Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bondina Osterhoff swaai eerder haar heupe as sy sing!

Zani Botes

Heupvuur vs Bondina

1. Ons almal het jou leer ken as ’n lid van Cutt Glas (wat jy steeds is), maar dit lyk asof jy deesdae sommer besig is met ’n hele paar projekte. Waarmee is jy besig?

Bondina: Ek is deel van Gigs Galaxy en ons bestuur kunstenaars soos: Jannie Moolman, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Andrew Roos, Hoeterkop, Cutt Glas, Jill Jol, Afrika Mamas en Amasiko. Die Jannie, Dozi en Afrika Mamas-vertoning is ook onder Gigs Galaxy se bestuur.

2. Vertel ons bietjie meer van jouself. Jou geskiedenis, jou passies, jou drome.

Bondina: Ek is gelukkig om uit ’n standvastige agtergrond te kom: een kleuterskool, een laerskool , een hoërskool, een universiteit voorgraads, een universiteit nagraads. Ek ken slegs een ouerhuis, waar my ouers steeds tuisgaan. (Hulle lewe steeds ’n vol lewe op 78 en 79.) Onderwys is my passie. Ek was ’n hele paar jaar ’n leerkrag by Pro Arte Alphen Park (die kuns-, musiek- en balletskool in Pretoria). Daar het ek klasgegee in Engels en Duits. Feëverhale is ook een van my passies. Drome: Mmm ... Cutt Glas sal ek as een kon tel.

3. By hoeveel KKNK’s was jy al vantevore?

Bondina: Al tien.

4. Wat was jou ervaring van die 10de KKNK, in ’n neutedop?

Bondina: Hierdie was vir my die beste fees. Op ’n persoonlike vlak: geen hoofpyn, stempyn of rugpyn nie. Net die gewone dosis vrees en vreugde. Ek het hierdie jaar maklike kunstenaars gehad om te versorg. Geen persoonlikheidsbotsings nie. Op ’n professionele vlak ook ’n hoogtepunt. Die reaksie op die Cutt Glas shows was heerlik. Die reaksie op die Jannie, Dozi en Afrika Mamas Show was verstommend. Ek kan nou nog nie glo die produksie het die Herrie Kanna gewen nie.

5. Hoe lank sing jy nou al in Cutt Glas? Is dit steeds ’n uitdaging?

Bondina: Vyftien jaar. Elke konsert is ’n uitdaging! Elke repetisie is ’n lekkerte, gevul met grappies en kreatiewe energie. Ons werk tans aan materiaal vir ’n nuwe CD wat voor die einde van die jaar die lig sal sien.

Cutt Glas

6. Hoe was dit om in Amanda Strydom se show Verspreide Donderbuie sing?

Bondina: ’n Voorreg! Ek was al vanaf die 80s ’n aanhanger van Amanda en het altyd gewens ek kan backing doen vir haar. Om met so ’n fantastiese band op te tree ... WOW!

7. Watter ander stukke/opvoerings het jy ook gaan kyk? Hoe was dit?

Bondina: Ek het geen stuk/opvoering is sy totaliteit gesien nie (behalwe die Gigs Galaxy-produksies). Daar is net eenvoudig te min ure in ’n dag.

8. Het jy al planne vir volgende jaar se KKNK?

Bondina: Ek sou graag weer betrokke wil wees met die vloei van dinge backstage tydens die Pops en Kannas. Daardie energie is vir my mateloos fantasties. Dan wil ek graag ’n “Meals on Wheels” vir die kunstenaars en tegnici op die been bring. Beskikbaar voor en na shows en tydens repetisietye, wanneer hulle laatnag in die venues intrek. Ek sien jaarliks hoe gaan musikante, sangers, akteurs en tegnici se energie en gesondheid agteruit omdat daar nie meal planning plaasvind nie.

9. Watter Suid-Afrikaanse kunstenaar(s) en akteur(s) maak jou baie opgewonde?

Bondina: Anna-Mart van der Merwe.

10. Watter boek(e) is tans op jou bedkassie?

Bondina: Bill Bryson: A short history of nearly everything (ek sukkel al vier maande daarmee); Nichlos Sparks: The notebook; Amanda Strydom: Kaalvoet; Christene Westermann: Baby, wann heiratest Du mich?

11. Watter gereg bestel jy die meeste wanneer jy uiteet?

Bondina: Beeshaas met ’n pepersous en Griekse slaai.

12. Waar sien jy jouself oor vyf jaar?

Bondina: Slegs vyf jaar ouer, maar jonger van gees. Ag wat, ek vat die lewe maar stap vir stap. Dalk ’n eie CD????

13. Waar tree jy volgende op en in wat?

Bondina: Cutt Glas speel in Mei in die Tesson-teater in die Civic-teater in Johannesburg.

Nuwe datums en venues

  • Cutt Glas: Openbare Optredes
    4 en 26 Junie: Centurion Teater
    2 en 3 Julie: Inniebos-fees, Nelspruit
    6-10 Julie: Grahamstad-fees
    14-17 Julie: Volksblad-fees, Bloemfontein
    23 Julie: St Paulus-skool, Pretoria
    9 Augustus (Vrouedag): Lungile, Krugersdorp.

  • Jannie Moolman:
    24 April: Gé Hoor My Lied, by Carnival City
    25 April: Benoni
    30 April: Brandfort
    2 Mei: Classic FM Musiekaand, Johannesburg
    8 Mei: Nylstroom
    14 Mei: Pietersburg
    21 Mei: Aula, Pretoria
    22 Mei: Secunda
    28 Mei: Vereeniging
    23 Junie: Lungile, Krugersdorp.

LitNet: 20 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.