My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


‘n Uitgedroogde P

'n Paar Sondae terug met die koerant onder my blad stap ek swaarmoedig die huis wat vir my te swaar geword het in en gaan sit op die bruinbank. Die koerant 'n ontvlugting, iets om my mee besig te hou, iets om te lees.

Snaaks as jy niks meer het dat 'n koerant jou lewensoomblikke, die oomblikke wat jou dag vol maak, kan verhelder. Ek gooi myself letterlik daarin en swem tussen die groot raserige bladsye. Soos in die see met die witskuim branders. Lees, lees, lees, soek, soek, soek - om iets iewers te lees wat my 'n antwoord sal gee, 'n aanwysing vir rigting.

My oog val op die naam Antjie Krog.

Ek lees 'n gedeelte van haar gedig oor die menopause: "'n uitgedroogte kaal geplukte poes", en iewers van diep binne my is daar 'n lag, 'n wete, 'n blydskap dat nog iemand die wandelinge van die hormone deur haar liggaam, verstand en emosies moeilik vind om mee saam te leef. Ek wens ek kon myself so weergee, ek veg tussen "die onthouding van negatiewe kritiek” en die vryheid om te sê, "fok julle almal wat my veroordeel".

Daar het ek dit nou gesê. My hart klop tien keer vinniger en ek voel my asem in my keel. Mag ek dit sê? Ek glo nie die Here kan oor my bly wees in sulke tale nie, maar dis nou uit en klaar gesê!

Antjie, sê jy dit maar namens ons dooielamme, maar vertel van vroue wat vir ewig getroud is, wat nie meer wil nie, wat genoeg gehoor het en nie meer wil hoor nie. Vertel van die vrees van op straat staan en karre oppas, vertel van die vrees om nie genoeg geld te hê om vir jou kinders te gaan kuier, vertel van die vrees om in vuil staatshospitale te gaan lê as jy sou siek word, vertel van die vrees as jou menswees sou knak onder die gewig van jou besluit om die oop see aan te pak met 'n papierbord se krag.

Verstaan my nie verkeerd nie, ek het die Here se hulp en ek glo onwrikbaar in Sy genade ook vir my, maar menslik bly menslik.



LitNet: 8 Mei 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.