Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Zandra Bezuidenhout: die klank van die aarde

Onderhoud: Versindaba

Zandra Bezuidenhout is gebore en het grootgeword in die Strand. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Later studeer sy verder aan die Universiteite van Stellenbosch en Leiden en in 2005 behaal sy ’n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue. Sy publiseer ook kortverhale, artikels, rubrieke en resensies. Haar debuutbundel, dansmusieke (2000), is met die Ingrid Jonker-prys bekroon en die tweede bundel, Aardling, verskyn in 2006 by Protea Boekhuis.

1. Jou jongste bundel, Aardling, word by die Versindaba bekendgestel. Waaroor gaan dié bundel?
Oor die mens as aardling; die “geaardheid” van ’n wese wat enersyds in die aarde gewortel is, daaruit groei en bloei, en tegelyk daarvandaan uitreik.

2. Hoe verskil dit van dansmusieke?
Dansmusieke het veral met beweging, uitbundigheid en genot te make gehad – “lewensmusieke” wat jou laat dans, selfs by die verdieping aan die einde. In Aardling is daar ook sprake van die fisieke en die sintuiglike, maar die verwondering oor die verstrengeling van stof en gees staan sentraal. Ek hoop dit word so gelees, want mens spel dit natuurlik nie so direk uit nie.

3. Nadat jy met jou debuut die Ingrid Jonker-prys ontvang het, dink jy daar is 'n sekere verwagting oor die tweede bundel?
Dit klink vir my of daar verwagtinge is, maar ook dat die aard daarvan van leser tot leser verskil. Dit maak dit moeilik, maar bied tegelykertyd die uitdaging om eerstens jouself tevrede te stel: jy skryf wat jy nou móét en kán skryf.

4. Wat lees jy op die oomblik?
Meestal nuwe Afrikaanse en Nederlandse poësie. Ek het pas ook heelwat van Van Wyk Louw en Eugène Marais herlees, maar word tans veral geboei deur MM Walters se vertalings van Chinese gedigte in sy Shih-Ching Liedereboek. Ek is ook opgewonde oor Anneke Brassinga se versamelbundel, Wachtwoorden. Verder verdiep ek my in die splinternuwe Nederlandse Bybelvertaling.

5. Is jy 'n gedissiplineerde skrywer?
Ek is eerder ’n gedrewe skrywer, en skryf veel meer as wat ek publiseer. Ek verwonder my aan alles, en wil dan met woord en gedagte speel soos ’n kind met Lego of volwassenes met blokkiesraaisels. So probeer ek op my manier ’n greep op die ontwykende dinge kry, terwyl ek spelenderwys iets staanmaak.

6. Wanneer weet jy 'n gedig is klaar?
Wanneer dit klínk; as die klokkie lui sonder dat daar te veel gesê is, en die struktuur my geheel en al bevredig.

7. Die mooiste woord in Afrikaans?

Klank. In daardie enkele lettergreep sit ’n hele geluid-reeks, en dan ook nog stilte en betekenis.

Zandra Bezuidenhout is te sien op die Versindaba (8 – 9 September) in Stellenbosch. Vir die volledige program, besoek die webwerf www.proteaboekhuis.co.za, skakel 021 8829100, of stuur 'n e-pos na ls.protea@mweb.co.za

 

LitNet: 16 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.