld van_____________? (1)
    5. Watter woord vertel ons dat die twee mense nie baie hard gepraat het nie? (1)
    6. Terwyl hulle vriendskap aangehou het, was dit soos ’n melodie. Hoe beskryf die spreker die einde van die vriendskap?(1)
    7. Watter soort musiekstuk suggereer dat hulle vriendskap ’n hoogtepunt bereik het? (1)
    8. Watter emosie suggereer die woorde “temerige klag”?(1)
    9. Hoe weet ons dat die spreker ongelukkig is?(2)
    10. Gee ’n aanhaling uit die gedig wat suggereer dat die vriend harteloos optree.(1)
    11. Hierdie gedig is eintlik ’n uitgerekte vergelyking tussen verskillende soorte musiekstukke en die spreker se _______________ (1)

    Moontlike antwoorde

    2. Sonata

    1. mooi en besonder
    2. Dit was ’n geheim wat binnenshuis plaasgevind het.
    3. In die plat, wit huis. Van vieruur tot vyfuur.
    4. Personifikasie
    5. Fluisterende
    6. Al wat oorbly, is die stilte na die simfonie.
    7. Simfonie
    8. Hartseer; ontsteltenis
    9. Sy verlang / huil alleen
    10. “omdat jy vir my lag”
    11. gevoelens


    Things that go bump in the night - ROSA KEET

    Stap 1: Woordeskat

    jy los my alleen
    (you leave me alone)
    / in ’n huis vol geluide
    (in a house full of sounds)
    / en hoe minder ek probeer luister
    [and the less I want to listen]
    / hoe harder klink die klank
    [the louder the noise sounds]
    / van ’n onbekende voetstap
    [of a strange footstep]
    / op die donker trap
    [on the dark staircase]
    / bang vaak verdwaal ek laat
    [scared and sleepy I roam around]
    / in die gange op soek / na slaap
    [in the passages in search of sleep]
    / wat om elke naghoek verdwyn
    [which disappears around every dark corner]
    ek skrik / vir die naaldekokerstraatlig
    [I’m frightened of every dragon fly street lamp]
    / deur skaars bewegende blare
    [through leaves that hardly move]
    / jou jas aan die kapstok / is ’n man sonder bene
    [your jacket on the coat stand is a man without legs]
    / ek is bang / vir die stofsuierslang / op die vloer van die spens
    [I’m scared of the vacuum cleaner snake on the floor of the pantry]
    / en tot jy terugkom / sleep ek my vlees / soos ’n kis agter my aan
    [and until you return I drag my flesh behind me like a coffin or a box]

    Stap 2: Die gedig

    Hierdie gedig is getoonset deur Clarabelle van Niekerk en word gesing deur Mynie Grovť. Die woorde en titel is effens verander. Die titel is “Jy los my alleen”. Dit is een van die snitte van haar CD, A Portrait of Mynie Grovť.

    In Afrikaans is die titel: Dinge wat in die nag val of dinge wat ’n mens in die nag bang maak. Dis ’n gesegde wat veral teenoor kinders gebruik word. In die nag hoor ’n mens soms geluide en jy weet nie waardeur hulle veroorsaak word nie. Omdat jy nie weet nie, maak dit jou bang en jy kan nie slaap nie.

    Daar is geen hoofletters of punktuasie in die hele gedig nie. Die gedig begin met “jy los my alleen” en beweeg dan met behulp van enjambemente tot aan die einde van die laaste reŽl. Die funksie hiervan is om die vrees wat sy voel aan die leser oor te dra. Daar is egter drie aparte reŽls wat meer beklemtoon word, al lyk dit asof al die reŽls ewe veel klem dra. Hulle is “na slaap”, “ek skrik” en “ek is bang”. Die laaste twee is eintlik herhalend en wil vir die leser oordra hůť bang sy is.

    Daar is veral vier interessante vergelykings / metafore in die gedig. Die straatlig word vergelyk met ’n naaldekoker. Ons weet dat ’n naaldekoker wat vlieg altyd vir ’n paar oomblikke bokant ’n plek huiwer en dan verder beweeg. Dit is miskien die lig wat deur die blare skyn wat die vorm van die naaldekoker aanneem of die feit dat dit vir ’n rukkie doodstil is en dan weer tussen die “skaars bewegende blare” verdwyn.

    ’n Ander metafoor is die jas wat ’n man sonder bene is. Die woord “is” is belangrik omdat haar vrees haar wysmaak dat dit ’n misvormde persoon is wat in die donkerte na haar kyk. Ons het al almal die ervaring gehad dat ons ’n vorm sien wat lyk soos iets gevaarliks of snaaks.

    Die derde metafoor is die “stofsuierslang” wat haar bang maak. Oor die algemeen is ons almal bang vir goed soos slange en spinnekoppe en in die donker sal so iets ons laat skrik, want ons is alreeds senuweeagtig omdat ons vreemde geluide gehoor het!

    Laastens vergelyk die spreker haar eie liggaam (vlees) met ’n kis. Syself wil ontsnap of wegkom van die gevaar waarin sy verkeer, maar haar liggaam is ’n las wat sy moet saamsleep. (In die fliek THE MISSION waarin Robert de Niro die rol van ’n hervormde priester gespeel het, sleep hy sy “sondes” in die vorm van swaarde en sabels agter hom aan terwyl hy teen steil kranse moet uitklim.)

    In hierdie gedig word die liggaam wat die spreker eintlik sal wil “red” in ’n gevaarlike situasie, die las wat sy moet dra. Die woord “kis” laat ons ook aan die dood dink en daarvoor is ons ook bang.

    Dwarsdeur die gedig hoor ons van “jy” en “jou”. Ons weet nie spesifiek wie die persoon is nie, maar dit kan enige iemand wees op wie die spreker gewoonlik kan staatmaak. Dit kan wees dat dit ’n kind is wat alleen by die huis is en wag vir sy of haar ma / pa. Dit kan wees dat dit ’n jong vrou is wat vir haar man of geliefde wag.

    Vrae

    1. Na wie verwys “jy” en “my” in die eerste versreŽl van die gedig?(2)
    2. Noem een van die “geluide” waarna die spreker verwys. (1)
    3. Wat is die moontlike oorsaak van die geluid wat sy hoor (a) werklik en (b) in haar verbeelding?(2)
    4. Verduidelik wat bedoel word daarmee as sy sÍ dat sy in die gange soek na slaap?(2)
    5. Gee drie voorbeelde van die spreker se aktiewe verbeelding. (3)
    6. Gee bewyse uit die gedig dat die spreker in die huis rondloop. (3)
    7. Gee twee voorbeelde van metafore wat in die gedig voorkom. (2)
    8. Gee ’n ander woord vir “vlees”. (1)
    9. Wat beteken die vergelyking in die laaste twee reŽls?(2)
    10. Haal twee afsonderlike versreŽls aan wat bewys dat die spreker benoud is. (2)

    Moontlike antwoorde

    1. “jy” is die persoon wat weggegaan het en “ek” is die persoon wat agterbly.
    2. ’n Voetstap op ’n trap.
    3. Dis miskien die huis wat warm was en in die nag afkoel. As dit gebeur hoor ons kraakgeluide wat soms klink asof iemand loop. In haar verbeelding hoor sy ’n moontlike inbreker wat haar wil aanval.
    4. As sy eers gerus voel, sal sy aan die slaap kan raak. Nou moet sy die oorsaak van die geluide opspoor.
    5. Sy sien ’n straatlig aan vir ’n naaldekoker; sy dink die stofsuier se pyp is ’n slang; ’n jas aan ’n kapstok lyk vir haar soos ’n man sonder bene.
    6. Sy beweeg van die trap in die gang na ’n venster en dan na die spens.
    7. Naaldekokerstraatlig / stofsuierslang
    8. Liggaam
    9. My liggaam is die rede vir my bangheid. Ek probeer my liggaam teen aanvallers beskerm en dit word dus vir my ’n las.
    10. “ek skrik” / “ek is bang”

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.