My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Hoekom laat sy dit toe?

Ek het al geruime tyd 'n verhouding met 'n baie bekende vrou.Trouens, haar gesig het al dikwels op die voorblaaie van tydskrifte verskyn en sy is beeldskoon. En nog meer kere is artikels oor haar in tydskrifte gepubliseer. En net so gereeld word vertel van die fantastiese man met wie sy getroud is, hoe hy haar ondersteun, ens. Dikwels het ek en sy gewonder wat die koerante alles sou skryf as hulle van die verhouding moes uitvind. Daarom ontmoet ons altyd net in hotelkamers want ons moet eenvoudig uit die openbare oog bly.

Maar dan het sy my al net so dikwels vertel watse monster hierdie sg. 'fantastiese' man eintlik is en wat hy alles met haar agter die geslote deure van hulle huis aanvang wanneer hy na pornografiese video's kyk en dan sy fantasieë op haar uitleef. Elke dag vertel sy my hoe lief sy my het. Ek het dit moeilik gevind om te glo dat sy vir my kan sê hoe innig lief sy my het en tog wil sy nie van haar man skei nie. Gisteroggend bel sy my en ek kon aflei dat daar 'n probleem is. Ons ontmoet in 'n hotelkamer en sy verseker my weer van haar opregte liefde vir my.

Sy vertel my toe wat haar man die vorige aand met haar aangevang het, maar ek wou haar nie glo nie. En toe trek sy haar klere uit! Hoe ek haar ookal gesmeek het om 'n klag van aanranding, verkragting, ens teen hierdie monster te gaan lê, sy het geweier. Dit bring my nou by die vrae: Waarom weier sy? Waarvoor is sy bang? Hoekom laat sy dit toe? Of geniet sy dit tog?

Kan iemand my antwoord?



LitNet: 21 Februarie 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.