KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Zoid = Ziebediebz < fokkol — I don’t think so …

Jaco Botha

Oor die Karen Zoid-show in die Baxter — Sondag 2 Junie

Koos Kombuis het oor Karen Zoid gesê: “Sy staan kop en skouers bo enige een van my generasie.” Hy is reg.

Dis Sondagaand en ek en Ingrid verlaat ons knus woonplek op Stellenbosch en steek die Benz se neus in die rigting van die Kaap. Die mis staan dik deur die moerasse van Macassar en Khayelitsha, terwyl ons glip oor swart snelweë.

In die Baxter-teater se onderste saal is daar ’n gospel-kerkdiens. Dit lyk nogal lekker daar, maar ons is op pad na die show van Karen Zoid en wuif die gelowiges vaarwel.

Op met die trap en tot binne die eklektiese ruimte van die Baxter se hooffoyer. “God-weet,” sê ek vir Ingrid, “die argitek van hierdie gebou was sekerlik op bad acid.” Daar is geen sprake van feng shui nie en die algemene gevoel is dié van kots in ’n tuimeldroër. In ieder geval … in die badkamer vind ek ’n straaltjie van hoop en word my gemoedere ’n bietjie gesus deur die gerusstellende terracotta kleur van die piskrippe. Ek is uiteindelik reg vir Karen Zoid — take me away, Baby!

Die hype, die afwagting, dit was als die moeite werd, besef ek toe die eerste laserligte begin flits en Zoid en haar band begin rock. Hierdie is international shit en fokkit, meer as die helfte van haar songs is Afrikaans. By die derde song is ek so opgewonde, ek wil sommer ’n hele skinkbord coke snuif — en ek doen nie eens drugs nie.

Die musiek, die lirieke, die show, die hele pakket is class. Sy ry op die rou energie van haar talent, ’n swart Alsatian-teef, en saam met haar band stuur sy die bitch met die gemak van ’n gebore entertainer.

Alle songs, behalwe een, is deur Zoid self geskryf en gekomponeer. In die enkele cover (as dit die regte woord is), “Ek Lewe” van Annelie van Rooyen, herskep sy die song met dieselfde vaardigheid as wat Breyten Breytenbach ’n niekitsch-betekenis gegee het aan die woorde: “Jy is my liefling en ek is so bly.” Ek glo die nuwe “Ek Lewe” staan ’n goeie kans om Zoid se nuutste hit te word en dalk selfs in ’n Lettie Anthem te ontpop.

Tussen die musiek deur erken Zoid dat haar pa van Danville is en sy van Linden — iets wat op sigself moed verg. Sy beheer ’n ongebonde, amper puberale skeplus en rebellie met groot gemak en trek haar rock ’n roll-gehoor saam deur ’n cool landskap waarin sy touspring met die koord van haar mikrofoon, haar bra-strap optrek en oopkeel uit ’n bottel Jack Daniels drink.

Ten spyte van die Steve Hofmeyragtige beroep om op te staan en saam te sing, bly ek gemaklik voel en is dit skielik weer so cool om Afrikaans te wees. Ja, hierdie girl kan nie tot een taal of groep beperk word nie, maar dis nog steeds bedonderd dat van haar songs in Afrikaans is.

Haar twee hits, “Afrikaners is Plesierig” en “Maak nie Regtig Saak nie”, wys weer dat ’n goeie song maar steeds vra vir ’n goeie tune en sterk chorus. Die res van haar musiek dek ’n wye spektrum van folk, tot rock, tot kabaret en kwaito. Sy kan sing.

Zoid, wat haar lewe as Karin Greeff begin het, mag maar … Daar is nie kak nie. Die Greeff-geen (daardie dwars bedonderdgeit) laat sy vir haar werk met ’n ongekende talent. Die aand met haar vertoning in die Baxter het sy perfek die tightrope tussen kuns en entertainment geloop — mag sy nooit na die een of die ander kant tuimel nie, want dan sal sy óf deur die swart teefhond verskeur, óf blink gelek word.

Om saam te vat: Karen Zoid is honest, real en talentvol. Sy is ’n rocker van internasionale gehalte wat ook in Afrikaans sing. Mens kan sien sy het al geleef. Mag dit met haar en haar kick-ass-band goed gaan.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.