Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wilde Wildplaas Wellus

Brombeer

Jaco het sy oefenklere uitgetrek en kaal badkamer toe geloop en die stortkraan oopgedraai. Niks – net die geroggel van leë waterpype. “Ag nee, donner man. Daar was dan gisteraand water,” grom hy. Wat nou?

Hy het onmiddellik Ontvangs gebel en hulle het beloof om iemand te stuur.

Kaal stap hy weer uit op die dek en kyk weer oor die vallei – diep in gedagte. Hy het vir die eerste keer in weke uitgerus gevoel. Die afsondering van die Bosveld het die spanning van die afgelope paar maande van hom afgespoel.

“Môre, môre,” hoor hy die stem hier van die trap se kant af. Hy draai verskrik om en kyk in die verbaasde gesig van die rooikopmeisie van Ontvangs vas. Sy bloos onmiddellik en stotter dan: “Jammer ... ek ... uhm ... ek het net kom kyk na die water.” Sy het intussen vinnig haar rug op hom gedraai.

“Sorry. Uh ... wag net gou dat ek klere aankry. Bly net daar,” antwoord hy verleë en draf binnetoe. Hy gryp die oefenbroekie en spring gou daarin. Wat was haar naam nou weer? Hy probeer onthou wat op die naambordjie teen haar bors gestaan het. O ja: Heike.

“Jy kan nou maar omkyk,” sê hy wanner hy na buite stap.

Sy draai om en hy kan sien dat sy steeds bloedrooi bloos. “Ek’s regtig jammer ... maar ek het nie –”

“Toemaar, ek is die een wat verskoning moet vra. Ek was ingedagte en het jou voertuig nie eers gehoor nie. Ek het gedink dit sal nog ‘n rukkie wees voor hulle iemand stuur.”

“Ek was reeds hier onder by die ander chalet. Daar’s ‘n Duitse paartjie wat totaal hulpeloos is en ek moes eers help. Hulle het my vanaf die kantoor op die radio geroep en vertel van jou probleem,” verduidelik sy. “Dis hoekom ek so gou hier is. Ek het in elk geval gestap van daar onder af, so jy sou nie ‘n voertuig gehoor het nie. So wat is die probleem?”

“Die stort het nog gisteraand gewerk, en skielik vanoggend, toe ek terugkom en wil stort, toe’s daar niks.”

“Dis snaaks. Laat ek gou gaan kyk.” Jaco stap agterna die veld in. Hy kon sy oë nie van haar lang bene en perfekte agterstewe afhou nie.

So ent van die chalet – weggesteek tussen die bome – was daar ‘n groot groen plastiekwatertenk. Heike het langs die tenk gehurk.

“A, nes ek gedink het!” roep sy. “Die stopkraan wat die tenk voer was toe. Los dit so halfuur, dan behoort die tenk vol te wees.”

“Dankie vir jou moeite,” antwoord Jaco wanneer sy teruggestap kom.

“Geen probleem nie. Jy het in elk geval my oggend meer opwindend gemaak,” glimlag sy ondeund.

“Jy gaan seker nou lekker vir al jou kollegas hiervan vertel, nè?”

“Nie as jy beloof om my vir ete te nooi nie,” antwoord sy onbeskaamd en stoot haar ken effe uit terwyl haar ysblou oë vasgenael bly op syne.

“Jy’s nie skaam nie, nè. Is jy altyd so reguit?” vra Jaco verbaas.

“Jip, die lewe is te kort om mind games te speel. As ek van iets hou, sê ek dit en basta.”

“Okay dan. Maar gee my eers kans om in die dorp uit te kom. Wat van môreaand so sesuur – hier?”

“Sesuur môreaand dan.”

“Jy’s nie dalk ‘n vegetariër of iets nie, is jy?”

“Wat? ‘n Bosveldmeisie soos ek? Daarvoor laaik ek vleis te baie.” Haar skalkse glimlag het hom laat wonder of hulle steeds oor kos praat.

“Sien jou dan môreaand,” antwoord Jaco en steek sy hand uit.

*

Jaco het reeds die vuur aan die gang gehad toe sy daar aankom. Hy het amper hoorbaar na sy asem gesnak toe sy die trappe opkom. Sy was geklee in ‘n kort groen rokkie. Haar bene was selfs langer as wat hulle in die kakie langbroek gelyk het. Haar volronde borste was geaksentueer deur haar dun middeltjie. Hel, sy was verruklik.

“Naandsê,” groet sy toe sy voor hom staan.

“Naand. Jy ... moet dit asseblief nie verkeerd opneem nie, maar ... jy lyk pragtig.”

“Dankie, meneer Ferreira,” antwoord sy speels en maak ‘n vlak buiging.

“En vergeet die ‘meneer’, ek is Jaco.”

“Heike, maar jy weet dit reeds. Ek neem aan jy het die naambordjie probeer lees en nie net na my borste probeer staar nie.” Weer daai skalkse glimlag. Hy het net verleë geglimlag – uitgevang.

Nadat hy vir hulle drankies geskink het, het hulle oor koeitjies en kalfies gesels terwyl Jaco die vleis gebraai het, en sy het heeltyd langs hom gestaan by die vuur.

Later het hulle rustig gesmul aan die lekker gestopte koedoefilet wat Jaco perfek gebraai het. Hy het ook ‘n groen slaai en rogbrood opgedien.

“Hmm, jy mag maar vleis braai hoor. Hierdie filet is murgsag. Dis die lekkerste filet wat ek nog ooit geëet het.”

“Dankie, maar ek is seker jy sê sommer net so.”

“Jaco, iets wat jy sal leer, is dat ek nooit iets sê as ek dit nie bedoel nie. Nóóit. Ek het jou gister gesê ek speel nie mind games nie. Ek hou van jou en daarom het ek myself vir ete genooi – so maklik soos dit.”

“Wow, jy is reguit. Wel, vir jou kennisname, die gevoel is wedersyds.”

“Hmm, ek weet. Ek het daai knop in jou broek gesien gister – nadat ek natuurlik die ware jakob ontmasker gesien het,” lag sy en gee hom ‘n piksoen op die wang.

Jaco het haar kop in sy hande geneem en haar gesoen. Sy het nie weggetrek nie en hy kon voel hoe haar tong tussen sy lippe inbeweeg. Sy het haar hand agter sy kop geplaas en hom nader getrek en selfs vuriger begin soen.

Toe hulle uiteindelik ophou, sê sy: “Ek wou dit al heel aand doen.”

“Ek wou dit al gisteroggend doen,” antwoord hy glimlaggend.

Jaco het opgestaan en by die reling gaan staan. Die maan was vol en het net-net bo die boomtoppe kop uitgesteek. Hy het gevoel hoe Heike langs hom kom staan en haar koel hand op syne plaas. “En nou, wat’s fout?”

“Niks. Niks – ek is net bang dinge gaan te vinnig ... Ek –”

“Strooi, man. Ons albei is mos mooi groot. Albei weet hoe ons voel.”

“Dis so pragtig hier, kyk net die sterre. Weet jy iets van sterre?” vra Jaco om die onderwerp te verander.

“Ja, hulle skitter,” lag sy en gee sy hand ‘n drukkie.

“Nee, ou slimmie. Die goed soos die Suiderkruis en Orion en so aan?”

“Nee. Wys my asseblief.” Die manier waarop sy dit sê, laat hom wonder of hulle steeds oor sterre gesels. Sy kon die gewone so sensueel laat klink.

“Sien jy daai drie helder sterre so in ‘n ry? Daar,” wys hy in ‘n noordelike rigting.

“Hmm ... Nee, watter?”

“Kom staan hier voor my; kyk waar ek wys,” sê hy en sy skuif tussen hom en die reling in. Hy voel hoe haar warm boude voor teen sy broek skuur. “Sien, daar.”

“O ja, nou sien ek,” antwoord sy en druk effe met haar boude stywer teen hom aan. Hy voel hoe sy voël weer styf word. Sy voel dit ook en druk steeds stywer aan.

“Mmm, dit voel goed,” kreun sy en draai haar kop na hom toe. Haar lippe is effe oop en haar oë smeulend-soekend na syne. Hy buk effe vooroor en soen haar innig, terwyl sy hand onwillekeurig oor haar bors vryf.

“Sjoe, jy maak my jags,” fluister sy hees toe hulle klaar gesoen het. “Ek wil jou suig, asseblief,” voeg sy by en draai na hom toe voor sy op haar hurke voor hom afsak.

Voor hy kan teëstribbel, voel hy haar hande behendig op sy gulp en hy hoor die sagte fluistering van die ritssluiter. Dan is haar koel hand in sy broek, angstig soekend na sy stywe paal. Sy neem dit in haar vuis en hy voel haar asem warm op die kop daarvan. Hy kreun en druk effe vorentoe met sy bekken.

Haar mond is sag en warm as dit sy voëlkop omsluit, en wanneer hy afkyk ontmoet hy haar blik. Daar is naakte wellus in haar blou oë. Sy suig hom heel in haar mond in – amper onmoontlik diep. Sy sensitiewe pielkop druk diep agter teen haar kleintongetjie vas.

“Bliksem, Heike, dis lekker, maar ek moet jou waarsku: as jy aanhou, gaan ek ...”

Sy haal hom uit haar mond en antwoord: “Moenie nou al kom nie, ons is nog ver van klaar.”

“Kom sit hier op die reling, ek wil jou eet,” fluister hy en trek haar regop.

“O ja, asseblief. Ek is sopnat.” Sy maak haarself tuis op die boonste reling en sit effe wydsbeen. Jaco kniel voor haar en druk haar bene verder uit mekaar. Hy kan die aardse reuk van haar opgewondenheid ruik.

“Haai, jy het dan nie ’n –”

“… panty aan nie. Mors van tyd as ek die damn ding in elk geval gaan uittrek, sou jy nie so dink nie?” Hy kyk op na haar en sien weer daai uitdagende, skalkse glimlag.

Jaco kyk eers ‘n ruk in verwondering na haar pragtige poesie. Die lippies is dik geswel en effe oop. Hulle is reeds blinknat en ‘n draadjie vog hang tussen haar oop dosie en haar sagte dy. “Shit, dit ... Jy is pragtig.”

“Jaco, hou op praat. Lek my poesie NOU, asseblief,” kerm sy en gryp sy kop aan weerskante vas en trek hom na haar toe.

Hy laat sy tong saggies rondom die gleuf dartel en hy proe die soet van haar jagsheid. Hy is lus en verorber die hele wonderlike lekkerny, maar besef dat hy eers stadig moet werk en later eers harder en vinniger moet lek. Sy sit-hang so half op die reling met haar bene oor sy skouers en hy het nou heeltemal toegang tot haar.

“Ughhh ... ja daar ... net daar. Lek my klit. JA!” kreun sy en hy laat nie op hom wag nie. Sy een hand se vingers speel deur die sopnat gleuf en hy druk drie vingers diep in haar terwyl hy haar klit in sy mond insuig. Hy naai haar met sy vinger en hy hoor hoe sy na haar asem snak hier bo hom. Dan verwyder hy sy vingers en streel laer af, oor haar kringspier, wat onwillekeurig saamtrek. Hy vryf in klein sirkeltjies daaroor.

“Maak jou vinger weer nat in my poesie en druk hom daar in, asseblief,” sê sy hees. Hy doen dit onmiddellik. Haar kringspier ontspan dadelik en die warm hitte omvou sy vinger. Sy kerm: “O ja, dis so lekker. Lek my. Maak my kom – LEK MY!”

Terwyl hy haar anus vinger, lek hy haar prominente klit met sulke kort, vinnige haaltjies. Hy voel hoe haar bene ruk en haar kringspier om sy pompende vinger verstyf en hy weet sy is naby. Hy verdrink amper in haar sappe. Dan kom sy met ‘n klipharde gil wat aanhou en aanhou. Dit weergalm ver die naglug in. Jaco probeer tevergeefs om die vloed sap op te drink.

Uiteindelik is sy stil en sy maak klein tjankgeluidjies soos ‘n babakatjie. Hy kom orent en kom staan tussen haar bene. “Liewe hemel, dit was lekker. Ek kon nie ophou kom nie,” hyg sy.

“Ek het so gehoor, ja,” antwoord hy en hou haar om haar middel vas.

“Ja, sorry, ek gaan maar so tekere as ek kom. Nou wil ek hê jy moet my hard naai. Asseblief. Ek wil jou groot piel in my poesie voel,” sê sy en klim van die reling af. Weer draai sy om en buk vooroor. Sy trek haar rompie hoog oor haar boude en kyk oor haar skouer vir hom. “Naai my van agter af.”

Jaco is steeds oorstelp deur hierdie meisie se onbeskaamde wellus. Hy kyk na haar pragtige ferm wit boude en haar pienk, sopnat en wyd oop dosie wat aanloklik onder hulle hang soos ‘n ryp eksotiese vrug. Hy voel hoe sy voël klop. Hy maak vinnig sy broek los en dit val om sy enkels. Dan gaan staan hy agter haar en streel met sy hande oor haar boude en heupe.

“Druk hom in my, NOU. Ek wil jou voel, asseblief,” pleit sy en druk haar boude agtertoe. Jaco neem sy stywe paal in sy vuis en druk vorentoe. Sy ontvang hom in haar warm heuningpot en hy sink baldiepte in haar in. “Ughhh ... Ja ... ja, naai my met daai stywe piel. Naai my hard. Maak my weer kom.”

Hy kan sy ore nie glo nie. Die feit dat Heike so lelik praat, het hom beslis aangevuur en hy begin haar ritmies stoot terwyl sy hande krampagtig aan haar heupe klou. Wanneer hy afkyk, sien hy hoe hy telkens in haar poesie wegsink en dan weer sopnat en taai uitgly. Die roosknoppie van haar kringspier tuit ritmies saam in en uit. Hy neem sy duim en vryf daaroor.

“O ja. Dit is wonderlik. Naai my so,” bevestig Heike en druk haar heupe stywer teen hom. “Ek dink ek gaan weer ... Ek ... EK KOM!” En dan gil sy weer dat die kranse antwoord gee. Jaco stoot ritmies voort. Tot sy hygend ophou kom. “Donner, maar jy naai lekker. Het jy al gekom?” vra sy en kyk oor haar skouer. Daar is ‘n wilde trek op haar gesig en eers maak dit hom skrik, maar gou besef hy dat sy steeds in ekstase is.

Hy skud sy kop en prewel: “Nee, nog nie.”

“Moenie in my kom nie. Kom in my mond en oor my gesig. Asseblief.” Jaco tree terug en sy stywe voël gly uit haar oop poesie. Sy draai vinnig om en hurk weer voor hom.

“Gee hier, dat ek hom suig tot jy kom,” beveel sy en neem sy voël in haar hand. Jaco kyk af en kyk hoe sy hom in haar mond neem. Sy kreun behaaglik en hy voel die vibrasie daarvan tot in sy balle.

“Liewe hemel, Heike, jy maak my sooo jags. Hel, niemand het my nog ooit so gesuig nie.” Na ‘n ruk prewel hy: “O fok, Heike, ek is naby, so naby ...”

Sy bly egter suig. Haar tong maak sulke kort heen-en-weer-beweginkies net waar die kop en die skag aan die onderkant bymekaar kom en hy voel hoe die saad opbruis. “Ek ... Ek is naby. Ek gaan ... fok, ek KOM,” grom hy en sy haal sy spuitende voël uit haar mond. Dik blertse wit semen spat oor haar lippe, wange, hande, en drup dan af oor haar vol borste. Hy het nog nooit so baie gekom nie.

“Hmm, jy smaak lekker.” Sy lek haar lippe en vingers behaaglik af en kyk hom skalks aan waar sy steeds gebiedend voor hom hurk. Dan steek hy sy hand na haar uit en trek haar regop. Sy stap in sy omhelsing in en leun haar kop op sy skouer. “Dankie, dit was wonderlik.”

“Dankie vir jou. Ek het nie geweet dit kan so wonderlik wees nie.”

*

Die volgende oggend draf Jaco stadig in die pad af en merk dat die twee Duitsers ook buite is. Dit lyk of hulle gereed is vir ‘n wandeling.

“Morning,” groet hy vriendelik toe hy so entjie van hulle af is.

“Ah, Gut morning. I vonder could ve ask you something?” groet die man terug en stap nader.

“Certainly.” Jaco stap ook nader.

“My wife und I. Ve vonder, did you also hear ze animals last night?”

“Animals?”

“Yah, some animal vas screaming very loud – up zere, near your cabin.”

Skielik tref dit hom soos ‘n voorhamer. “Oh, yes, yes. I heard it too.”

“Vot vas it? Do you know?” vra die vrou.

“I think that it was a red fox. I think they were mating. When they do, the bitch makes that howling noise,” antwoord Jaco vinnig.

“Ah, Africa, yah? Isn’t it vonderful, Liebchen,” sê sy in verwondering en omhels haar man.

“Very vonderful. Thank you,” antwoord die man en steek sy hand uit na Jaco.

“Pleasure. I have to be going.”

Toe hy ‘n hele ent weg is, kon hy sy lag nie meer hou nie en hy bars uit in ‘n lagbui wat hom skoon kortasem laat. Hy leun teen ‘n boom aan en ruk van die lag.

Hy was seker dat hulle die rooivoswyfie weer sou hoor skreeu. Sommer gereeld.





LitNet: 19 Julie 2006

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poŽsie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.