GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

OorredingsvermoŽ

Transie

Toe ek die Keg binnestap en tussen die lawaai van jaende renmotors op die TV die plek deurkyk, is ek bly dat De la Rey nog nie daar is nie. Ek stap regdeur, gaan sit op die stoep waarvandaan ek die parkeerterrein kan dophou, en bestel ‘n dop. Ek weet wat ek moet doen, maar ‘n dop of twee voor hy arriveer, sal my daardie ekstra tikkie moed gee. Tydens die eerste dop wonder ek of ek sommer moet wegval en praat, maar die tweede dop laat my anders besluit. Ek sal wag tot hy vra waarom ek hom wil sien.

Met die intrapslag begin hy oor rugby gesels. Die nuwe Springbokafrigter, sy spankeuses en die sogenaamde nuwe spelpatroon. Heel gou verloop alles gemaklik en dink ek dat ek maar iets anders moet uitdink as hy begin uitvra. Nog voordat ek dit kan regkry, vra hy toe die vraag.

“Koot, jy het effens huiwerig oor die foon geklink. Waarmee kan ek help?”

Soos blits dink ek op my voete en kom met ‘n afgewaterde antwoord uit. “Pel, ek weet nie waar om te begin nie, maar ek het so 'n ou probleempie wat ek wil uitsorteer.”

Hy antwoord nie dadelik nie. Ek begin net dink hy wil my aan die praat hou en is reg om voort te gaan, toe hy weer praat. “Wel, soos ek altyd sê vir die mense wat berading soek, as jy dit oorweeg, het jy al oor die grootste hekkie gespring.”

“Ek is nie so seker nie,” was my antwoord. “As dit nie was dat dit my tuis in die warm water laat beland het nie …”

“Des te meer, Koot, vertel. Ek is ‘n geduldige luisteraar.”

Ek steek ‘n sigaret aan, voel die prikkeling diep in my longe en blaas die rook oudergewoonte in kringe uit.

“Fokkit, pel, hierdie ding het my bekruip soos ‘n muis met wolsokkies aan. Nie dat ‘n muis daarsonder ‘n moerse geraas maak nie, maar hierdie een het ek nie eers ámper gehoor nie. Dit was eers toe ek, soos ‘n bokser wat nie die hou sien kom het nie, teen die planke wakker word, dat ek besef het wat gaan vir wat. Die enigste verskil is, ‘n bokser het gewoonlik ‘n coach wat hom ophelp ná die tyd.”

Ek roer die dop met my vinger in die glas om. Terwyl die ys klingel-klingel teen die kant, probeer ek De la Rey Storm onderlangs dophou. “Ek dink jy moet eers nog ‘n dop kry. Maak dit ‘n dubbel. Dit wat ek jou gaan vertel, gaan jy nie glo nie, ten minste nie van my nie.”

“Jy kan maar gesels; daar is min dinge in die lewe wat ek nog nie gehoor het nie.”

Dis toe wat ek besef het daar is nie meer omdraaikans nie en begin praat.

“Jy onthou seker nog die meisie wat ek in die weermag gehad het, Ansuette Griffith. Dis waar dit begin het, elf dae voordat ek my drie jaar diensplig voltooi het.”

*

22 November 1974. Koot Swiegers sit sy weermagsak langs hom neer en klop aan die deur van Uniestraat 21, Sasolburg. Sy voetsole brand in sy skoene en die stof op sy lyf laat hom taai voel.

“Koot!” Ansuette gryp hom om die nek. “Ek het gedink jy kom eers weer Kersfees!”

Al was hy net die vorige naweek daar, druk hy haar asof hy haar in maande nie gesien het nie. “Sjoe, ek voel vuil; kan ek eers stort?”

“Natuurlik, kom in.”

Toe Koot, handoek om die lyf, by die stort uitkom, sien hy nie sy klere nie. Maak sy weermagsak oop, maar dis leeg. “Waar’s my klere?”

“Ek het alles gou in die wasmasjien gegooi. Ek weet mos wat dra jy in die sak rond.”

Koot skud sy kop. Vroumense, dink hy. “Bakgat, girl, bakgat. Nou sal ek seker kaal moet sit tot dit droog is.”

“Nee wat,” antwoord Ansuette. “My broer het laas ‘n oefenbroek en T-hemp hier vergeet.”

Sy maak die kas oop, haal die klere uit en gee dit aan. Koot bekyk dit skepties, maar vat dit en trek die T-hemp oor sy kop. Die broek lyk vir hom te groot, maar hy sê dit nie. Toe sy uitloop om die telefoon te beantwoord, maak hy die kas oop en soek tevergeefs vir ‘n onderbroek.

Stupid, dink hy terwyl hy die broek aantrek. Nou gaan alles rondswaai die hele aand. Dan stap hy woonkamer toe en gaan sit.

Wanneer Ansuette die telefoon neersit, gee sy hom die nuus. “Ons is genooi vir ‘n braai en ek het gesê dis reg.” Dan kyk sy vir hom en lag hardop.

Koot kyk verdwaas op. “Wat is so snaaks?”

“Jy sal moet mooi sit vanaand. Daardie broek se pype is wyd en ek wil nie hê die ander meisies moet sien wat eintlik myne is nie.”

“Ek het gesoek vir ‘n onderbroek, maar daar's niks. Kan ek nie een by jou pa leen nie?”

Sy lag weer. “Dit sal nie pas nie. My pa is maklik vier nommers groter as jy.”

Koot trek sy skouers op en antwoord nors: “Dan sal ek moet bly. Gaan jy alleen.”

“Nooit.” Ansuette trek hom aan die hand op en giggel. “Kom saam, ek sal ‘n plan maak.”

In haar kamer maak sy die kas oop, vroetel daarin en hou ‘n broekie vir hom uit. “Dié een behoort te pas.”

Toe Koot roerloos bly staan, stop sy dit in sy hand en sê: “Toe, trek aan.”

Koot voel die sagte, glyerige materiaal prikkelend onder sy vingerpunte toe hy die broekie teen hom pas. “Aikôna. Nie ek nie.”

“Kom nou, niemand sal weet wat jy onder aan het nie.”

Weer trek hy sy skouers op en rek sy oë. “Wel, dit lyk groot genoeg.” Hy trek dit aan en voel die reaksie binne hom onmiddellik. Jakob kom orent. Stywer as ‘n besemstok. Iets soos dit het hy nie verwag nie. Hy wonder dadelik of Ansuette dit raaksien en kyk op. Dan voel hy hoe haar hand oor die gladde broekie streel. Sy voël begin pyn van die styfheid. Instinktief lig hy haar rok oor haar kop.

*

“Die braai was lekker. Genoeg bier en vleis. Tussen die grappe deur moes ek ‘n paar keer toilet toe gaan om vir Jakob stil te maak, maar ek het die aand oorleef sonder dat iemand iets agtergekom het.”

De la Rey Storm kyk Koot nonchalant aan. “So, dit was meer as dertig jaar gelede. Hoe het dit jou in die warm water laat beland? Moenie vir my sê daar was ‘n kind en jy het nou eers daarvan uitgevind nie.”

“As dit maar ‘n kind was, pel. Shit. Ek wens dit was ‘n kind; dit sou makliker gewees het om te verduidelik.”

De la Rey besluit om Koot die praatwerk te laat doen, wink ‘n kelner nader en bestel nog ‘n ronde dubbels. Dan swyg hy.

“Dit het nie daar gebly nie.” Koot haal twee keer diep asem en gaan voort. “Ná die weermag het ek ‘n woonstel gekry in Sasolburg. Ek en Ansuette was oral saam. Op ‘n keer het sy my genooi na ‘n funksie van hulle kerk se jeugvereniging toe en sou my kom oplaai. Gestewel en gespoor sit ek die Saterdagmiddag en wag toe sy in ‘n pak klere daar opdaag met ‘n Woollies-sak in die hand.”

*

“En nou? As jy soos ‘n man aangetrek is?”

“Koot,” begin sy huiwerig en pruil haar mond. “Ek was bang jy sê nee, toe het ek jou nie alles vertel nie.”

“Demmit, Ansuette,” antwoord hy vererg, “ons het mos nie geheime vir mekaar nie. Hoe sal ek nou kwaad wees? Hè? Vertel dan.”

“Dis die funksie. Ons het ‘n agterstevoor-troue gereël.” Sy giggel stout. “Dit gaan groot pret wees. Die bruid is ‘n man, die stooijonkers is meisies en ek is die bruid se pa.” Sy hou die sak uit. “Jou uitrusting.” Die duiweltjies speel in haar oë.

Koot maak die sak oop en loer daarin. “Moet net nie vir my sê ek is die bruid se ma nie!”

Ansuette lyk afgehaal. “Toe, wees ‘n sport.”

Koot haal die inhoud traag uit die sak en sit alles een vir een op die rusbank neer. ‘n Deurskynende bloes, kamisool, blou geplooide romp, nylonbroekie en ‘n halflyf-onderrok saam met ‘n paar hoëhakskoene.

“Shit, ek weet nie.”

Ansuette trek hom nader, soen hom en vra pleitend: “’Seblief, skat, ek weet ek moes jou vroeër gesê het, maar alles is gereël. Toe?”

*

“My maat, as jy dink die gevoel van die nylonbroekie om jou voël is ‘n sensasie, dan moet jy voel as die onderrok daaroor gly terwyl haar hand jou saggies streel. Bliksem! My voël word so styf dat dit ‘n kleur kry wat ‘n bloukopkoggelmander sal jaloers maak.”

Ek het nog ‘n sigaret opgesteek en stilgebly in die hoop dat De la Rey sal kommentaar lewer, maar nee, ek kon sien hy wou my laat praat.

“Daardie aand, toe sy my na die funksie by die woonstel aflaai, het sy ‘n oornagtassie uit die bak gelaai, die kar toegesluit en gesê sy bly oor. Dit was reeds laat en ek wou in die bed kom. Toe ek begin uittrek, het sy my gekeer. Ek moet in die onderrok en broekie slaap, het sy gesê, want sy onthou die vorige keer se hardheid en dit was fantasties.”

Ek het my glas opgetel, na die sweetdruppels buite om gekyk en dit leeggedrink. “Die volgende oggend het sy dit alles netjies opgevou en in my kas gebêre. ‘Ons sal dit weer gebruik.’”

“Om ‘n lang storie kort te maak, ek het later van die gevoel begin hou en selfs as ek alleen was, daarin geslaap. Dis lekker om bykans heelnag ‘n horing te hê. Omdat ek nie met Ansuette getroud is nie, het dit moeilik geraak. Ek moet dit skelm doen. Wanneer ek op ‘n konferensie is, of as sy alleen by familie kuier, gebruik ek my kans.”

De la Rey knik met sy kop voor hy praat. “Ek dink ek begin ‘n idee kry. Jou vrou het uitgevind en plaas nou druk op jou om dit te staak. Nou wil jy hê ek moet jou help.”

“Nope, dis nie dit nie … nie heeltemal nie. Ja, sy het uitgevind. Maar hoe oortuig ek haar dis oukei?”




LitNet: 26 Julie 2006

Stuur jou reaksie na dbbotha@mweb.co.za. Noem asseblief die naam van die skrywer en van die verhaal. Jou bydrae sal dan onder "Menings van ons lesers" verskyn.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.