KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Nog ’n troebadoer is dood

Jean Meiring

Cambridge, Verenigde Koninkryk

Vir Johannes Kerkorrel

I.
Die koerant kom stuk-stuk op:
Wie’s afgemaai en wie vermoor?
Watter span het wie geklop?
Waarheen van hier? Waarheen tog nou?
Die swarte hemel neem
my vrae in ontvangs.

II.
Lewensgroot, daar is jy toe:
Jou kop vraend vooroor gevou,
jou arms knaend, biddend oop.
Jy’s weg, vir ewig en vir nou.
Die donker hemel hoor
my kreune van verdriet.

Refrein:

Nog ’n troebadoer is dood.
Nog ’n digter is opgeroep
om die hemel se grense
met sy panfluit te patrolleer.
Nog ’n troebadoer is dood.
Nog ’n digter dig nooit weer.

III.
Huistoe is die pad eensaam;
ek stry deur vreemdelinge deur.
Leeg en skreeuend stil, ons huis;
ek sluit die deur met woede toe.
Die sterrelose hemel
hoor hulpeloos my smart.

IV.
Buite is dit koud en kil.
Wat op aarde soek ek tog hier?
Ek skink vir my ’n glasie melk,
en sit bewend ’n CD op.
Die grote hemel hoor hoe
jy jou hart en siel ontbloot.

V.
Klank vul ons vreemde voorhuis,
neem my na ’n ander land t’rug:
Vingerswaai en tiekiedraai;
soos skille peul die jare weg.
Waar is jy heen? Hoekom nou?
Die swarte hemel neem
my vrae in ontvangs.

Refrein:

Nog ’n troebadoer is dood.
Nog ’n digter is opgeroep
om rowers en moordenaars
uit die paradys uit te weer.
Nog ’n troebadoer is dood.
Nog ’n stem sing nie meer.

VI.
Ek word vanoggend wakker,
’n helse suising in my kop.
Die CD tol nog — stil — voort:
Jy’s weg uit hierdie wêreld,
waar winter ’n wurggreep het
en hemelse sterre ontbreek.

VII.
Koerante waai in die wind;
woorde kolk die leë wêreld vol.
Vandag nog, besluit ek, sluip
ek stil ’n katedraal binne.

VIII.
Ek steek ’n kersie op, net
soos die vorse kerkorrel fier,
luid, met daw’rende lewe,
klank die wye wêreld instuur.

Refrein:

Nog ’n troebadoer is dood.
Nog ’n digter is opgeroep
om elders Arkadië te skep,
om elders Arkadië te skep.
Nog ’n troebadoer is dood.
Nog ’n stem sing nie meer.

Ek steek ’n kersie op, net
soos die vorse kerkorrel fier,
luid, met daw’rende lewe,
klank die wye wêreld instuur.

Nóg ’n troebadoer is dood.
Nóg ’n stem sing nie meer.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.