GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Die mens het nog nie by die waarheid van God uitgekom nie

Willie Knoetze

Met apologie ... op ’n manier ... aan Reinet Blom

Ek sidder as ek dink waarmee die mensdom besig is. Dit wat God haat en ’n gruwel in die oë van God is en wat teen Sy wet is - dit word goedgekeur deur die Christendom en die mensdom. Psalm 5:6: “Hooghartiges durf nie voor U kom nie. U haat almal wat onreg doen.” Eksodus 23:2: “Jy mag nie agter die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie.”

O ja - en iewers staan daar ook dat ons ou mensetjies nie ander mag oordeel nie. Cool, hey!

Maar toe, nou nie! Dit lyk my dis die één ding wat die Here aan ons duidelik gemaak het wat mense (die meerderheid van Eksodus 23) net nie wil hoor nie. Deesdae lyk dit meer of dit die rég van sekeres is om (nogal in hogere bedrewenheid en uitgestalde nederigheid teenoor hul God) ander te veroordeel en te verdoem. Lekker! Waar join ek? Ek het hoeka ’n ding teen mense wat skulpvis eet (Levitikus 11:10).

Wie is die mensdom om vir God voor te skryf wat is reg en wat is verkeerd? Wie is ons om namens die Here ander te verdoem?

Daar is ’n groot verskil tussen om ’n gelowige te wees en om gered te wees. O beslis! Hoe kan ’n mens gered wees as jy nie saam met jou Verlosser gesterf het, die verkeerdheid in jou lewe afgelê het en saam met Hom opgestaan het nie? Net die duur gekoopte bloed van die Verlosser kan ons reinig van alle sonde. Nie ons eie hardegathede nie. Nog minder ons eie rigiditeite oor wie God mag liefhê en red nie.

Dit is vir my baie duidelik dat baie min al by die Waarheid van God se Woord uitgekom het ... en die meeste van daai mistasters preek tog te graag oor ander se sondes.

Hoe werk daai storie met oordeel nou weer? O ja! Iets in die lyn van: as jy wat mens is, ander oordeel, dan gaan Hy, Grootbaas daar bo, jou eie rigiditeit aanneem wanneer Hy jou oordeel. (Eina!)

Groete uit hierdie hoek van die “sondaars”-arena.

LitNet: 20 Februarie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.