KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Valiant Swart launch nuwe CD: Horisontaal

Persvrystelling

Valiant SwartValiant Swart se nuwe album Horisontaal tel weer die musikale drade op waar hy dit met 2002 se Maanhare gelos het. Intussen het hy hom besig gehou met kykNET se Song vir Katryn treffer-reekse (as akteur en skepper van die klankbaanmusiek), die album ’n Jaar in die son saam met Koos Kombuis, en die uitreik van die versamel-album Mystic Myle verlede jaar.

Horisontaal neem die luisteraar weer op reis deur Valiant se rock-’n-roll landskap, met 12 splinternuwe liedjies. Sy stories word ingekleur met harde rock, bittersoet country, folk, boeremusiek en blues. Dis vintage Valiant, met ryk musikale teksture en woordkuns uit die boonste rakke.

Tematies ondersoek en beskryf die album die dinge wat Valiant ervaar in sy sonderlinge troebadoer-bestaan, maar tog is daar ’n universele inslag. Dit word aangebied met deernis en humor, en natuurlik top-bydraes deur ’n span gesoute musikante.

Die titelsnit “Horisontaal” handel oor sex, drugs en rock & roll. ’n Video van “Horisontaal” met Valiant en sy valiant, ’n slang en ’n paar kiste bier is by Matjiesfontein opgeneem.

“Vaalhoed se baas” is ’n ou boereliedjie wat Valiant se pa en oupa altyd gesing het.  Valiant het met die verwerking van hierdie liedjie doelbewus weggebly van konsertinas en banjos en eerder gewerk met trompet en viola vir ’n ou Kaapse gevoel.

“Lekker Zef”, ’n tong in die kies liedjie wat sosiale kommentaar lewer, kry tans groot applous by Valiant se vertonings. Daar word voorspel dat dit net so ’n groot treffer soos “Eyeshadow” gaan word.

Verdere snitte sluit in: ’n resep vir moeilikheid (“Janfiskaal”); liedjies oor die liefde en die ironie daarvan (“’n Duisend maande” en “Soul meid” ); funky selfondersoek (“Oppisolo”) en rivier geïnspireerde songs (“Waar die wilde rose bloei” en “Tussen die lyne”).

Valiant het die afgelope twee jaar baie tyd deurgebring by sy plekkie langs die Breederivier. Dit was vir hom ’n onuitputbare bron van inspirasie en baie van die beelde en ritmes op die album het hul oorsprong daar langs die rivier gekry.

Horisontaal is opgeneem by Sunset Recording Studios in Stellenbosch. Die musikale regie is deur Valiant behartig en Jürgen von Wechmar was die opname-ingenieur. Die volgende musikante het op die album gespeel:

Valiant – Stem, akoestiese en elektriese kitare en mondfluitjie
Tim Rankin – Dromme en perkussie
Barry Steenkamp – Baskitaar
Schalk Joubert - Baskitaar
Simon Orange – Klawers
Basson Laubscher – Elektriese kitaar
Willem Fourie – Elektriese kitaar
Henry Steele – Elektriese kitaar
Adriaan Brand – Trompet
Lou-Ann Stone – Saxofoon
Jan-Hendrik Harley – Viola
Brian Choveaux – Tjello
Henryk Jacek Domagala – Viool
Lelanie van der Berg – Agtergrondsang
Lynette Petersen – Agtergrondsang
Anjulie de Vos - Agtergrondsang
Pietman Geldenhuys – Agtergrondsang
Pierre Greeff – Agtergrondsang

Snitte:

  1. Horisontaal
  2. Tussen die Lyne
  3. Janfiskaal
  4. Lekker zef
  5. Vaalhoed se baas
  6. Oppisolo
  7. Waar die wilde rose bloei
  8. ’n Duisend maande
  9. Vreemde landskap
  10. Welkom in jou donkerste uur
  11. Josefien
  12. Soul meid

Horisontaal word uitgereik deur Rhythm Records en word versprei deur Select Music Distribution (SMD).

Horisontaal sal eersdaags op die rakke beskikbaar wees. Die Mystic Boer en sy band sal ’n paar shows landwyd doen om hierdie nuwe CD bekend te stel aan die land. Hulle val Woensdag in die pad en stop eerste in Bloemfontein, en dan ook in Johannesburg, Pretoria en Witrivier. Met die terugkom is daar ook ’n amptelike bekendstelling in Stellenbosch by Dorpstraat Teater.

LitNet: 6 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.