KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Dozi: Sy vriende vertel ...

Erns Grundling

Dozi tree die komende naweek saam met verskeie vriende op by Carnival City. LitNet het die vriende gepols met 'n paar vrae oor Dozi ... kyk wat het Amanda Strydom, die Afrika Mamas, Gian Groen, Ollie Viljoen, Mel Botes en Jan Blohm te sê gehad!

Plek: Carnival City – Big Top Arena
Datum: 24, 25, 26 Junie 2005
Tyd: 20:00
Besprekings: Computicket (011) 340 8000 of by www.computicket.com
Groepe meer as 10 kry afslagpryse! Skakel Charl by (011) 815 4395 of 083 471 0037

Kompetisie!!!
Drie gelukkige lesers kan elk 'n dubbelkaartjie wen na DOZI se groot show by Carnival City se Big Top Arena op 24, 25 en 26 Junie. Al wat jy hoef te doen, is om die volgende na 36009 te SMS: DOZI LITNET en dan JOU NAAM EN VAN. Wenners sal telefonies in kennis gestel word en die organiseerders se beslissing is finaal.

Amanda Strydom

Wat dink jy van Dozi as kunstenaar?

Amanda: Hy is 'n unieke kunstenaar - 'n ware Afrikaan. Ek is mal oor sy rasperstem en die passie waarmee hy sing. En hy is een van die opregste kunstenaars wat ek ken. Hy maak my knieë lam as hy in Zoeloe sing en praat. Hy is 'n reus van 'n mens - letterlik én figuurlik.

Wat is jou gunsteling Dozi-song?

Amanda: Ek hou van die liedjies wat hy in Zoeloe geskryf of uit Afrikaans vertaal het - "Jantjie" van Anton Goosen is een, asook die "Onse Vader" .

Vertel ons iets van Dozi wat sy fans dalk nie sal weet nie ...

Amanda: Hy weet dit self nog nie, maar ek gaan mooi vra dat hy Bob Seger se "Shame on the Moon" saam met my opneem, want hy's mal oor Bob Seger, nes ek.

Afrika Mamas

Wat dink jy van Dozi as kunstenaar?

Afrika Mamas: He is such a big artist and very popular with all people, but he is still just a nice person. Dozi is also a very quick communicator and it is a lot of fun to perform with him.

Wat is jou gunsteling Dozi-song?

Afrika Mamas: “Wasi Fela” en “Hallelujah”

Vertel ons iets van Dozi wat sy fans dalk nie sal weet nie ...

Afrika Mamas: He is always a jolly person. This man has no color in his skin, he is just a man from Africa with a lot of love for all people.

Gian Groen

Wat dink jy van Dozi as kunstenaar?

Gian: Hy is ‘n amasing vocalist en hy het die vermoë om ‘n internasionale flavour aan sy musiek te gee, veral die album met rock covers.

Wat is jou gunsteling Dozi-song?

Gian: Dis nie noodwendig my gunsteling nie, maar ek is ewig dankbaar dat Dozi vir Oom Chris Blignaut weer op die voorgrond geplaas het met met “Ou Ryperd”.

Vertel ons iets van Dozi wat sy fans dalk nie sal weet nie ...

Gian: Ek weet dat hy bottel Sambuca nogal kan seer maak, op ‘n manier wat die gewone ou nie sal kan nie. Dalk het dit te doen met sy grootte!

Ollie Viljoen

Wat dink jy van Dozi as kunstenaar?

Ollie: Ek ken vir Dozi al lank. Hy het ‘n ver pad gekom vandat hy destyds begin het met die Zoeloe-liedjies. Hy is ‘n formidabele sanger, ek wag nog vir sy blues-album!

Wat is jou gunsteling Dozi-song?

Ollie: Al sy gospel-songs, maar veral die liedjie wat hy vir sy ma geskryf het. Dit is fantasties en glad nie melodramaties nie.

Vertel ons iets van Dozi wat sy fans dalk nie sal weet nie ...

Ollie: Ek weet nie of sy fans dit weet nie, maar hy is ‘n baie groot ou met ‘n baie sagte hart!

Mel Botes

Wat dink jy van Dozi as kunstenaar?

Mel: Ek dink hy is een van die beste kunstenaars in Suid-Afrika, om van sy unieke stem nie eers te praat nie.

Wat is jou gunsteling Dozi-song?

Mel: Die hele Mercy album.

Vertel ons iets van Dozi wat sy fans dalk nie sal weet nie

Mel: Hy’s pynlik netjies, ‘n perfeksionis!

Jan Blohm

Wat dink jy van Dozi as kunstenaar?

Jan: Dozi is die mees eerlike en opregte mens wat ek ontmoet het. Jy sien die beauty op stage en in sy musiek. What you see is what you get!

Wat is jou gunsteling Dozi-song?

Jan: “Ma se song”.

Vertel ons iets van Dozi wat sy fans dalk nie sal weet nie ...

Jan: Dozi het twee baie ou authentic blues rezinator kitare in sy studio! En hy hou van die blues!

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.