KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Etienne Steyn sing op Stellenbosch

Persvrystelling

Etienne SteynDie opwindende nuweling- Afrikaanse sanger Etienne Steyn tree op Woensdag 23 Augustus 2006 by die Black Bull, Protea Hotel op Stellenbosch op.  Etienne is veral bekend vir sy treffers “Baby love van my”, “Happy Dayz” en “Slaap jy rustig vanaand?”, wat almal op sy debuut-cd as solokunstenaar, Storie van my hart, ingesluit is.  Hierdie uiters geslaagde cd is vanjaar vir ‘n SAMA-toekenning in die kategorie vir beste popalbum benoem.

Die titelsnit van sy cd is ook deur Laurika Rauch opgeneem.  Sy beskryf Etienne as “’n muso in murg en been”.  Hy was ook vroeër lid van die rockgroep Goose Gap en het ook in 2004 as voorsanger vir Cutting Jade opgetree.  Etienne het pas uiters suksesvolle optredes by die Innibos-fees en Volksblad-fees agter die rug, en tree gereeld in Hatfield, Pretoria op. 

Etienne is ‘n unieke sanger wat soos niemand anders klink nie, en sal jou met sy oorspronklike musiek, eerlike lirieke en pragtige stem saamneem op sy lewenspad tot dusver.  Kom geniet ‘n aand saam met een van Afrikaanse musiek se varsste musikante en liedjieskrywers. 

Die vertoning begin om 20:00.  Kaartjies kos R70.  Kontak Gerhard van Wyk by 082 5624138.



LitNet: 21 Julie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.