My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Student

Jy't my kom haal, ek het my jas toegeknoop, was skaam. Die eerste uur was hel - ek het nog steeds niks om vir jou te sê of jy vir my nie. Jy't vir my drank gekoop, ons het rondgestaan, het 'n paar mense geflash, nog te nugter om die jas uit te trek om die blatante rok wat SEKS skree te ontbloot.

Die ligte gaan af. Ons staan buite en gesels met die rookgat. Later het ons gaan dans, jou oë het gerek toe jy die rok sien, boots, fishnets, trackmarks. Dans, dans, dans. Drink.

C se date loop agtuur, ons drink 'n dubbel tequila saam. Ek koop nog 'n dubbelvodka en water. Dans, dans, dans. Die aand raak 'n smeersel van dans, foto's neem, drank koop, A wat huil. Die slapchips eet ons op die skoolmuurtjie, ek vertel jou hoe ek bang is jy dink ek's dom, dat dit my pla dat ek net jou drukstuk is. JY IS MY DRUKSTUK, is jou antwoord. Ons praat oor Wilbur Smith, boeke. EK JOK NIE. Dis al. So jy rook, verneuk, drink, spot ek. JA. Jou antwoord.

Dans. Sours. Double Sours. Vodka. Double.

Dans, dans. Ek lag te hard, swaai my heupe te veel, gooi my hare. Sien my raak agter die rok, smeek my kop. Nee, lag my lyf, dit gaan nie gebeur nie, maar hy vat aan my. Met drif. EK IS LUS VIR JOU. ENIGIETS VIR DAAI LYFIE. En my kop draai in waansin, weerloosheid en verwarring. My lyf is al wat hy wil hê - miskien is dit al wat ek ook wil hê. Sit buite in die kring, hy vat aan my been. Ek is baie baie dronk, kan skaars regop bly.

VOLG MY OOR TIEN MINUTE. Ek probeer regop bly in my stoel, stap later na sy kar waar hy wag.

Op pad praat ons oor brandstofprobleme, atoomkrag, die hemel weet waaroor, terwyl my kop en sig draai soos my hart se maalkolk toe hy na die manskoshuis ry.

Loop D raak in die gang, my koördinasie lê aan skerwe, my lewe ook. Hy lag alwetend met JOU, kyk lustig na my. Gooi my op die bed neer (waar is my jas?), JOU lyf bo-op myne, my bene agter JOU rug gekruis, bootse steeds aan.

GAP

Sy tong dring my binne, lek en suig hard, maak my seer. Te dronk om te keer, kreun, probeer omrol - dis lekker ...

GAP

Iemand is in die kamer, die kombers is oor my onderlyf, ek lê op my maag. Braak bitter gal in die eerstejaarstoilet, lyk soos 'n homeless hooker in die spieël toe ek my mond uitspoel. Leeg soos 'n petrolblik.

Ry koshuis toe, voel of ek omgedop word, binneste buite, IS JY KWAAD VIR MY? Nee, net baie baie baie dronk. HET NIE GEWEET JY'S SO WEG NIE. Whatever, jy is 'n vark. Ek is mal oor jou al gebruik jy my vir die stuk vleis wat my lyf geword het. Prime cut, thick fat rind. Just your taste, sir.

Draaihek, jy hoef my nie te soen nie, val in die voorportaal, bo die trappe weer, strip, huil myself rukkend aan die slaap.



LitNet: 15 Mei 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.