GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Ver(kr)ag
Resilient
break-up
Dénouement
elegie

Ver(kr)ag

Josh Swart

skielik is ek blind en ek val
dieper en dieper in ‘n diep diep niks
arms wyd oop
(vry)val
wind
suis
wind
niks
.
.
.
.
wind
niks
niks
niks
rekursie
skielik is ek blind en ek val
dieper en dieper in ‘n diep diep niks

Resilient

Josh Swart

Terugspringend
vorentoe
na ‘n plek waar ek jou hand kan voel
in die donkerte van my gemoed
na waar ek jou kan vashou
tot die son weer opkom

terugspringend
vorentoe
na die elektrisiteit van jou vingerpunte
wat my ‘n oomblik lank in hierdie hel
Sint Elmusvuur laat sien

terugspringend
vorentoe
homo
sapiens

break-up

Josh Swart

ek kan jou nie voel nie
my tasters gryp donker
na toon en lip en piel
en wind tussen my vingers
maar ek kan nie voel nie

jy's nie in my visioen nie
my kykers kyk glasig
na bome en strate en mense
en wolke oor die hels(e)hoogte
maar ek is blind vir die vrae in jou oë

ook (ironies) kan ek jou nie hoor nie
want my ore het doof geraak
vir die klank van jou lippe;
die stem van jou hare

die geur van jou stem...
(ja daar is nog dié 2 sintuie oor
maar i.t.v. geheue word hulle
as minder belangrik beskou)

die smaak van jou hande
verbr
o
kke
l
weg in verlede

Dénouement

vir G.d.R.

Josh Swart

Jy R.T.S. my mooi verpakte woorde
en speen my in die vroegsomer van jou lippe
Soms hoor ek nog jou stem in (wind)
maar dít gebeur al hoe minder

't vandag my lyf toeris gehou:
gelag en gekyk op die regte tye;
snuisterye gekoop en gepiekniek by Spier
'n verkleurmannetjie doodgetrap op Kanu
(ekskuus dat ek dit noem, maar
ons was daar; dit het my herinner
aan een aand laat. Ek en jy:
verkleurmannetjie ek
ontwykend jy)
en later 'n boheemse koffiehuis...

Ek veronderstel dat ek nie nodig het
dat jy vir my móét lief wees
ook nie kan lief wees nie en
miskien net nie wil lief wees nie
(Jou stilte het boekdele gespreek)

'n Oomblik het jy my hart vasgehou
en lank daarna was die vatplek nog rou

elegie

vir bg

Josh Swart

Jou woorde hang soos ryp lukwarte
aan byna volmaakte lippe
en wanneer jy praat
plooi jou gedagtes
vir elke fyn observasie van die
ingestudeerde oog jou voorkop
jou hande besnede soos beeldhouwerk
het fyn haartjies aan die bokant
wat skokgolwe deur my stuur
as ek daaraan raak
eendag wil ek daarna staar
wanneer jy slaap
ek fok my hele lewe op
vir die lippe
die hande
die kop

Josh Swart is 27 jaar oud, woonagtig in die Wes-Kaap en skryf sagteware vir 'n lewe.


LitNet: 14 Maart 2006

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.