My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Ek kan nie ophou nie

Ek lees nou so die ander mense se groot bieg (wat is die meervoud van bieg?) en dag toe laat ek ook maar skoonkom. Deur my lewe het ek baie geheime gehad, maar so een na die ander het hulle uitgekom en moes ek hard werk om my geskade beeld te herstel, of het ek maar eerder verdwyn vanaf die plek waar ek die misstap begaan het. My arme vrou en kinders moes elke keer maar huis en vriende agterlaat sonder om te groet en ons het naderhand gesoute nagtrekkers geword. (Dis eintlik nou oornagtrekkers.)

Ek het in die laerskool ‘n spieëltjie op my skoen geplak om onder die meisies en onderwyseresse se rokke in te kyk. Toe ek gevang word, moes ek voor die hele skool vir almal verskoning vra. Daar was ook die keer op skool toe ek net voor die halfjaareksamen by die skoolkantoor ingebreek het om die wiskunde, wetenskap en biologie vraestelle te steel. Nadat ek volpunte gekry het vir al drie, het die ding op die lappe gekom en is ek geskors. Ek het by die koöperasie gaan werk en het toe met ‘n jong dominees se vrou ‘n verhouding gehad. Die koster het ons egter in die konsistorie betrap, besig op die tafel, altwee hoog gekoring op nagmaalwyn. By ‘n ander geleentheid het ek vir die laerskoolatlete van ‘n gesiene laerskool steroïdes voorsien vir beter prestasie. En daar was ook ‘n keer dat ek vir ses maande in die tronk was vir openbare ontbloting, en my vrou en kinders gedink het ek is oorsee. Maar hulle het uitgevind toe die gevangenisdiens se maatskaplike werker opdaag om te kom vra of alles nog goed gaan.

Die bieg wat ek egter vandag wil bieg, is sekerlik die ergste en is ek bly om dit van my hart af te kry, sonder dat iemand my naam gaan sien. Die skande sal net te groot wees want hierdie keer sal my arme gesin en familie my seersekerlik nie weer vergewe nie.

Ek hoop die lesers van LitNet sal my nie veroordeel nie want ek is maar net mens, in sonde gemaak, gebore en ontvang en grootgemaak, en probeer ook maar, al is dit nie maklik nie. Maar ek kan myself nie keer nie. Die ergste is dat ek nog van die bietjie geld wat ek en my vrou kan inbring gebruik om hierdie skande van my te finansier. Ek neem dus kos uit my kinders se monde om dit te doen. Ek sit nou hier en sweet waar ek sit en skryf, as gevolg van ‘n skuldaanval. Dis iets wat ek sedert die dae in die tronk kry. Maar nou ja, hier is my groot bieg.

Ek lees Huisgenoot.



LitNet: 19 Januarie 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.