Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


In
samewerking
met
ABSA
Montblanc
Pen & Art
Peter Snyders van Athlone skryf in Kaapse Afrikaans met fyn, soms snydende humor oor die wel en wee van sy mense, die bekommernisse van die alledaagse lewe en van 'n bestaan aan die skadukant van Apartheid. Hy debuteer in 1980 met sy gedigte in Brekfis met vier, waar sy gedigte saam met dié van Etienne van Heerden, Daniel Hugo en André Letoit (Koos Kombuis) verskyn. Hy behaal 'n Baccalaureus-graad in chemie, letterkunde en linguistiek. Hy is tans besig met sy Meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Snyders skryf ook lirieke in Engels en Afrikaans, wat hy dan in Nederlands vertaal. Hy het musiek studeer by Merton Barrow en lirieke vir twee musiekgroepe geskryf.

Hy het al verskeie digbundels in Suid-Afrika gepubliseer, sowel as in Nederland, asook dramas en 'n bundel kortverhale in samewerking met Clinton V du Plessis. Hy tree gereeld by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op en het ook al as regisseur en dramaturg by dié fees opgetree. Sy dramas is opgevoer in The People's Space, die Baxter, die Nico Malan Teater, die Staatsteater en op die Kaapse Vlakte.

Snyders het saam met vyf ander skrywers 'n toer onderneem na Nederland en België en het deelgeneem aan die Winternachten-fees in Den Haag; hy het Suid-Afrika ook by die International Poetry Festival verteenwoordig.

Sy mees onlangse publikasie is die digbundel Tekens van die Tye (2002) by Protea Boekehuis.

R100 per afdruk - slegs 15 eksklusiewe afdrukke per skrywe


Peter Snyders: Uit 'n Waarskynlike mens

Klik hier om  te bestel

> volgende in die reeks>

Alexander Strachan - Die Werfbobbejaan

Alexander Strachan uit Die Werfbobbejaan
Etienne van Heerden - Die swye van Mario Salviati

Etienne van Heerden uit Die swye van Mario Salviati

 

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.