My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Ek wens jy het geweet wat ek met jou man aanvang!

Julle lyk so gelukkig saam, man en vrou. Mekaar in wit en NG-gewaad die ewige trou beloof. Jy het 'n goeie hart en vertrou maklik, te maklik. Ek en jou man is meer as net vriende. As jy en jou simpel vriendinne sy geld uitgee oor naweke gee ek hom wat jy hom nie sal kan bied nie. Party naweke as ek en hy kamtig saam met ander vriende 'n "boys' weekend" in die berge het ... Ja ons gaan berge toe, maar dis net ek en hy.

Ons ry deur berge toe, in sy butch 4x4 en ons drink yskoue bier uit die koelsak tussen ons op die voorsitplek. En as ons per ongeluk mekaar aanraak as ons vir dieselfde bier soek, weet ons al klaar dit gaan 'n wonderlike naweek wees. En sy khaki kortbroek wat so styf span oor daardie mooi bruingebrande bene begin swel soos 'n ryp vrug. Sy swart en kortgeskeerde borshare glinster soos duur pels onder sy boshemp. En wat my maller maak is daardie bonkige sporthorlosie wat sy groot arm versier terwyl hy die bakkie stuur en die are dans op sy voorarms. Het jy geweet, hy het nie daardie horlosie vir homself gekoop nie, ek het dit laasjaar vir hom gekoop en glo my ek betaal nog steeds daaraan af. Jy is te behep met jou eie drome ... teef! En laat ek jou vertel, ons tent kreun van die rowwe seks. Hy praat dan nooit van jou nie, hy is myne vir 'n paar naweke elke jaar.

Verder bieg hy dat jy hom versmoor met jou huisie met al die ornamente en jou dom poedels wat alles bekak. Dis hartseer want hy sal jou nooit los nie, want niemand mag weet dat hy eintlik van mans hou nie. Moenie bekommer nie, ek gee vir hom al daardie oomblikke en sy orgasmes is opreg en gelaai.

Jy het mooi borste en 'n mooi lyf maar dit walg hom eintlik. Hy hou van borshare, rum en coke en cock en braaivleis, 'n tentjie in die berge saam met my! Glo my, ek is nie verfynd nie. Ek speel rugby en doen alles wat ouens doen. Ek haat verfyndheid soos jy sal agterkom uit die skrywe.

Ek sal altyd sy beste vriend en lover bly en jy sal sy tronk bly – pienk en vrolik, salig onbewus van ware liefde en respek wat ek vir jou eggenoot koester. A dog is not always a man’s best friend!



LitNet: 26 Januarie 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.