OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Die noodsaaklikheid van die ontwikkelling van ’n leeskultuur

Carole de Waal
Gauteng Provinsiale Biblioteek- en Inligtingsdiens

Suid-Afrika bevind hom in ’n ernstige stryd vir die verbetering van die opvoeding en lewenskwaliteit van ’n groot deel van die bevolking. Die toekoms van ’n demokratiese land is afhanklik van ’n goed ingeligte, opgevoede samelewing. Dit kan slegs bereik word wanneer alle inwoners ten volle geletterd is. Elke kind behoort toegang tot boeke in sy moedertaal te hê, om sodoende blootgestel te word aan die wonderlike ervaring van lees.

Lees en skryf vorm die basis van die leerproses in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel. Enige ingryping wat taalvaardigheid kan verbeter, behoort aangemoedig te word, aangesien dit ’n impak het op die fondament van die opvoedingsproses. So vroeg as die voorskoolse jaar, behoort ’n kind in die gewoonte te kom om die biblioteek te besoek en te gebruik. Hoe ouer ’n kind word, hoe moeiliker is dit om ’n biblioteekgebruik gewoonte te vorm. Navorsing het getoon dat selfs babas al voordeel kan trek deur storievertelling. Om hardop vir kinders te lees, en toe te laat dat kleuters met boeke in aanraking kom, stimuleer hul motoriese, sosiale, emosionele en intellektuele ontwikkeling.

Die rol van die opvoeder
Kreatiewe oplossings is nodig om te verseker dat leerlinge die genot van lees as ’n aktiwiteit ervaar. Leerlinge wat goed kan lees, ontwikkel ’n goeie skryftegniek. Omgekeerd, om skryfvaardighede te verbeter, moet leesvaardighede verbeter word. Die kern van akademiese vermoë is lees, en leerlinge wat hard werk en steeds ’n probleem ondervind met hul studies, is omtrent deurgaans leerlinge wat nooit vantevore veel gelees het vir ontspanning of plesier nie. Lees is ’n noodsaaklike vaardigheid om onafhanklike, lewenslange kundigheid te verseker.

Hoekom kinders leer lees?
Hoeveel keer ’n dag sien ’n mens die gedrukte woord? Die wêreld waarin ons leef, is vol van verskillende tipes gedrukte materiaal. Daar is boeke, tydskrifte, koerante, advertensies, pamflette, gidse, etikette op items, ens. Dit beteken dat om vir kinders in staat te stel om effektief in hulle omgewing te funksioneer, moet hulle kan lees. Kinders lees om te leer, lees vergemaklik die leerproses — om nuwe kennis te bekom, en daarmee saam ontwikkel die vermoë om te dink. Vir kinders om sukses te behaal op skool, moet hulle eers bedrewe, ywerige lesers wees.

Die klaskamer behoort ’n opwindende omgewing te skep waar die leeservaring op alle vlakke daagliks plaasvind.

Die organisasie READ stel die volgende idees voor:
  • Leerlinge word in klein groepe verdeel. Hulle lees ’n storie, en dan dramatiseer hulle die storie voor die hele klas.
  • ’n Les kan begin word deur ’n interessante deel van ’n boek te lees wat verband hou met dit wat geleer gaan word.
  • Nadat ’n storie gelees is, kan leerlinge een van die karakters teken. Interessante artikels kan uit koerante gelees word en temas daarmee in verband gebring word.
  • Gee geleentheid vir stil, ononderbroke lees in die klas.
  • Bring luister, praat, skryf in verband met lees.
  • Hou ’n vasvra oor aanbevole boeke, kombineer dit met ’n kompetisie.
  • Die rol van die Gauteng Provinsiale Biblioteek- Inligtingsdiens (GPLIS)
    Die rol van GPLIS is om leesprogramme vir alle teikengroepe in die samelewing te ontwikkel. Hierdie programme word na openbare biblioteke deurgestuur om geïmplementeer te word. Programme word dan gemonitor en geëvalueer. GPLIS werk nou saam met organisasies soos READ en ERA om lees te bevorder. Die GPLIS tema vir die jaar is “Let Gauteng Read”.

    Op 28, 29 Februarie en 1 Maart word ’n konferensie deur ERA aangebied. Tydens hierdie konferensie gaan Minister Asmal “’n Dekade van Lees in Suid-Afrika” aankondig. Die doel van die konferensie is om ’n effektiewe strategie daar te stel om ’n dekade van lees te verseker en dat sleutelsektore ’n aktiewe bydrae sal lewer. Kontak: thumper@icon.co.za

    Ten slotte — alle belanghebbendes sal moet saamwerk om ’n leeskultuur in ons land te vestig, te bevorder en in stand te hou. Eers dan sal ongeletterdheid en apatie teenoor lees hokgeslaan word.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.