GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Mense kan nie God se genade van jou wegneem nie

“Justaman” Pieter Reynecke

Ek wil LitNet bedank vir die debat rondom gay wees wat hier gestimuleer word. Dit bewys weer die spreuk: “Soveel hoofde, soveel sinne”.

Om ’n debat te kan voer moet ons sekerlik oor die konsepte waaroor ons redeneer, eenstemmigheid verkry, en die debat rondom gay en Christen wees is nog nie eers op dié vlak beredeneer nie. ’n Voorbeeld: Dit is om aan te neem dat die maan van kaas gemaak is en dan volg alle afleidings van daar af en kom ons by die absurde uit dat daar menslike lewe moet wees.

Die debat met die kerk word al jare deur een van ons afgetrede akteurs met ’n spesifieke “pous” van die NG Kerk gevoer. (Names and places have been changed to protect ... ) Die debat kon nie vorder nie, tot die “pous” se eie broer uit die kas geval het. Skielik het die debat eeue gevorder en is die kerklike nou so vol begrip dat sy private opinie hom in diep konflik met die amptelike standpunt bring.

My eie pa was lief vir my, maar op sy sterfbed het hy net gesê dat hy nie my lewenstyl aanvaar nie. Sy sterwensgedagte was dat hy weet daar is onverklaarbare gedagtes in die Bybel, maar dat elkeen op sy eie wyse glo, en dat hy daarom soos ’n kind glo. Dit is waarmee ek hom sal onthou, en hy was ’n ou wat stout was, maar het genade ontvang. Genade waarvoor ek elke dag bid en dit wat sommige Christene en sekere kerke my amptelik ontneem.

Ek het nie ’n probleem met God nie, maar met die instellings wat mense namens Hom hier op aarde kom vestig het. Gelukkig ontneem ek al ’n hele ruk myself nie van Sy genade nie.

As daar een ding is wat Hitler (wat ook toevallig nie van moffies gehou het nie) gedoen het, was dit om die besef te laat deurdring dat jy ’n mens maar van alles kan ontneem, maar dat jy hom eers regtig vernietig het as jy sy denke beheer. Daarom glo ek dat ek as ’n gay mens, as nog net een van Sy baie unieke kinders, Sy genade ontvang.

Diegene wat so met almal stry oor die sonde, hel en al die dinge oor gay wees, moet net besef dat God my en elkeen en elke ding geskape het. Dink net een oomblik aan die begrip “God Almagtig”. Dan sal ons besef ons kan nie vir God dink nie, ons denke is net te klein. Ons is elkeen uniek in liggaam, gees, en (as gees nie denke is nie) denke. Die moderne wetenskap het reeds onomwonde bewys dat elke mens uniek is. As my liggaam so uniek is, sal my mens wees ook uniek wees. Elkeen ervaar en reageer op ’n situasie op sy eie unieke manier. Daarom kon ek as ’n unieke mens ook gay geskape wees (onthou, Hy is almagtig en kan doen wat Hy wil, en skape soos en wat Hy wil). Daarom is my ervaring en begrip in my godsdiensbeoefening ook uniek. Daarom is die vergifnis wat ek ontvang ook uniek en nie in mense se hande wat die Bybel probeer verklaar nie, maar in Sy hande wat weet. Ek glo dit soos ’n kind. As dit nie waar is nie, is die gevolge vir my maar net so verskriklik as vir enige ander mens. Die begrip “mens” sluit almal op aarde in, ja, ook die ongelowige buite die kerk.

Om gay te wees gee my egter nie die reg om immoreel te lewe nie. Dit is sekerlik hier waar die botsing plaasvind, want wat vir my moraliteit is, is nie noodwendig die volgende persoon se definisie daarvan nie. Ek onthou die storie op die radio van die vrou wat by Oosterlinge gekom het en besef het dat hulle nie haar begrip van reg of verkeerd het nie. Sy het hulle dadelik begin bekeer. Sy het die paradys versteur. Kan ons ons moraliteitsbegrip as ’n universele konsep met geweld - direk of indirek - afdwing?

Soos Nataniël sê, “om hierdie en baie ander redes” glo ek dat daar vir my eendag dieselfde redding sal bestaan as vir my pa, want ek glo soos ’n kind. Ek het soos Jakob van ouds my eie unieke stryd met die godsdiens, maar ek glo in God se genade. Niemand sal met hulle denke God se genade van my ontneem nie. Dit wat hulle sê, is net hulle denke, nie Syne nie. Ons kan almal dieselfde gedig of storie lees, en nie twee mense sal dit dieselfde interpreteer of emosioneel ervaar nie. Ek dink dit is die verskil.

Al die liefde in Christus.


20 Januarie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.