Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boekresensies

Annelie Ferreira


Die pad na heelheid
Truida Heymann
Uitgegee deur Hemel en See-Uitgewers
Prys R89.

As ’n uitgewer slegs ’n paar weke na die verskyning van ’n boek sê daar is te min eksemplare gedruk, kan jy maar weet dis ’n geval van die regte boek op die regte tyd. Die pad na heelheid is ’n knap, maklik verstaanbare opsomming van die Jungiaanse beginsels van hoe die psige aanmekaargesit is. Truida verduidelik (uit eie ervaring, en ook haar waarneming as sielkundige berader) hoe niks van buite jou gelukkig kan maak nie. Die antwoorde op jou probleme begin binne jouself, op dieselfde plek waar die pad na innerlike vreugde begin. Dis ’n eerste in Afrikaans, ’n boek wat op die rak van baie moderne soekers sal beland.


Living a Life that Matters
Harold Kushner
Uitgegee deur Panmacmillan
Prys R137.

Die rabbi Harold Kushner is een van die skrywers wie se boeke almal opvallend soul het, van sy eerste blitsverkoper af, Why bad things happen to good people, geskryf na die lang siekte en dood van sy tienerseun. Kushner deel nooit vinnige en maklike antwoorde uit nie, maar oortuig jou van sy begrip van die swaar van die lewe, en sy gewilligheid om ’n pad te loop saam met dié wat swaarkry. In sy vorige boek, How good do we have to be? het hy mense verseker dat hulle goed genoeg is nes hulle is. Hierdie boek gaan oor die dinge in die lewe wat uiteindelik die meeste waarde het; oor die sukses wat nie noodwendig in rand en sent gemeet kan word nie, maar tog die meeste betekenis het.


The Cradle of Thought
Peter Hobson
Uitgegee deur Panmacmillan
Prys R300.

Hierdie interessante boek gaan oor die sielkundige en navorser Peter Hobson se hipotese dat die ontwikkeling van denke (waaronder die aanleer van ’n taal) saamhang met die vermoë om gesonde emosionele verbintenisse in verhoudings te vorm. Die verband tussen emosionele welsyn en kognitiewe ontwikkeling - veral by kinders - is natuurlik nie nuut nie, maar vir sy navorsing oor die onderwerp het Hobson, benewens om studies van normale ma’s en babas te gebruik, ook sterk gesteun op sy studieveld van outisme. Een van die kenmerke van outisme is immers ’n skynbare onvermoë om emosie te ervaar. Baie stof tot nadenke.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.