GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Hóé peil ons God se waarheid oor gays?

Warm Patat antwoord Reinet Blom.


“Dit is vir my baie duidelik dat julle nog nie by die Waarheid van God se Woord uitgekom het nie.” - Reinet Blom, in die debat oor gays, oor mense wat nie ’n veroordelende standpunt teenoor gays wil inneem nie.

Die groot vraag is: Hoe kom ’n mens by die Waarheid van God se Woord uit?

1. Doen ’n mens dit deur bloot te gaan lees wat in die Bybel staan?

Nee. Jesus self wys vir ons die teendeel. In Eks 20:10 lees ons oor die sabbat duidelik dat daar staan: “Dan mag jy geen werk doen nie …” Nie “Jy mag net ’n bietjie werk doen” of “Jy mag net sekere werk doen” nie. Nee, “Jy mag geen werk doen nie.”

Dis waarop die leiers van die Joodse godsdiens hulle beroep as hulle teenoor Jesus standpunt inneem. Daar is die letter van die wet, dit staan geskryf en Jesus het dit oortree.

Jesus kom egter met ’n ander interpretasie: die mens is nie vir die sabbat gemaak nie, maar die sabbat is vir die mens gemaak. Die sabbat moet nie gesien word as ’n streng wet waaraan die mens hom moet hou nie, maar as ’n geskenk van God aan die mens. En hoe het baie van ons wat ons soms oorhoeks werk, nie daardie rus nodig nie!

Jesus se boodskap is dus nie om die wet op die letter af op mense af te dwing nie, maar om dit binne die raamwerk van liefde te interpreteer sodat dit vir die mens ’n riglyn word om ’n beter en gesonder mens te word.

Hoe raak dit die gay-issue? In my gesprekke met en luister na talle gay mense en diegene naby hulle, is dit vir my duidelik soos daglig dat die letterlike toepassing van ’n klompie tekste nie daardie mense help om gesonder, gelukkiger of beter mense te wees nie. Die kerk se ou benadering takel af, verneder, stoot weg. Daarom is dit vir my duidelik dat die letterlike lees van die tekste nie die toets van die liefde slaag nie. En dis ’n baie sterk rede waarom ek meen ’n mens behoort weer na die klompie gaytekste te kyk, want klaarblyklik is die tradisionele verklarings verkeerd.

Dit bring my by die tweede punt.

2. Kom ’n mens by God se waarheid uit deur Paulus se woorde aan die Korintiërs of die Romeine gelyk te stel met God se woorde aan ons?

Dit lyk vir my ’n mens moet eers presies probeer bepaal wat was Paulus se bedoeling in sy brief aan ’n destydse gemeente en dan kan ’n mens in ’n tweede proses probeer peil wat is God se boodskap aan ons.

Byvoorbeeld: Paulus skryf in ’n situasie waarin afgodediens gebloei het. Een aspek van daardie afgodediens was dat mans na die afgodstempels gegaan het en in ’n verwronge soort eerbewys aan die betrokke afgod prostitusie met ander mans bedryf het. Dan noem Paulus dit ’n gruwel voor God.

Paulus het nie die verskynsel geken dat twee volwasse mans in ’n vaste, getroue, liefdevolle en wedersyds opbouende verhouding met mekaar staan (of lê) nie. Dis immers ’n taamlik onlangse ontwikkeling.

Is dit nou billik om Paulus se woorde aan ’n destydse gemeente gelyk te stel met God se woorde aan ons? Is dit billik om dit vandag van toepassing te maak op twee mans wat deur God na sy beeld geskape is, twee mans wat Hom wil dien en in sy genade wil leef, maar wat ’n diep liefde vir en hunkering na mekaar het, wat hulle aan mekaar en aan God wil verbind en in ’n opbouende liefde vir mekaar hul lewe wil deel?

Vir my lyk dit nie so nie.

Vir my lyk dit of die kerk in liefde ruimte moet maak vir gay mense.

Ek het die oortuiging nie sommer uit die lug gegryp nie. Dis met worsteling en soeke wat ek by die punt uitgekom het. Dis juis die gevolg van my soeke daarna om by die Waarheid van God se Woord uit te kom.

Warm Patat

9 Desember 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.