Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Navolging van Christus - Thomas à Kempis

Uitgereik deur Margot Luyt

Die 2004-verwerking deur Lux Verbi.BM met die medewerking van Piet Venter en Willem Nicol

Titel: Die Navolging van Christus
Prys: R119,95
ISBN: 0 7963 0212 X
Bladsye: 352 (Hardeband)

Die Navolging van Christus (1441) deur Thomas à Kempis is, naas die Bybel, dié mees geleesde geestelike publikasie ter wêreld. Hierdie klassieke werk bestaan uit vier boeke waarvan die eerste reeds in 1419 verskyn het. Dit bied 114 stukke vol fyn rigtingwysers en wyshede in pragtige, warm en toeganklike Afrikaans vir gewone gelowiges wat behoefte het aan ’n betekenisvolle verhouding met die Here. Die stukke is tydloos en vandag so waardevol en relevant as in die Middeleeue. Dié werk is eeue later steeds ’n kosbare handleiding vir gelowiges van alle kerkverbande wat hul lewe volledig aan die Here wil toewy.

Die vier boeke bied die volgende:

  1. Hierin word goeie raad gegee oor hoe om God se egte wysheid te vind en deur alles staande te bly ten spyte van ons swakheid.
  2. Hier is praktiese rigtingwysers vir ’n daaglikse geloofslewe. Lesers word aangemoedig om self op te hou stry en stil te rus in die teenwoordigheid van Jesus.
  3. In hierdie boek roep die Here die navolger om Hom alleen te soek om één te word met God en so ware vrede in die hart te vind. Dit wys ook hoe om daagliks uit hierdie innerlike vrede te leef.
  4. Die laaste deel moedig gelowiges aan om die nagmaal gereeld en toegewyd te vier. Dit belig ook die teologiese en geskiedkundige agtergrond van die Danksegging — die gemeenskap waar gelowiges deur die Sakrament met Jesus één word en só nuwe lewenskrag kry.

Thomas (1380—1471), van die dorpie Kempen, is as teruggetrokke en diep gelowige 13-jarige na ’n skool te Deventer in Nederland gestuur. Hier het sy geestelike lewe verder verdiep. Hy was besonder nederig en aan God toegewy. Daar is van hom gesê dat hy ’n goeie prediker was en ’n wyse biegvader, maar dat hy nie na hoë posisies of status gestreef nie — dat hy tevrede was om sy werk as onbekende dienaar te doen.

Hy was voorts goedhartig en gaaf teenoor almal, veral dié wat hartseer of swaarkry moes deurmaak. Sy deernisvolle natuur was moontlik ook die rede waarom hy by die skool as mentor vir nuwelinge aangestel is.

Die Navolging van Christus bied daaglikse voeding vir ’n voller geloofslewe, dit spreek tot almal, van die eenvoudigste tot die mees gesofistikeerde, en bring mense oor alle grense bymekaar.

Bestellings: 0860 231 231 of marketing@luxverbi-bm.co.za



LitNet: 17 Junie 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.