KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Waterproduksie skep nuwe luisterervaring by vanjaar se Woordfees

Uitgereik deur die Woordfees

Melanie Grobler en Ilse van Staden se onderskeie digbundels, Waterbreker en Watervlerk, het golwe gemaak in die poësie-wêreld. Op die Woordfees is dié twee vroue (met die ondersteuning van De Kat) saam met Eugenie Grobler as gaskunstenaar te sien.

In sowel Melanie as Ilse se gedigte speel water 'n sterk rol. "Dit het nie doelbewus gebeur nie", is Ilse se reaksie oor dié motief in haar werk. Verder voel sy dat water onbewustelik deel is van ons almal se lewens, veral omdat dit só 'n belangrike faktor in ons land is.

Melanie het weer 'n boegbeeld in haar drome gekry en só het die verse vir Waterbreker ontwikkel.

Eugenie, wat van Melanie se getoonsette verse sal sing, is na 'n ruk van stilte weer terug in die media se oog. 'n Tyd waarin sy nuwe energie geskep het. Dit is verder vir haar wonderlik om saam met ma Melanie te werk en voel dat hulle baie uit die kreatiewe proses saam leer.

Johann Kotze, bekende musiekvervaardiger, is die samesteller. "Dit is nogals 'n besonderse proses om musiek met gedigte te vermeng sonder om die verse te toonset as liriek", sê Johann. In dié produksie word klank en woord vermeng om 'n nuwe luisterervaring te skep.

"Maar dié vermenging gebeur sonder dat die musiek in die pad van die woorde staan," sê Johann. Om die regte atmosfeer te skep, is die talentvolle Jan-Hendrik Harley (viool) en John Pringle (perkussie) ook te beleef in Watervlerk, op 12 Maart (12:30) in die Konservatorium: Fismersaal. Kaartjies is R35.

Kaartjies kan op die volgende maniere aangeskaf word:

  • Vir telefoniese kredietkaart- en kontantbetalings:
    Skakel die kaartjiekantoor by: 021 808 2859 en 808 2160.

  • Vir e-pos-besprekings: Stuur na fees@sun.ac.za u kontakbesonderhede, naam op kredietkaart, kredietkaarnommer, laaste 3 nommers agterop die kredietkaart, vervaldatum, kredietkaarttipe (bv Visa) en die programdetail.

  • Kaartjies direk te koop by:
    Kaartjiekantoor, Kamer 682, 6de Vloer, Lettere A-gebou, h/v Merrimanlaan & Van Ryneveldstraat, Stellenbosch.



    LitNet: 10 Februarie 2005

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

     

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.