My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Laat ek bieg

Ek het baie onlangs “per toeval" op hierdie site afgekom, seker verveeldheid wat my hierna gelei het. En was heeltemal stomgeslaan deur die feit dat so baie van ons liewer die "kluisenaarslewe" verkies, ter wille van die samelewing.

Laat ek verduidelik: Ek is 'n topbestuurder van 'n internasionale maatskappy, werk direk met die publiek, is welbekend. Die meeste van my vriende kyk op na my: op 30 het ek al iewers gekom. Ek het ook gedink dis belangrik. Ek het twee jaar gelede die perfekte vrou ontmoet en ons is binne vier maande getroud. In ons gemeenskap se sosiale kringe was ons welbekend. Feit is, ons is ordentlike mense; ek bedoel, die aansien het ons nie windgat gemaak nie, maar ja, ons het dit baie geniet, ook die voordele wat daarmee saamgaan.

Vroeër in 2006 ontmoet ek toevallig iemand, deur die werk: 29, getroud, met 'n laaitie van amper 3. Ons "kliek" dadelik. Die vriendskap groei, en gou is ek 'n vertroueling. Net om agter te kom die huwelik is reeds op die rotse, die skeisaak is ingedien, die proses is aan die gang.

Natuurlik, as ek te veel tyd op hande het, hoor ek gou hoe dit gaan, of daar iets is waarmee ek kan help. Ons gaan 'n naweek weg, kamp by die dam. Sorg dat ons mekaar gereeld sien, minstens een keer 'n week. En ja, ek troos gereeld, want ten minste beteken ek hier iets, nie soos by die huis waar werk en die groot bankbalans top-prioriteit is nie.

Die kort en die lank, ek ervaar liefde soos nog nooit tevore nie, voel met "ons" tye kalm en rustig. Heeltemal tevrede, 'n vervulde mens, en die seks is great.

En onttrek heeltemal uit my huislike lewe. My vrou kan nie kinders kry nie, en ek smag na kinders.

Maande se worstel met my gewete … Ek neem die besluit. Doen aansoek vir die egskeiding, verkoop die groot huis. Begin 'n nuwe lewe, saam. Ek ignoreer eenvoudig die samelewing, alles wat daarmee gepaard gaan. Wie is hulle om te oordeel …?

Vandag is ek volkome mens, met my nuwe partner. Hy is 'n man, ek ook.

Aan dié van julle wat so voorploeter: Jy lewe net een keer!

Stop die leuen, gaan voluit. Hou op om dié om jou seer te maak; op die einde bluf jy net jouself.

Anoniem

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.