GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Uit die boks

Willie Knoetze

Oor die muur

Vandag vier ek my tweede jaar oor die muur - en dis nie so erg soos mens sou dink nie!

Sien, in deesdae se vleismarkte verval jou raktyd glo op 25. Ná dit, so is die geloof, is jy oor die muur. Die ouens in die nagklub stel skielik net nie meer belang nie. Hul radar tel dit dadelik op - jou tyd tussen hulle is verby. Jou melk is suur. Die enigste manier om in die mark te bly, is maar om die beursie uit te haal. Van nou af betaal jy vir aandag - drankies, dwelms en "Bling" is nou jou paspoort na plesier. Mens sien maklik die post vingt cinqs wat hierdie roetes van ewigdurende jeug (danksy kokaïen, botox, Planet Health, die nuwe kar en die uitspattige partytjies) kies. Hulle dans harder as almal, trip erger en party langer. Hul bleik hul hare, wax hul sixpacks en sluk/snuif die duurste, beste, "coolste" dwelms. Hul storm-en-drang-jare slaan terug soos bilharzia in die winter.

Cleopatra, noem hulle dit.

Queen of denial.

My Cleopatra-kroon is een van die blinkeres - of moet ek sê: was gewees. Jy sien, hierdie Cleopatra het haar kroon opgehang en gaan bier drink. Ek sien net nie meer kans vir bybly nie. Boggher die Joneses en die gejaag na 'n vietse middel en asemrowende gluteus maximi. Ek vier nou my vervaldatum! En dis lekker - o so lekker.

So was daar geen krisis toe een van my kliënte my vandag verras met 'n sjokoladekoek nie. (Ja, sulke goed gebeur nog op kleiner plekkies.) Die bure is gou-gou bygenooi en daar is gekoek dat dit by ons ore uitloop. Kort ná hierdie dekadensie is ek op Rossini's toe, waar my pa die gesin uitgevat het vir middagete. Vir die eerste keer in 'n ewigheid kon ek 'n Thunder Thighs Mocha geniet - sonder om te wonder of my gymklere ingepak is!

"Meisie - jou middel is op pad moerlandspan toe!" merk 'n vriend op by die kroeg ná werk. 'n Heildronk is dadelik ingestel: "Op 'n lewe na Kate Moss!"

Ek het lanklaas so lekker gelag - en volgens die pragtige man langsaan is daar niks so aantreklik soos iemand wat lekker lag nie.

Op pad huis toe knipoog die kroegman met 'n stoute glimlag. "Ek dink hy't die hots vir jou," fluister Christine, "magie en al!"

Kan jy nou meer ...

Op die rak of oor die muur - dis fabulous hier!

  • Klik en lees vorgie Uit die boks rubrieke



    LitNet: 21 Junie 2005

    In 2002 vang ek graad in Inligtingskunde aan die US. Daarna vorder my driejarige obsessie met studentaktivisme (Lesbigay) na 'n voltydse aanstelling by The Lesbian and Gay Equality Project in Jan'sburg. Die direkte kontak met regse Religie het my bloed egter te veel laat kook - toe trek ek see toe. Die Kaap was bietjie duur, nou druk ek besigheidskaartjies in die Tuinroete. Hier gaan nie te veel aan nie, maar dis lekker.

    NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
    DANIE BOTHA

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.