KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Ddisselblom se nuwe cd is goud werd

Goud en Marog, ddisselblom se vierde cd

Peet van Aardt*

Sit ek hier met my Millers-bier in die hand, luister ek na ons land se beste band. Want ddisselblom is meer verslawend as nikotien, skop harder as kafeïen. Ja, hul musiek is lekkerder as bobotie en mooier as reën. Aandag, alle moervroue en ddisselsaadjies daar buite: die kaalkopkoning en sy glanspaar is terug!

En hierdie keer het ddisselblom twee nuwe lede: 'n dromspeler (Riaan Diedericks) wie se hande met dromme doen wat Michael Flatley se voete met die dansvloer maak, en 'n baskitaarspeler (AJ Hyman), wat so cool is soos die skaduwee van die Hantamsberg.

Johrné van Huyssteen, Linka Coetzee, haar man Jaco Spies en ddisselblom het uitgebrei, nie net in groeplede nie, maar in hul musikale essensie. Hul jongste cd, Goud en Marog, is die volwassewording van ddisselblom. In hierdie album hoor mens hoeveel die groep in die afgelope jaar of wat gegroei het. Die album getuig van 'n verbreding van hul musikale talente, sowel as van die eksperimentering met nuwe "vibes".

Ek moet erken dat ek, na hul baanbrekende vorige album, ddisselblom, gely het aan 'n tipe diereverdriet: ek was bang dat hulle nie die kaktus wat hul in die vistenk van die Afrikaanse musiek-scene geplant het, kon uitklim nie, dat hulle so stilweg stil soos Gert Vlok Nel sou wegsak.

Maar met my eerste luister na die eerste snit op Goud en Marog was ek gou ontnugter! Want ddisselblom kry reg wat die doelwit en hoogste prestasie van enige musiekgroep is: hul produseer 'n lied wat beter is as enige van hul vorige werk.

Die lied "Carwatch Camels", wat handel oor 'n karopasser, skop die album af met die woorde "Jy loop elke dag by my verby met jou pakkies wat jou bevry". Sterk woorde wat soos 'n kondoom pas in ons hedendaagse mileu. ddisselblom klim dus onmiddellik in die verwysingraamwerk van huidige Suid-Afrikaner-wees, en met hierdie spesifieke snit ontvang die luisteraar die beste wat ddisselblom nog opgedis het.

Die lewe in ons reënboog van 'n land dien dus as tema van Goud en Marog. In die liedjies "Mystic Liefde" (wat die hofmakery van 'n paartjie in Bloem se grootse "Boer" beskryf), "Goud en Marog" (die kontraste van Suid-Afrika) en "Hoekom" (vrae wat gevra moet, maar nie altyd gevra wil word nie) lewer die vyfblaarblom op unieke wyse kommentaar oor ons land.

Die album groei dus tot 'n klimaks met ddisselblom se weergawe van Anton Goosen se "Voete van Johannesburg". 'n Beter huldeblyk aan die Liedjieboer bestaan daar nie. (Terloops, tydens die opvoer van hierdie lied op Stellenbosch se Van der Stel-sportgronde het ek ook amper klimaks bereik ...)

Met 'n oorspronklike gedig ("herinnering") getoonset deur Linka - wat in hierdie album blom tot haar volle ster-wees - en twee worteldiep Engelse liedjies ("single blue dot" en "try") bied ddisselblom 'n fantastiese vierde album.

Goud en Marog - kry dit. Laat dit aan jou groei, want dit is goud werd.



  • *Peet van Aardt is 'n vryskutjoernalis en verkoop tans sy siel vir 'n honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch.



    16 Days of Activism Against Violence Against Women and Children LitNet: 3 Desember 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.