Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die glimlag van God

In die gewone skuil die Goddelike deur Izak de Villiers

Uitgereik deur Margot Luyt

ISBN: 0 7963 0195 6
Prys: R69,95
Bladsye: 160
Sagte band
Bestellings: 0860 231 231 of marketing@luxverbi-bm.co.za

Die glimlag van God van Izak De Villiers is deur die Christelike boekhandelaars van SA (CBSA) met 'n silwermedalje bekroon in die afdeling vir Algemeen Christelike boeke in 2003.

Izak de Villiers is jare reeds een van die gewildste en veelsydigste skrywers in Afrikaans. Sy volgelinge sal baie bly wees oor sy nuwe boek, Die glimlag van God. Dit is 'n besondere versameling van boeiende, lekkerlees essays uit sy absolute beste. Hier bevestig de Villiers weer dat hy een van Afrikaans se woordmeesters is wat met bedrieglike ligtheid en onopgesmuktheid sy lesers tot die kern van die situasie lei.
      De Villiers kyk in Die glimlag van God met humor na allerlei alledaagse dinge. Met sy kenmerkende fyn waarnemingsvermoë en skerp humorsin slaag hy dan daarin om sy lesers bewus te maak daarvan dat die Goddelike dikwels in die alledaagse, die gewone skuil. Soms sien 'n mens iets van God in 'n tuin of tussen mense of in die glimlag van 'n kind of 'n vreemdeling. Of jy kyk na iets wat jou irriteer of amuseer, net om skielik 'n dieper waarheid te ontdek - soos 'n pêrel in 'n oester.
      Party van die essays in hierdie bundel is versamel uit Izak de Villiers se gewilde rubriek in Sarie, maar daar is ook 'n afdeling met nuwe, meer geestelike stukke. Die glimlag van God sal vreugde bring aan oud en jonk.


Bestel of lees meer oor hierdie boek by Lux Verbi.BM



LitNet: 09 September 2004

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

to the top / boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.