Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Van Suiderkruis(e) tot Poolster

Annelie Ferreira

Beseer in sy diens deur Hennie Maartens, uitgegee deur Struik Christelike Boeke

Hierdie boek het my aandag getrek omdat dit erkenning gee aan die hartseer ironie dat die “Christelikste” onder ons ander mense soms die meeste kan kruisig. Tog is die trant van die boek nie veroordelend nie, eerder ’n aanvaarding dat die wêreld onvolmaak is en dat die onvolmaaktheid wat ons om — en in — onsself sien, ons nie daarvan mag weerhou om die goeie te soek en daarin te glo nie.

Veral vir mense wat Bybelse riglyne soek.

Prys: R81


The dance deur Oriah Mountain Dreamer, uitgegee deur Thorsons

Oriah Mountain Dreamer se verhaal is een om van te droom: ’n prosagedig van haar is per hand en e-pos die wêreld oor versprei en het soveel reaksie uitgelok dat dit tot haar eerste boek, The invitation, gelei het.

Dié opvolgboek bevestig die rede vir Oriah se sukses: sy onderskryf ’n spiritualiteit wat geen kitsoplossings of maklike antwoorde bied nie. Byvoorbeeld: “A life where there is love is often messy. Life without love is neater, but neatness is really preferable only in bathrooms and written reports.”

Op ’n nugter en ondersoekende manier word lesers aangemoedig om hul eie proses tussen die morsigheid deur te vertrou.

Prys: R113

Life lessons deur Elizabeth Kübler-Ross en David Kessler, uitgegee deur Simon & Schuster

Van iemand wat bekendheid verwerf het vir haar baanbrekerswerk in doodsbegeleiding, kom hier inspirerende lesse vir die lewe. Die waarde van die skrywers se werk kom treffend na vore in die woorde van ’n vrou van sewentig wat een van hulle ondersteuningsgroepe vir kankerpasiënte bygewoon het. “Ek is dertig jaar lank al kwaad vir my man, wat my verlaat het toe ek veertig was,” het sy gesê. “Maar ek wil nie kwaad doodgaan nie. Dis hoekom ek hier is.”

Wysheid vir almal wat sinvol wil leef — en uiteindelik sinvol wil sterf.

Prys: R143


Finding your own North Star deur Martha Beck, uitgegee deur Random House

Ek loop ’n ver pad vir ’n vrou wat sinne skryf soos: “Natasha was raised by a mother who had all the maternal tenderness of a starving crocodile.” Sommer Phoenix, Arizona toe as sy dalkies daar ’n kultus van kaktus-aanbidders wil begin. Nie dat Martha Beck dit sal aanmoedig nie. As kaktus jou ding is, ja, maar dalk is rose eerder jou groot liefde, of seesterre, of tarantulas …

Met ’n wonderlike, plat-op-die-aarde wysheid wys Martha jou hoe om jou siel se doel te vind, nie noodwendig op kosmiese skaal nie, maar in die “nuts ’n bolts” van die alledaagse lewe.

Prys: R153

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.