Koos se Spens - rubriek deur Koos KombuisArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die laaste van die takhare

Koos Kombuis

n Paar weke gelede het ek in n rubriek in n Sondagkoerant liries geraak oor die wonderbaarlike wederkoms van die digter Gert Vlok Nel, en my spyt uitgespreek oor die verlies van Breyten Breytenbach.

Teen hierdie tyd is die Afrikanerdom egter toenemend bewus van die wederkoms van n ander formidabele figuur uit ons donker verlede: nie noodwendig n volksdigter nie wel, n soort digter, ja, maar ook mr as n digter. Soos Bob Dylan se legendariese mite van the man in the long black coat verdonker hierdie eertydse volksverraaier nou weer ons deuropening. Soos die spreekwoordelike Christus wat klop aan die deur van die ongelowige se hart, wag hierdie profeet op ons patio, en dring aan daarop dat ons opnuut na hom moet luister.

Rapport het onlangs n in-diepte-onderhoud met hom geplaas. Mens kon agterkom dat die joernalis ongemaklik was in sy teenwoordigheid. Dit is te verstane; dieselfde dag toe die onderhoud geplaas is, was hierdie man toevallig by my aan huis, op my uitnodiging. Ek het hom uitgenooi, want ek was nuuskierig om hom te ontmoet. Ek kan nie met eerlikheid s dat die ontmoeting n volslae sukses was nie. Hy het hondehare gemors op my rusbank. Hy was die meeste van die tyd effens iesegrimmig en in homself gekeer. Wanneer hy praat, het ek gesukkel om te hoor wat hy s, want sy Amerikaanse aksent het die woorde onverstaanbaar gemaak.

A bruised and lonely presence. Ons eie Lord Byron, ons Steppenwulf.

Na hy weg is, het ek die hondehare opgevee, n sug van verligting geslaak en, ietwat tesinnig, teruggesit om weer sy CD te luister. Ek het ook vir die eerste keer die boek gelees wat hy dekades gelede geskryf het en in Amerika gepubliseer het, die boek wat baie mense ontstel het. Die boek so vertel die omies en tannies tot vandag wat die Afrikanervolk so sleggemaak het oorsee.

Dit is nou weke later, en ek lees en herlees steeds die boek. Ek sien elke dag nuwe dinge daarin. Ek luister sy CD oor en oor. Ek is vasgevang deur hierdie man. Hy is n kulturele revolusie op sy eentjie. Hy s dinge op n totaal nuwe manier. Hy doen aan die taal wat Jan Blohm aan die note doen. Hy laat n mens koud word, en warm, en bang, en bly.

Hy is die profeet van ons tyd. En soos die ou profete wat deur die Here na die wederstrewige Israeliete gestuur is, ruik hy na die woestyn, is hy songebrand deur jare van vas en bid. Hy eet waarskynlik sprinkane in sy vrye tyd. Hy is die donker stem van oordeel in n moderne tyd, hy is gebore om ons terug te bring na die ou paaie, ons roots. Hy is n stem wat roep, roep, roep, in n digitale wildernis.

Hy is ook en dit vind ek baie gepas, en hoogs ironies n Malan.

Rian Malan.

Soos die argitek van Apartheid, DF Malan, n Malan was. Soos baie ander Afrikanerleiers Malans was. Kyk n mens na al die beroemde Malans in ons geskiedenis, is dit moeilik om een raak te sien wat nie hoogs bedonnerd, verskriklik stoer, en erg intimiderend was nie. Selfs die eerste beroemde Malan, die meidebekruiper Malan van die plaas Vergelegen feitlik oorkant die straat van my af, was n rebel, n eensame ruiter in die nag. n Terroris sonder n cause. Toemaar die donker man.

Rian Malan noem himself n trekboer, en dit is ook die titel van sy mooiste song, die eerste song op sy CD. Die song wat my so omgekrap het toe ek dit die eerste keer gehoor het dat ek daarteen te velde getrek het op my eie webruimte. Ek wou nie die relatiwiteit van die politieke boodskap raaksien nie. Sy ander liedjies en sy boek is ook so: daar is waarhede daarin, waarhede tussen die rels, waarhede waarvan n mens wil wegvlug. Hierdie krel skryf gate oop in ons kollektiewe bewussyn. Hy verwond, en hy krap, en hy juig, en hy neul; hy doen alles behalwe preek. Want hy is nie n dominee nie. Hys eerder n boerboel wat knaag en byt en hap; hy wil die gangreen oopvlek, die seer ontsluit; hy wil genesing bring, hy wil die ou lappe en pleisters aftrek al maak dit eina. Hy hou vir ons n spiel voor, en hy wys aan ons ons aaklige verlede, ons hopelose toekoms, ons verraad teenoor onsself, en ons paniese kollektiewe eensaamheid in Afrika.

En soms lag hy. Maar dis n sardoniese lag, soos die lag van n bywoner om die hoek van die huis. Soos die lag van n plaasmoordenaar wat die draad knip voor hy sy onheilswerk gaan aanvang daar in die opstal waar die ligte brand.

Is Rian Malan die laaste boodskapper van Afrikaans? Is hy die laaste van die takhare? Hy, en sy vriende in die Kalahari-orkes? Is hulle die einde van die era, of die begin van n nuwe tydvak? Bring hy die dood oor ons drumpels, of verteenwoordig hy die nuwe orde?

Dit hang van ons af wat ons met sy woorde maak. Ons kan dit opvee soos hondehare en dit weggooi in die kombuis se asdrom, of ons kan weer daarna kyk, daaraan ruik, iets moois daarin vind wat ons kan saamneem op ons lewenspad.

Ons kan dit ontken, maar om dit te ontken, sou wees soos om onsself te ontken.

Of ons kan dit huis toe vat en raam en ophang bo ons pelmets en s: Dit het tyd geword om alles te bevraagteken wat ons nog ooit gedink het ons weet oor onsself. Dit het tyd geword om n totaal en al nuwe oorlewingstrategie uit te werk. Taalvandalisme werk nie, outydse liberalisme werk nie, Dan Roodt werk nie, kommunisme werk nie, drugs werk nie, Morelettapark werk nie. Ons moet n nuwe pad vind na die beloofde land.

En die nuwe pad is dalk op die ou end niks anders nie as die ou voetpaadjie, vergete en begrawe en lank verwaarloos iewers onder al die highways en argumente en onderhandelings en paranoese trips en Volvry-toere en heroese selfmoorde en wedersydse beskuldigings en aaklige tydverdrywe en verbrokkelende monumente van die afgelope veertig jaar.

Trekboer

O mamma, ek wil huis toe gaan
Verlang maar ek is bang
Vir Afrika, Afrika





LitNet: 27 September 2005

Wil jy reageer op hierdie rubriek? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.