GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Uit die boks

Willie Knoetze

"Straight" queens

"Alle mans is straight acting - tot jy hulle los."

Hierdie pittige stelling het my nogal laat giggel. Behalwe dat ek dink dis nogal waar, raak dit aan 'n punt wat deesdae gereeld opduik. Die ideale gay man. Wat is hy, of eerder, hóé is hy? Enigiemand wat onlangs (sedert die eeuwending) op die internet se hoekies vir eensames gaan rondkyk het, het 'n idee. Die antwoord is blykbaar: "Straight".

Dis vir my histeries snaaks. (Amper soos die stereotiepiese heteroseksuele man se obsessie met liesbiese paartjies.)

Ek het onlangs die voorreg gehad om Koos* in aksie te sien - hoeka by 'n gay-gastehuis. (Hierdie een laat vrouens ook toe, en oopkop straights. Die swembad was net nie "kleding opsioneel" nie.)

So elfuur die oggend het ek en Suster Visser oor G&T's gekuier in die voorhuis. Broer Koos het ingeboek en naby ons kom sit om die rugbytelling te sien. Eintlik wou hy uitvind wie ons is - hy't gewag vir sy internet-maatjie. 'n Kort rukkie se geklets later daag dié toe op. Feitlik 'n oil-painting, soos my ouma sou sê. Ná hulle weg is Spur toe, besluit ek en Suster Visser om bietjie te gaan kyk hoe Koos se profiel lyk: Koos is "str8 acting/looking, en nie deel van die gay scene nie. Gym 5 keer 'n week en hou van rugby. Ek is op soek na 'n str8 acting man. Mens moet nie kan sien jy's gay nie. Ek wil jou aan my ouers kan voorstel as 'n pêl - nie 'n BF nie. Gym-fiks. Liefde vir die natuur 'n plus. Geen vetties of queens nie!!!"

Hoe voorspelbaar.

Sy profiel lees soos hy gesels het vroeër, al lyk sy foto's soos polaroids uit die 70's. Aan tafel het ons die profiel bietjie bekyk:

"Ek is str8 acting/looking": Met ander woorde, hy erken nie dat daar enigiets "gay" aan hom is nie. Sy idee van "gay" is gevorm deur 'n heteroseksistiese (durf ek byvoeg Calvinistiese?) samelewing, waar "gay" gelyk is aan minderwaardig, swak, selfs siek. (Koos ly moontlik aan geïnternaliseerde homofobie.)

"... en nie deel van die gay scene nie": Hieronder tel Koos gaynagklubs, maar nie stoombaddens en gay-gastehuise nie. By laasgenoemde twee soorte plekke hang daar nie "scene queens" uit nie. (So sê Koos, in elk geval.)

"Gym 5 keer 'n week en hou van rugby": Die essensiële, kwalifiserende stelling. Koos het geval vir die "Body Beautiful"-regime. Die ideale man is nou ook gespierd en fiks, met haarlose boude en perfekte vel en tande.

"Ek is op soek na 'n str8 acting man ... aan my ouers voorstel as 'n pêl - nie 'n BF nie": Weer eens moet daar niks gay aan die man wees nie. (Maar hoe straight gedra jy jou nou eintlik as jy met mans kafoefel?)

"Geen vetties of queens nie!!!" Hierdie stelling het feitlik die "Amen" van so 'n tipe gebed geword.

Nie lank daarna nie, toe is Koos en kie op kamer toe nie. Jy't nie 'n graad nodig gehad om te sien hierdie twee tjommas het groter planne as selfoon-laai nie. Daar's blykbaar aan Koos se vereistes voldoen.

Ná sewe die aand storm 'n ontstoke internet-gabba by die voordeur uit, met Koos wat vloek iewers binne. Toe hy (Koos) uiteindelik gesig wys, bestel hy dadelik 'n sterk dop. Die man was in 'n toestand - herken Suster Visser skoon as iemand wat omgee en stort net daar sy hart uit: Mnr Gabba het hom net gebruik! Sy hart is verskeur en hy weet nie of hy ooit weer so oor iemand sal voel nie! Hy's sommer lus en pleeg harakiri.

Red vir jou 'n volk.

Dit bring my terug na "alle mans is straight acting - tot jy hulle los". Wat gebeur toe Koos die "eks-" word? Sy flap, poppie. En teef. Soms word daar goed rondgegooi en gegil ook. De-ra-ma-ties - en o so gay.

My punt?

Ons is almal moffies in ons harte. As jy iets anders moet voorgee, is daar fout.

Sela.

* Koos is 'n skuilnaam en het geen bewustelike ooreenkoms met enige Koos in die werklike lewe nie.

In 2002 vang ek graad in Inligtingskunde aan die US. Daarna vorder my driejarige obsessie met studentaktivisme (Lesbigay) na 'n voltydse aanstelling by The Lesbian and Gay Equality Project in Jan'sburg. Die direkte kontak met regse Religie het my bloed egter te veel laat kook - toe trek ek see toe. Die Kaap was bietjie duur, nou druk ek besigheidskaartjies in die Tuinroete. Hier gaan nie te veel aan nie, maar dis lekker.

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.