Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Ek ken my donker kant” — Luna in die spervuur ...

Zani Botes

Luna veroorsaak 'n sonsverduistering!

ZB: Wanneer het jy die eerste keer besef dat jy ’n passie vir sang het?

Ek het eintlik maar van kleins af gesing. En klavier gespeel al kon ek nie. Ek dink ek het my ma redelik mal gemaak met my improvisasies op die klavier. My passie vir songs skryf en perform het ontwikkel in die koshuis op hoërskool - ek het altyd in die musiekkamers tydens studietyd moes oefen, en nooit aan my klassieke stukke geoefen nie. Voor ek my kon kry, was ek van toonlere oefen na een of ander vreemde komposisie van my eie. Toe my vriende daarop aandring dat ek dit vir hulle sing en my vreeslik aangemoedig het, het ek besef: hey, maybe is dit mooi! Dis maar hoe als begin het.

ZB: Ek is gaande oor die EVE - Women in the Garden of Song CD waarop jy saam met Lesley Rae Dowling, Eugenie, Laurinda Hofmeyr en Nicole Holm sing. Hoe was jy betrek by die Eve-projek?

Johann Kotze het my op daardie stadium onder sy vlerk geneem en gemeen hy moet my help en my op die map sit. Hy het aan Marguerite (Afrimusik) voorgestel dat hulle my insluit by die Eve-projek as nuweling in Stellenbosch. Dit het baie vir my loopbaan beteken, al was dit op klein skaal: mense het actually nou vir my gehoor en dit het my baie gehelp om gelyk gestel te word met goeie, reedsbestaande kunstenaars soos Lesley en Laurinda-hulle.

ZB: Hoe was dit om saam met hierdie vroue te werk?

Wel, jy moet in ag neem: ek was 20 en heeltemal onbekend. Hulle was almal minstens agt jaar ouer, getroud, bekend in die musiekwêreld en goeie kunstenaars uit eie reg! Aanvanklik was ek BAIE nervous. En ek moet selfs erken ek het geïntimideerd gevoel. Maar soos ek hulle leer ken het, was dit great. Hulle was almal baie ondersteunend en het my ruimte gegee om myself te wees, al was ek so skaam. Ek het baie by hulle geleer en die ervaring het my baie selfvertroue gegee.

ZB: Die liedjie “La Luna” sing jy pragtig in Spaans en Engels. Kan jy Spaans praat? Waar het jy op die lirieke afgekom?

Ek het hierdie song op skool geskryf. Die musiekstudente het baie keer periodes af gehad en dan het ons maar so in die tuin rondgesit of klavier gespeel in die sangklas. Ek het op so af periode saam met ’n meisie op skool in gesprek geraak oor ’n digter met die naam Pablo Neruda. Ek was op daardie stadium baie into gedigte en toonsettings, en toe sy die boekie vir my wys, vra ek onmiddellik of ek dit kan leen om ’n liedjie van te maak. Ek het die gedig gekies as gevolg van die mooi woorde. Ek het glad nie geweet dat dit twee, drie jaar later die een song gaan wees wat mense aan my laat dink nie!

Hier is die woorde:

It is not only light that falls
All over the world
Spreading inside your body
Its suffocated snow

As much as clarity
Taking its leave of you
As if you were on fire
Within

The moon lives in the lining of your skin.

Dis dit.

Spaans praat? NEE! Kom ons noem dit my eie impersonation van Spaans … te danke aan die bietjie kennis wat ek het! Ek is seker as ek dit in Spanje moet gaan sing, dat niemand daar ’n clue gaan hê wat ek sing nie! :)

ZB: Hoe sou jy jou musiek beskryf?

Dis seker die een vraag wat ek nie kan beantwoord nie. Wat ek wel weet, is dat ek nog besig is om my eie klank te vind. Gelukkig is ek jonk … ek het ’n verskoning! Huidiglik is dit niks spesifieks nie, ’n mengelmoes van klanke en invloede waarvan ’n paar terme soos folk, blues, jazz, country en ’n klein bietjie pop-rock in my kop opspring! Ééndag sal ek wil hê die klank moet LUNA wees.

Hoe geseënd is ons as die maan vir ons sing?

ZB: Wat inspireer die woorde van jou musiek?

Ek is in dié opsig seker dan maar redelik boring … my musiek is maar ek op ’n corny-agtige manier. Waar ook al ek gaan en wat ek doen … dit kom op ’n manier in my musiek uit. Nie dat mens elke liedjie as uiteensetting van my persoonlike lewe moet sien nie! Nee. Ek vat ’n gevoel, ’n ervaring, ’n observasie en ek blaas dit op of verdraai dit of … ek weet nie … doen daarmee wat ek kan. Ek is maar ’n observeerder - partykeer teen my eie sin! Maar my observasies kom uit - meestal in my musiek.

ZB: Hoe voel jy as jy die eerste keer na een van jou voltooide liedjies luister?

Wel, aanvanklik as ek klaar is, dan dink ek, befok! Dis mooi. En ek speel dit oor en oor en glimlag en stamp my voete, en dan as ek dit record by ’n studio en daarna luister, is ek NOOIT tevrede nie! Kan jy dit glo? Maar mens is mos maar geneig om oorkrities te wees. Alles klink soveel beter as jy alleen in ’n vertrek is. Maar om dit vir die eerste keer te hoor soos iemand anders sal … dan skrik jy jou dood!

ZB: Hoe was jou eerste CD, Luna, deur die publiek ontvang?

Wel, eerste moet ek sê, die CD is nie te koop in winkels nie, net by vertonings, en ek is nou nie juis een wat vreeslik baie optree nie. Met inagneming van dié feite: baie goed. Wat ek nou al agtergekom het, is dat dit ’n CD is wat op mense groei, en as dit eers het, dat dit aansteeklik is. Ek het al soveel mense gehad wat na my toe kom en sê hulle moet nou nog twee koop, want die res van die familie soek ook een of iemand het hulle s’n gevat en nooit teruggegee nie. Die CD was aanvanklik net uitgesit as … ek weet nie … iets kleins wat mense kan huis toe vat. Ons wou dit nie eers ’n debuut-CD noem nie. Dit het egter so uitgedraai  ... toe ek agterkom dat mense dit werklik geniet en daarvan hou. Maar die volgende CD - hy gaan tien keer beter wees! Kyk uit vir hom.

ZB: (Ons het toe wel Luna se arm gedraai en jy kan 'n kopie van haar eerste CD by haar bestel teen R100, posgeld ingesluit. Stuur 'n e-pos aan lunamanagement@webmail.co.za. Glo my, enigiemand wat hou van female vocals soos Sinéad O'Connor, Tori Amos, Heather Nova of Sarah McLachlan sal mal wees daaroor. Luna is egter eg Suid-Afrikaans met 'n stem soos die son wat opkom)

ZB: Toe ek die eerste keer “Lullaby” hoor, het my oë vol trane geskiet. Vertel ons meer daarvan.

Die song is oor aborsie. Ek dink enige meisie of jong vrou dink op een of ander stadium in haar lewe oor aborsie en of sy dit sal oorweeg of nie as die pawpaw dalk die fan strike en sy pregnant raak. Ek het oor en oor daaroor gedink op skool, so net na hulle vir ons ’n aaklige video gewys het oor aborsie. Punt is: aaklig is dit, ja! Maar komaan: alles is nie wit en swart nie. Ek het die song geskryf vanuit die perspektief van ’n jong meisie wat ’n aborsie gehad het en ek het probeer om die ambivalente gevoelens wat so iemand kan ervaar, uit te bring in die song.

Would have sung you lullabies
Would have touched your little hands and feet I
Would have smelled your precious flesh
If I could

Would have held my head up high
At the sight of you if I was older
Would have spread my arms wide
If I could

Excuse me I was young
Excuse me I was scared
And I did not want them to judge me
I’m a good girl

You see my future lies in front of me
All the plans were written down
And your father didn’t love me
I guess I didn’t either

Didn’t know the right from wrong
It was now and not forever
Would have done it were I strong
If I could

Excuse me I was young
Excuse me I was scared
And I did not want them to judge me
And I would not lose my pride

So I had to lose you instead.

ZB: Vertel ons bietjie meer van die ander musikante in jou groep.

Ons was aanvanklik vier: ek en Francious en Barry en Tinus (soos op die CD). Nou is ons ’n three-piece! Ek en Francious en Barry. Ek het ook al saam met ander gewerk wat ek weer mee sal werk in die toekoms, maar bogenoemde is die twee konstante musikante in die Luna-band.

Barry Steenkamp is ’n uitstekende basspeler en speel net so mooi kitaar. Almal ken hom as die basspeler van Akkedis. Maar so speel hy ook vir verskeie ander kunstenaars, soos onder andere Gian Groen by tye, Alta Joubert, Jo Martin, vir my, Boabab en ook soms vir Delta Blue. Hy is vreeslik dedicated tot sy kitare. Dis amazing om te sien. In die Luna-band speel Barry die baskitaar en die akoestiese/elektriese kitaar: check hom uit op die blues song op die Luna-CD.

Francious Kruger, weet die meeste mense, is die drommer van Nude Girls. Hy is ’n baie gevoelvolle dromspeler, wat geneig is om meer te reageer op die vocalist as enige iemand anders in die band. Dis waarom hy die perfekte drommer vir my music is - wat basically vocal gedrewe is. Francious is ook die een wat my leiding gee in die besigheidskant van my musiekloopbaan en sonder sy insette … ja wel … sou ek seker al baie groot boggerops gemaak het!

ZB: Daar is gerugte van ’n nuwe CD. Wil jy vir ons meer daarvan vertel?

Op die oomblik is die CD-kwessie ’n geheim. Al wat ek kan sê, is: daar is GROOT planne in die pyplyn, maar voor alles nie duidelik uitgewerk is nie, wil ek niks sê nie. Die CD gaan vars, nuut, inspirerend en exciting wees! Volgende jaar. 2005. ’n Groot LUNA-jaar.

ZB: Wat is jou gunsteling vyf CD’s uit jou persoonlike versameling?

Jong! My CD collection is maar beroerd! My musiekkennis is ook nie watwonders nie! Maar van my favourites in my collection sal moet wees:

Good dog bad dog - Over the Rhine (lekker laataand music)
Nick Cave (veral as ek depressed is: somehow maak dit my beter voel, al is sy music so depressing. Party mense sê ek is ’n smartvraat! Ek verkies net om te sê ek ken my donker kant : haha)
Fiona Apple (sy is ’n inspirasie)
En natuurlik Tori Amos!
’n Goeie ou Bob Marley sal ek ook nooit voor nee sê nie
Keziah Jones …

Ag daar’s baie wat ek so stadig maar seker begin leer ken: te danke aan Francious.

ZB: As jy vir ’n vriend(in) ’n boek moet koop, wat sal dit wees?

Vir ’n bietjie feministiese vermaak aan ’n effe feministiese vriendin: The Descent of the Woman. Kan nou om die dood nie die skrywer se naam onthou nie. Die boek is in die 70’s geskryf! Ek het lekker gelag.

Mooi storieboeke - dis maar my ding. Ek kan nie nou rêrig aan een dink nie: die laaste een wat ek gelees het (Alias, Grace, van Margaret Atwood) het eintlik baie goed gepas by die movie Girl with a pearl earring, wat ek onlangs gekyk het. Enige boek wat jou in ’n wêreld anders as jou eie kan plaas en jou so bewus maak van dinge in jou eie wêreld. Dis ’n goeie boek.

ZB: Beskryf vir ons jou droomvakansie.

Jong! Enige plek waar daar potblou water is, spierwit sand, vriendelike party-mense, lekker cocktails, eksotiese kosse en iets in die lug wat jy nie kan agterkom of dit jou happy of sad maak nie!

EN! Enige yskoue plek waar almal rondloop in dik jasse, musse, serpe en rooi neuse. As jy asemhaal, dan breek daar ’n wit wolkie bo jou kop uit en klomp klein kafeetjies waarby jy kan instap en onmiddellik jou trui moet uittrek so warm is dit daar binne, en ’n heerlike glas rooiwyn en ’n sigaret saam met mense wat heel aand lank kan sit en chat en lag.

Twee uiterstes, maar albei twee definitiewe moets! Iewers op ’n eiland en iewers in die ysige Europa.

Kyk hier onder wanneer Luna in Gauteng optree en moet dit nie misloop nie!

Lees hier wat skryf Erns Grundling oor Luna

Media Release

LUNA SET TO SHINE IN GAUTENG AND PRETORIA

LunaLuna, one of the most exciting vocalists to emerge from South Africa this decade, will be performing in Gauteng and Pretoria in July this year, to promote her self-titled CD Luna.

This talented 24-year-old singer/songwriter from Stellenbosch has been seducing South Africans with her powerful, yet haunting voice and piano-based sound for the past four years.

Early last year she was joined by Francious Kruger (Springbok Nude Girls) on drums, Tinus van Dyk on guitar and mandolin and Barry Steenkamp (Akkedis) on bass and electric guitar to record the self-titled seven-track Luna. This piano-based debut recording is a sensual fusion of folk, blues and jazz, rich with the soulful lilt of Luna’s powerful voice.

Luna will be performing songs from her debut album, as well as a selection of new material, in Gauteng and Pretoria from the 1st to the 10th of July, 2004.

Press cards for these gigs are available from LUNA lunamanagement@webmail.co.za.
DATE VENUE CITY INFORMATION
1st July Back 2 Basix Melville, JHB Mariska
011-7266857
2nd July Lunar Café Arcadia, PTA Nohlene
083 450 9360
7th July The Songwriters Club Randburg, JHB Jason
083 226 3884
8th July Café Barcelona Wingate Park, PTA Chrisna
012-3453602
10th July Lucit Candle Garden Rietondale, PTA Gideon
083 306 2830

LUNA - TRACK LISTING

The CD is available for purchase on www.oneworld.co.za and www.kwaailight.com/luna.
1. Step Outside
2. All You’ll Need
3. Lady
4. Four-Four Time
5. Grapevine
6. Lullaby
7. Winter’s Near

REVIEWS

“ Luna abounds with an astonishing presence. No honey, no bittersweet, just powerful. Simple but filled to the brim with passion and a complexity that is full of light and shadow. Her haunting, striking singing voice is not quite what one expects from the usual fare of female voices.” - Johann Kotze, Afrimusik

“ Luna remains one of South Africa’s best kept secrets … It’s merely a matter of time before the major record labels start queuing up … Forget the plethora of over-processed packaged pop-fodder if well-crafted songs are what you’re after, then Luna’s mellifluous mix of folk flavoured country rock is sure to soothe, stimulate and yes, seduce the senses.” - Miles Keylock, www.musica.co.za

“Her voice is like hot chocolate. Her music has great individuality about it. And while the music and lyrics are a bonus, it is the Luna Sound that really blows the mind.” - Diane de Beer, Cape Times

“Luna’s style of music is refreshing … a relaxing, soulful trip down a jazzy, bluesy road which leaves you feeling awakened. Luna’s performance was emotional and heartfelt with great soothing melodies. Find out where her next gig will be and make sure you get to it.” - Tony de Buys, www.zazone.com

Read more about Luna on www.kwaailight.com/luna

Issued by Melanie Machattie of CalamityJane

LitNet: 09 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.