Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

London made simple - A practical guide for South Africans

Deur Thomas Mollett en Maryna Blomerus

Londen made simple
Klik hier om te bestel!

Thomas Mollett, outeur van London made simple, vertel dat die idee van die boek by hom opgekom het nadat sy paspoort in 1997 gesteel is, etlike dae nadat hy die eerste keer in Londen geland het. Na 'n lang gesukkel in die vreemde om weer sy voete te vind het Mollett besef watter nut 'n omvattende gids vir enige nuweling in Londen sou wees, veral in hierdie dae waarin jong Suid-Afrikaners in hul duisende op Heathrow land - hetsy op soek na avontuur, nuwe werksgeleenthede, ontvlugting van hul huidige omstandighede of na 'n manier om studieskuld af te skud.

London made simple is nie net 'n volledige gids wat 'n nuweling deur die totale ervaring en ontdekking van Londen sal lei nie, dit is ook 'n lusmaker vir die eindelose reis-, ontspannings- en verkenningsmoontlikhede wat hierdie stad bied. Hoofstukke oor visum- en paspoortaansoeke, watter dokumentasie om vooraf gereed te kry en wat om te pak of eerder te los sal jou lei deur die weke voor jou vertrek, terwyl duidelike aanwysings aangaande wat om te doen (en wat om nie te doen nie!) op die lughawe sal sorg dat jy nie dalk noodgedwonge moet agterbly nie.

Wanneer jy dan in Londen aankom, sal hierdie boek jou veilig deur Heathrow lei, terwyl duidelike gebruiksaanwysings en 'n "Tube"-kaart sal sorg dat jy nie met die intrapslag verdwaal nie. Hierna sal die boek ook nuttig wees om verblyf te vind, banksake uit te sorteer en werk te vind. Selfs kleiner detail - waaraan 'n nuweling in Londen nie noodwendig dink nie - word aangespreek: waar en hoe om mediese hulp te kry, hoe om versekering te reël, hoe om die polisie te vind, watter kerke beskikbaar is, hoe om die beste waarde vir jou (dikwels min) geld te kry, en nog baie meer. Natuurlik word die lekkerder deel van die ervaring dan ook bekendgestel - feeste, restaurante, museums, toeriste-aantreklikhede en sportbyeenkomste.

Alhoewel London made simple geskryf is met die doel om jong Suid-Afrikaners te help, is hierdie boek geskik om enige iemand - ongeag ouderdom of nasionaliteit - deur die eerste besoek aan hierdie belowende stad te lei en te sorg dat alles wat die stad bied, ten volle ontdek en geniet kan word.

Thomas Mollett is tans voltyds besig met skryf- en publikasiewerk, en is ook medesamesteller van Die omstrede God wat ook onlangs by AFRICAN SUN MeDIA verskyn het. Maryna Blomerus is 'n bekende in Londen-kringe en onder meer die stigter en organiseerder van die jaarlikse UKkasie-kunstefees.

London made simple kan bestel word by die uitgewer, AFRICAN SUN MeDIA: www.africansunmedia.co.za/
Webwinkel: www.sun-e-shop.co.za
Tel: 021 808 2401
E-pos: africansunmedia@sun.ac.za

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.