Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kom oefen jou lagspiere by die Woordfees

Die publiek kan hulle woorde begin tel en hulle vere regskud, want in die week van 3-9 Maart is dit tyd vir die jaarlikse Woordfees. Dié fees bied vanjaar weer aan oud en jonk sommer ’n klomp lekker dinge. Een van die baie dinge om na uit te sien is die komedies by die fees. Die publiek kry die geleentheid om van die werklikheid te ontsnap, agteroor te sit, te ontspan en te lag dat die trane loop.

In Tip, wat geskryf is deur die dramaturg Saartjie Botha, word ’n komiese blik gelewer op die jong, sukkelende aktrise wat as kelnerin moet werk om kop bo water te hou. Lindie Stander vertolk dié rol, en dinge soos die koffiewinkel as gemeente van die eensames, die geheime van ’n goed gevoude servet en die kuns om op te hou rook is maar net enkele van die dinge waarvoor jy jou kan regmaak om oor te skaterlag. Die verdere rolverdeling sluit in Lorraine Burger, Malan Steyn en Antoinette Kellerman, met Christine Truter as regisseur.

Nog ’n komiese produksie is Drie tannies en ’n tert, geskryf deur die veelsydige kunstenaar Theo Kleynhans. Petro van den Heever vertolk verskillende rolle: die tannie wat troues reël, Meraai van die Baai, die vrou in die geel trui wat by die verkeerslig bedel en die geesdriftige verkoopsdame.

Maar dit is nog glad nie die laaste lag nie. Zebulon Dread bring Hotnotsgot na die Woordfees. In dié menslike, satiriese, stoute en doodgewoon skreeusnaakse komedie neem Zebulon Dread jou op reis deur die undervalley van die moderne Suid-Afrika. Met Hotnotsgot kry jou lagspiere nie net oefening nie, maar help bevry Zebulon jou van die vrese van die alledaagse lewe in Suid-Afrika.

Malan Steyn, wat saam met Ilse Oppelt die Smeltkroes Aardklop-prys gewen het vir Die Joseph en Mary Affair, bring hierdie komiese stuk ook na die Woordfeesplanke. Dié drama, met Abduragman Adams, Charlton George en Ilze Oppelt in die rolverdeling, is ’n komiese, deernisvolle grepie uit die lewe van gewone mense en gaan spesifiek oor drie fabriekswerkers wat ’n mirakelspel beplan vir die maatskappy se jaareindfunksie. Een is ’n Moslem, en die ander twee se geloofskennis is nie te waffers nie. Marthinus Basson hanteer die regie.

Dit is lank nie al wat die Woordfees jou bied nie. Om ’n volledige program te bekom met al die opwindende produksies, kontak (021) 808 2901 of stuur ’n e-pos na fees@sun.ac.za. Besoek gerus ook die webwerf www.sun.ac.za/woordfees. Besprekings open op 3 Februarie en kan telefonies gedoen word by (021) 808 3573. Kaartjies sal ook te koop wees by die Woordfeeskantoor in die Lettere A-gebou op die hoek van Ryneveldstraat en Merrimanlaan.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.