OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Vrae uit Douspoor deur A van Wyk en E Erasmus


Die muisvoëls en die vyeboom

  1. Noem enige twee karaktertrekke van Rooi Jonnie soos hy aan die leser voorgestel word.
  2. Ons het hier te make met ’n interessante verteltegniek. Met watter tipe verteller het ons hier te make?
  3. “Die vreemde rondloper wat byna uit die niet uit op die plaas verskyn, kan ook die ’bonatuurlike’ verteenwoordig.” Stem jy saam met dié uitspraak? Motiveer deur minstens drie aanhalings/beskrywings uit die verhaal.
  4. Wat is die naam van Jonnie se plaas? Waar het die naam (volgens oorlewering) sy oorsprong gehad? Kontrasteer die “brakwater” met die “varswater” en dui aan hoe dié verhaalgebeure ook ’n “morele boodskap” mag inhou.
  5. Jonnie se obsessiewe “lus” vir die vye motiveer hom om die boom te vertroetel en op te pas. Vertel hoe hy al drie dragte verloor het en elke keer die knie moes buig voor die mag van die muisvoëls.


Responsvrae

  1. Waarom sou dit nie wys wees om die vyeboom uit te kap nie, al dra dit nie vrugte nie?
  2. Watter dieper/simboliese betekenis kan die verhaal van die vyeboom vir die leser inhou? (Vir diegene wat belangstel, lees Mattheus 21, Markus 11 en Lukas 13.)
  3. Sou jy sê dat die eindtoneel (die voëls wat met die boom wegvlieg) geloofwaardig is? Motiveer.
  4. Rooi Jonnie word eintlik ’n patetiese karakter wanneer hy nie die vye kan red nie. Het jy simpatie met sy situasie? Motiveer.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.