GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Gay op Stellenbosch

Jaap Skoonwinkel

Met gemengde gevoelens neem hy afskeid. Jocks in rugbytruie gluur steeds.

Ná vier jaar op Stellenbosch gaan ek nou uiteindelik bietjie my vlerke sprei en die wonderlike Europa aandurf. Tog het hierdie vier jaar in die Eikestad vir my as 'n gay man so ongelooflik baie beïnvloed en beteken. As 'n trotse inwoner van my geliefde koshuis, Helderberg, en 'n fanatiese ondersteuner van alles wat Maties is, stap ek tog hier weg met gemengde gevoelens oor hierdie dorp wat ek vir so lank my tuiste genoem het.

Natuurlik het ek geweet dat dit geensins maanskyn en rose sou wees op Stellenbosch nie. Tussendeur die swotsessies, daggazolle en dronk aande in Mystic Boer, moes ek nog myself as 'n gay mens vind. Baie gay Maties beskuldig die res van die kampus van onverdraagsaamheid, diskriminasie ensovoorts, ensovoorts. Ek verstaan die gevoel. Natuurlik moes ek telkemale grappies verduur oor moffies en saam lag om nie verdag te lyk nie. Natuurlik is ek uitgevang in my koshuiskamer dat ek 'n gaywebwerf besoek het, met drie seksielede wat my in 'n hoek gedruk het om "die waarheid" te bekom. (Terloops, twee van daardie drie is nou van my beste vriende – wat my aanvaar nes ek is.)

Dis alles waar van die gaylewe in Stellenbosch. Maar sedert ek verlede jaar aan al my vriende uitgekom het, is al my vriende, van rugbyspelers tot teologiestudente, kunskoppe, skubaduikers en poppies, nou net nader aan my as ooit tevore. Jy sien, ek het nie meer nodig om agter 'n masker te leef nie. Hulle is regtig fine daarmee, maar ek glo steeds dat sommige van hulle ietwat ongemaklik sou raak as ek voor hulle met 'n man aan die vry sou moes raak. Maar dis verstaanbaar – Rome is nie in een dag gebou nie.

Stellenbosch is regtig liberaal genoeg om ons as gays in die clubs, pubs en studiesentrums toe te laat. Tog is dit nog nie so oopkop en tegemoetkomend soos wat dit hoort in 'n multikulturele, kosmopolitaanse dorp nie. My hoop is dat Matieland eendag waarlik met ope arms gay mense sal aanvaar en dat mans nie doodbang in hul koshuise sal wegkruip, bevrees dat hul HK of kamermaat hul sal verwerp of na die brandstapel sal stuur nie. Dat jy gemaklik as 'n lesbiese of gay paartjie op die Rooiplein sal kan stap sonder om aangegluur te word deur jocks in rugbytruie.

Ek vertrek oor 'n paar weke, en my hart is baie seer. Al is ek nog nie heeltemal seker wie en wat ek is nie, het hierdie plek met die pragtige eikebome, Jonkershoek, Bohemia en Mystic Boer my 'n beter, sterker mens gemaak.

Dankie, Stellenbosch.


LitNet: 23 Mei 2006

Stuur gerus jou reaksie na dbbotha@mweb.co.za. Meld asseblief die skrywersnaam en die titel van die teks. Jou bydrae word dan onder "Menings van ons lesers" geplaas.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.