My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Wat van haar geword het, weet ek nie

Ek is ‘n middeljarige witman en woon in die noordelike voorstede van Kaapstad. Ongeveer 35 jaar gelede toe ek negentien jaar oud was, was ek ‘n konstabel in die polisie in Bellville. Een oujaarsdagmiddag, ek dink dit was in 1971, het ek ‘n meisie ontmoet. Ek kan nie meer haar naam onthou nie en ek dink sy was ‘n verpleegster by die Tygerberghospitaal.Ons het aan die gesels geraak en sy het gesê dat sy ‘n woonstel deel met ander meisies, wat almal weggaan vir die naweek en dat sy alleen gaan wees. Ek het op daardie stadium in ‘n losieshuis gewoon en was ook maar eensaam. Ons het besluit dat ek daardie aand vir haar kan gaan kuier.

By die woonstel het ons gekuier en ook ‘n paar drankies gedrink. Ek was nie in staat om huis toe te gaan nie en het in die woonstel oorgebly vir die nag. Een ding het natuurlik tot ‘n ander gelei en ons as twee warmbloedige 19-jariges het seks gehad. ‘n Tyd na die voorval, ek kan nie onthou hoe lank nie, het die meisie na my gekom by my werk en gesê sy wil met my praat. Ek het dadelik geweet sy is swanger. Wat kon ek doen? Ek is 19 jaar oud, pas uit die polisie kollege, woon in ‘n losieshuis, besit nie eens ‘n motor nie!!! Nodeloos om te sê, ek het my lam geskrik want in daai tyd was die dissipline in die polisie baie erg en so iets kon erge reperkussies vir my loopbaan hê. Ek het nooit aan haar gesê dat ek vaderskap gaan ontken nie (om eerlik te wees, ek kan nie meer onthou wat ek alles vir haar gesê het nie). Sy het gesê sy sal iets uitwerk.

Ek het haar vermy en nie weer na die woonstel gegaan nie. Ek het haar nooit weer gesien nie en wat van haar geword het, weet ek nie. Of die/my kind ooit gebore was, weet ek nie. Ek vermoed sy het Kaapstad verlaat toe sy uitvind dat sy swanger is. As ek reg kan onthou, het sy gesê dat sy van die platteland afkomstig is.

Ek is ‘n paar jaar na hierdie voorval getroud en is die ouer van vier kinders en ek weet iewers is daar moontlik nog ‘n kind wat deur my verwek is gedurende ‘n nag van passie, aangehelp deur Bacchus se voggies. Ek nie trots op wat gebeur het nie, glo my!!

Vandag sal ek graag wil weet wat van die meisie en die kind geword het, het sy die kind alleen grootgemaak of is sy dalk met iemand anders getroud, was dit ‘n dogter, dalk ‘n seun, na wie lyk sy/hy? Die kind is seker al getroud en ek is seker al ‘n oupa ... Oor al hierdie goed wonder ek al vir baie jare en ek kan dit met niemand bepreek nie. Ek sal die meisie en die kind graag wil opspoor, maar ek kan nie haar naam en van onthou nie, waar begin ‘n mens?? Miskien is sy gelukkig getroud en dalk het sy vir die/ons kind iets gesê oor die vader wat afwesig is.

Ek kan maar net wonder ...



LitNet: 25 Januarie 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.