Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Illona Edwards: "mense maak my skryf"

Onderhoud: Versindaba

Illona Edwards woon in Bonteheuwel, Kaapstad. Sy is ’n finalejaar-regstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland en is tans in diens van Pick ’n Pay. Verskeie van haar gedigte is gepubliseer in bundels van die Poetry Institute en ook in Contrast. Die nuutste werk is opgeneem in Nuwe stemme 3. Sy neem gereeld deel aan die skryfskole wat deur LitNet aangebied word. Sy skryf ook graag kortverhale en hou van lees. Sy is ongetroud en hou baie van diere.

1. Watter tyd van die dag of nag dig jy gewoonlik?

Eintlik enige tyd. Ek het nie 'n spesifieke tyd nie.

2. Wat maak jou skryf?

Mense maak my skryf. Hulle is soms voorspelbaar en soms nie.

3. Baie mense sê hulle kan net skryf as hulle hartseer voel. Watter emosie dryf jou na die pen?

Ek raaks soms emosioneel, maar het nie eintlik 'n spesifieke emosie nie. Ek skryf omdat dit vir my lekker is en omdat ek kan gaan waar ek nie fisies kan nie. Ek hou ook daarvan om my in iemand anders se skoene te sit en probeer ervaar wat daardie persoon ervaar.

4. Mense kla en vra waar is die jong stemme. Wat dink jy van hierdie vraag?

In my opinie is die jong stemme daar, maar daar is nog steeds mense met klappe op hulle oë. Daar is baie jong digters daar buite, maar die meerderheid van hulle weet nie wat om met hulle werk te doen nie. Daar is ook so baie “red tape” dat van hulle na hulle eerste teleurstelling moed op gee. Daar is nie genoeg “cultivation” vir die digkuns nie, en wat daar is, bevoordeel net 'n handjie vol, wat eintlik baie sad is. Tale speel 'n groot rol in ons land en ek en 'n vriendin beoog om baie jong digters by 'n tipe workshop te betrek waar al die tale betrek kan word.

5. Waaraan werk jy op hierdie stadium?

Ek het nou onlangs deelgeneem aan 'n kompetisie op die kampus en wag vir resultate. Ek is ook besig om vir SAfm stories te skryf, weens die tekort daaraan, en ek is besig om nog 'n stel gedigte vir LitNet te skryf.

6. Wat lees jy op die oomblik?

Op die oomblik lees ek graag Afrikaanse en Engelse romans en enigiets wat my interesseer.

7. Watter digter of skrywer se werk het 'n groot invloed op jou eie werk?

Ek het nie 'n favourite nie, maar Enna Murray, Adam Small en Alice Walker is van my gunstelinge.

Illona Edwards is te sien op die Versindaba (8–9 September) in Stellenbosch. Vir die volledige program, besoek die webwerf www.proteaboekhuis.co.za, skakel (021) 8829100, of stuur 'n e-pos na ls.protea@mweb.co.za.

 

LitNet: 8 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.