OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Planne vir ’n Laevlakdag - Woordspeletjies

Twee algemeen bekende woordspeletjies wat ’n mens met vrug kan benut op ’n laevlakdag, is woordlere en woordsoek.

1.    Woordlere

Elke speler moet van een woord af “leer klim” tot by ’n ander woord. Hierdie begin- en eindwoorde is gewoonlik teenoorgesteldes, en moet ewe veel letters hê. Elke sport van die woordleer bestaan uit ’n erkende Afrikaanse woord wat net een letter verskil van die vorige een. Die wenner van die speletjie is die persoon wat die kortste leer tussen twee woorde kan “bou”.

Kyk byvoorbeeld of die leerders van LANK na KORT kan beweeg (ek kry dit reg met sewe sporte op my leer, insluitende LANK en KORT, maar ook ’n baie lelike woord … kan ’n mens daarsonder?!), of van WARM na KOUD (ek sukkel nog met daardie een). Dit lyk of dit makliker is om met (aanvaarbare!) vierletterwoorde te speel as met langeres, maar dit hang natuurlik af van geval tot geval. En laat ’n tweedetaalklas maar met woordeboeke speel: dit sal hulle bepaald ’n ding of twee leer!

2.    Woordsoek

Neem ’n Afrikaanse woord met nege letters, en skryf dit in ’n rooster met drie rye en drie blokkies in elke ry, soos byvoorbeeld:

F  I  S
A  A  A
N  K  R

Leerders moet dan soveel woorde as moontlik bou met hierdie letters, en veral probeer om die negeletterwoord te kry. In hierdie geval is die woord AFRIKAANS!

Gewoonlik is die reëls vir dié soort spel beperkend: woorde moet vier letters lank of langer wees (een-, twee- en drieletterwoorde is uit), geen eiename of leenwoorde mag gegee word nie, geen meervoude wat op -s eindig nie, die middelste letter moet in elke woord gebruik word, ensovoorts (hierdie reëls geld gewoonlik as die spel in Engels gespeel word). U kan maar self besluit hoeveel u die klas wil beperk. Laat weer woordeboeke gebruik: dit sal die aantal gevalle waarin u (boks-)skeidsregter moet speel, verminder!

Stuur asseblief goeie woordlere en interessante negeletterwoorde (asook ander bak planne vir laevlakdae) aan coenraadwalters@hotmail.com vir plasing op hierdie blad. By voorbaat dankie!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.