Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boekresensies deur Piet Pompies

A Garden of Pomegranates: Skrying on the Tree of Life deur Israel Regardie

Versorg en aangevul deur Chic Cicero en Sandra Tabatha Cicero (redakteurs)

Llewellyn Publications, ISBN 1-56718-141-4

Beskikbaar by Outer Limits, Mainweg, Melville
Prys: R230

Simbole is nog altyd in die mistieke tradisie ingespan vir die uitdrukking van spirituele waarhede wat nie behoorlik in woorde verduidelik kan word nie. Die grondleggers van die Kabala het ’n besonder elegante stelsel van simbole, syfers en die figuur van die Boom van die Lewe geskep om hul insigte oor te dra.

Die woord skrying spruit uit descrying, wat beteken om te sien of waar te neem, en verwys na die tipe heldersiendheid waar mens gebruik maak van spieëls, kristalle, water in ’n bak (soos Galadriël in Lord of the Rings), tarot of ander voorwerpe wat jou help om te konsentreer en psigiese vermoëns bevorder sodat visioene in jou normale bewussynstaat ontvang en vertolk kan word.

Regardie het hierdie boek in 1932 gepubliseer as ’n eenvoudige dog omvattende handleiding tot die komplekse stelsel van die Kabala en om as sleutel tot die simboliek daarvan te dien. Die primêre simbool van hierdie antieke Hebreeuse mistiese stelsel is die Boom van die Lewe, wat al vir baie eeue gebruik word vir die studie van die aard van die heelal en die eienskappe van die psige.

Regardie se grootse werk is die mees verstaanbare inleiding tot die Kabala, met sy klem op direkte ervaring deur meditering op die paaie van wysheid. Die redakteurs het hierdie uitgawe heelwat meer bruikbaar gemaak met hul kritiese kommentaar, aanvullende notas en verwysingstelsel. Boonop het hulle praktiese materiaal bygevoeg in die vorm van meditasies, oefeninge, rituele en mantras.

’n Woordelys, bibliografie en indeks maak die teks meer toeganklik en daar is 52 indrukwekkende swart-en-wit illustrasies. A Garden of Pomegranates is ’n uitstekende boek vir almal wat in sielkunde en/of parapsigologie belangstel, sowel as vir magiese praktisyns.

The Varieties of Religious Experience: A Study in Human Nature, being the Gifford Lectures on Natural Religion

deur William James

Gratis beskikbaar op die internet by wwww.4literature.net/William_James/Varieties_of_Religious_Experience/

Daar is al opgemerk dat Henry James sy romans as filosofiese handleidings geskryf het, terwyl sy broer William sy filosofiese boeke as romans geskryf het. Hierdie boek is in 1902 gepubliseer en word beskou as een van die 20ste eeu se invloedrykste boeke oor sielkunde en spiritualiteit.

James definieer godsdiens as “die gevoelens, handelinge en ervarings van individue, sover as wat hulle hulself verstaan as in ’n verhouding met wat hulle ook al as die goddelike beskou”. Dit gaan dus oor die religie van die alledaagse lewe en het niks met kerke en dogma te doen nie.

Hy skryf boeiend en objektief oor ’n wye verskeidenheid religieuse ervarings met weldeurdagte beredenering en verwys na die outobiografiese geskrifte van bekende mistieke uit alle tradisies en van mense soos Whitman, Luther, Voltaire, Emerson, Tolstoi en baie ander. Geen godsdienste word met mekaar vergelyk nie, maar wel die godsdienstige belewenis in die individu.

Soos hy dit self uiteensit:

Both thought and feeling are determinants of conduct, and the same conduct may be determined either by feeling or thought. When we survey the whole field of religion, we find a great variety in the thoughts that have prevailed there; but the feelings on the one hand and the conduct on the other are almost always the same, for Stoic, Christian and Buddhist saints are practically indistinguishable in their lives. The theories which religion generates, being thus variable, are secondary. If you wish to grasp its essence, you must look to the feelings and the conduct as being the more constant elements.
William James was inderwaarheid die heel eerste moderne sielkundige, wat sielkunde uit die filosofiese terrein geneem het en daarvan ’n empiriese wetenskap gemaak het met die invoer van funksionalisme. Hierdie is dus ’n ondersoek na die wyse waarop die individu die ervaring van die onsigbare hanteer.

As sulks is dit ’n skatkamer van insigte en versamelde wysheid wat terselfdertyd ’n skitterende pleidooi vir godsdienstige verdraagsaamheid lewer. En ja, dit lees soms soos ’n roman: aangrypend, stimulerend en sielsverrykend, veral die hoofstukke “The Religion of Healthy-Mindedness”, “The Sick Soul” en “Mysticism”.

Mens moet egter hope geduld hê by die lees hiervan. Dis nie moeilike leesstof nie, maar elke sin is so gelaai met betekenis dat jy onwillekeurig weer teruggaan na vorige paragrawe ten einde die insigte meer volledig te verwerk. ’n Deeglike, geduldige deurgronding van die teks sal die leser ryklik beloon.

Practical Guide to Creative Visualization

deur Melita Denning en Osborne Philips

Llewellyn Publications. ISBN 0-87542-183-0

Beskikbaar by Vital Radiance, Campus Square, Auckland Park
Prys: R129,95

Creative VisualizationHierdie is verreweg die beste boek oor visualisering wat ek nog teëgekom het, selfs beter as dié van die meer bekende Shakti Gawain.

Die outeurs het in lewe aan die hoof gestaan van Aurum Solis, ’n hermetiese skool in die okdoadiese tradisie, waarvan die sleutelwoorde kennis en regenerasie is. Dié praktiese handleiding behandel alle aspekte van die onderwerp, met inbegrip van die spirituele basis van die bron waaruit alles voortvloei, die afdruk van ’n begeerte op die astrale, spirituele en mentale bewussynsvlakke, en die wonderbaarlike krag van klank en musiek.

Die tegnieke word op ’n maklik verstaanbare wyse uitgelê in die meestermetode, die stertegniek en die vermenigvuldigingstegniek, wat jou wys hoe om ’n beeld te skep en te volhou, hoe om dit te laai met psigiese energie en selfs hoe om ’n proses van visualisering te beëindig.

Daar is wysheidstekste — deur onder andere Black Elk van die Oglala Sioux, Plotinus, Ahmed Hatif en dr Carl Simonton, en ook uit die Ratnamegha Sutra — om studie en motivering aan te help. Die aanhangsels bevat praktiese informasie oor onder meer die bou van ’n huisaltaar en advies oor hoe om liggaam en gees gesond te hou.

Hierdie is ’n bruikbare boek en ek beveel dit sterk aan vir diegene wat hul lewens wil verryk deur die positiewe aanwending van kreatiewe visualisering. Feit is, almal doen dit in elk geval deurentyd, maar op ’n negatiewe manier. Mens kan net sowel leer om jou gedagtestrome ten goede in te span.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.