KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Skrif aan die muur *

Koos Kombuis

Dis 2004
En die skrif is aan die muur
Daar’s tsotsi’s in die mielieland
En armblankes in die skuur

Riaan lees die nuus vanaand
’n Squatterskamp het afgebrand
Dis 2004
Ek huil trane, trane in my bier

Die Afrikanervolk is leierloos
Sy wyse manne almal voos
Breyten het gefokkof
En Marthinus is ’n doos

As Suid-Afrika weer mal word
En die hospitale vol
Emigreer ek maar Zimbabwe toe
Miskien is daar ’n jol

Daar’s hijackers op elke hoek
En almal ry versigtig
Miskien moet ek maar aansluit by die Groep van 63
Miskien moet ek my siel uitstort in ’n heavy sad gedig
Iemand kan dit toonset, maar niemand kan dit uitsaai nie
Want KykNet is bankrot en Geraas is van die lug
Want KykNet is bankrot en Geraas is van die lug
Dis vir my tog geen plesier nie maar ’n plig

Dis 2004
En iewers ruik ek lont
Die Springbokke verloor nog
Al is hul hare blond

Die Afrikanervolk is leierloos
Sy polisiemanne vuisvoos
Ek weet nie wat makeer nie
Ek wil nie registreer nie
Dieselle ouens gaan weer wen
Die verkiesing is ’n klug
Ons kinders vrek in Londen
Want daar is voëlgriep in die lug

Ek weet nie waar ek hoort nie
Tony Blair sê nie ’n woord nie
Karen Zoid wil niks weet
Van die Aventura-oord nie
Oompie het ’n vark gery
Afgeval en seergekry
Kleinboer het ’n meid gevry
Toe noem hy dit Kontrei
Toe noem hy dit Kontrei
En ek wens ek was soos hy
Want hy weet waar hy wil bly
In sy eie Kontrei



*Hierdie song is gesing tydens die afgelope naweek se Kaktus op die Vlaktes by die KKNK.



LitNet: 13 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.