OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Vrae uit Douspoor deur A van Wyk en E Erasmus

Junkheap in Oktober

  1. Bespreek die ruimte (plek waar die verhaal heel waarskynlik afspeel) en tyd (wanneer die gebeure afspeel) in die verhaal. (Bespreking: par 1 en 2.)
  2. Watter paradoks (skynbare teenstrydigheid) lê in die titel van die verhaal opgesluit?
  3. Noem ’n paar dinge wat die kinders tydens die skole-boikot gewoonlik gedoen het.
  4. Vertel kortliks hoe die junkheap (vullishoop) vir die kinders, teen alle verwagting in, ’n “geliefkoosde speelplek” word.
  5. Die kinders skep uit die rommel ’n “maaksel”.
  1. Watter simboliese betekenis kan “die skep van iets uit niks” hê?
  1. Vergelyk die blikman en die metaalman (ysterman) met mekaar. Sou jy reken dat daar progressie in die “kwaliteit” van die tweede skepping van die kinders te bespeur is? Motiveer.
  2. Hoe weet ons dat die bestuurder van die stootskraper die kinders goedgesind is?
  1. Wat noem hy die studente wat die beeld gesteel het? Watter gevoel wek dit by die leser?
  2. Sê hoe die studente deur hul daad nou die fokus verskuif en hoe hulle die eer van die “kunswerk” vir hulself inpalm.
  1. Beskryf hoe die afbreek en van die beeld baie spesiale betekenis kry binne die konteks van hierdie verhaal.
  2. Dui aan met behulp van enkele aanhalings hoe die vliegtuie in die omgewing ook as verteenwoordigers van die heersende bestel vertolk kan word.Bespreek die tema van die verhaal.

Responsvrae

  1. Vertel hoe menselewens tydens die apartheidsjare dikwels ontwrig is en hoe hulle in weerwil van opstand en protes weer moes rigting kry/’n nuwe bestaan moes maak.
  2. Dit is opvallend dat die “proteskuns” hoofsaaklik uit afvalmateriaal geskep is. Vind moontlike redes hiervoor. Doen navorsing oor kunstenaars wat ook deur die sg proteskuns bekendheid verwerf het en bespreek dit in die klas. (Bring voorbeelde van sulke kunswerke saam.)
  3. In die koerantberig word daar na die beeld as “Lord of the flies” verwys. Is die keuse lukraak of is daar ’n verband tussen die verhaalgebeure en die roman met dié titel wat in 1954 deur William Golding geskryf is?
  4. Sê hoe die suggestie in die slotparagraaf “dat ’n meeu ’n vliegtuig kan laat val” ’n moontlike vooruitskouing op die politieke omwentelinge van die latere jare gesien kan word.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.