GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Die slag van Puzih, Taiwan

22 Desember 2004

Herman Bosman

Ek sien hom elke dag by die swembad. Die veertig lengtes is 'n lafenis ná die dag se geswoeg om Engels in Chinese breintjies in te dril.

Ek wil sy bril liggies van sy gesig afhaal terwyl sy skaam, amper ronde, oë se bruin vlug-vlug vir die bewuswording: ons al twee weet wat gaan gebeur.

Ek wil sy vol lippe met my wysvinger belyn en volg tot waar dit in die hoekies fyn duikies maak. Dan my vinger laat spioeneer op sy tande en sy tong met dié aksie uitlok tot 'n onbeplande beweging.

Die aanvanklike indringing en besit neem van sy lippe, sy mond, volg ek op met mý mond, die voorhoede. Die oorgawe van sy tong sal nie dadelik aanvaar word nie. Eers hom laat dink dat hy hierdie skermutseling gewen het, voor ek sy tong met hernieude ywer terugdwing en uitlok, wegdruk en insuig.

Ek wil sy stywe tepels liggies terg en rondrol tussen my voorvinger en duim voor ek my hande langs sy sye laat afgly om ligweg oor sy ribbes die tromme van ou Afrika op te roep.

Ek wil sy manlike smal heupbene tussen my vingers gevange neem sodat, wanneer ek voor hom kniel, hy weet dat my aksie die verloop van die magspel verloën.

Die basis, my mond, word uittartend net buite die bereik van sy stywe penis, sy hoofmag, gehou. Hy sal moet smeek om daar gevange geneem te word, om daar gefolter te word tot 'n kleindood. Die skeidslyn is dunnerig.

Ek wil die ferm tweelingbulte oorneem, sodat die nou poort beveilig kan word. Ek wil hulle met my mond, lippe en hande myne maak, die sout van sy sweet proe op my tong.

Wanneer ek hom vooroor druk, my hande op sy stram, sterk rug, ontvou die landskap van sy basis. My tong, pseudo-assegaai, lei die inval. Op die beskermende ringspier word skynaanvalle geloods. (Dui sy erotiese kreun op die swaar verliese wat gely gaan word?) Ek ruik die skerp muskus van sy arsenaal en ek lek en suig aan die onderkant van sy wapen om my dors daarna te les. Sy saadsak word in my mond geneem en die inhoud teen mekaar geskommel soos dobbelstene.

Ek wil hom inneem, verower, seermaak, vrymaak. Ek wil my wapen diep in hom opdruk, voel hoe die hitte van die stryd om my vou. Sy oorgawe is kompleet.

Ek wil hom naai,
want jy is te ver om liefgegee te word.


Herman L Bosman kom van die Pretoria-deel van Tshwane. Hy het wiskunde geswot en skoolgehou in Fauresmith, Vrystaat, in Cullinan, Gauteng, en in Tshwane. Sedert November 2004 het hy ge-"teach" in Chiayi, Taiwan en, met erge skeidingsangs, geboorte gegee aan 'n skryfsel. Hy word oorleef deur 'n internetkonneksie.

Klik vir sy verhaal: "Junkie XXX"



LitNet: 12 Julie 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie verhaal. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.