GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Moffie: troetelnaam of skelwoord?

Hier is die eerste reaksies op Moffiééé! deur Danie Botha na aanleiding van die klag by die Menseregtekommissie oor die gebruik van dié woord in Exit. Ook ander klagtes van die Gay and Lesbian Alliance word hier betrek.

Stuur jou mening op die daad na dbbotha@mweb.co.za.

Willie Knoetze

- Twee gay mans loop mekaar ná jare raak.

A: "Suster!!"

B: "My jinne, moffie, hoe gaan dit?"

A: "Goed, man, goed! En wat maak jy hier in my geweste?"

Moffie: Troetelnaam.

- 'n Gay student gesels met sy straight vriendin op die foon.

Sannie: "So, wat maak jy dié naweek?"

Jannie: "O nee, ek en die letties gaan stad toe vir 'n jol - gaan fabulous wees! En jy?"

Lettie: Troetelnaam.

- Op die skoolgrond tydens pouse. 'n Tingerige seun loop verby die "in" seuns:

"In" ou: "Moffie!!!"

Moffie: Skelwoord.

Waar lê die verskil? Konteks kraai hier koning. Of altans, vir sover dit my aangaan.

Die woorde moffie en lettie (en vele andere) het ontstaan as verkleinerende terme en skelwoorde, dis waar. Vir my bly die besef van hierdie oorsprong belangrik, om gewig te gee aan my eie begrip en gebruik van die woorde.

Ja, ek self gebruik hierdie woorde. My beste (gay) vriende is almal moffies (die butch ouens ook). Van ons is susters. Oor en weer praat ons van skat, bok, engel, meisie, gogga, meneer, boet, girlfriend, tjomma, ensovoorts. In hierdie persoonlike konteks word moffie 'n uitdrukking van deernis en kameraadskap.

Ek glo dat ons, as subkultuur, hierdie woorde omskep het in solidariteitsbegrippe - ons eie weergawes van comrade. Op ons tonge het die woorde hul haat en afsku verloor en verander in iets lighartigs.

Nogtans bly die geskiedenis van hierdie woorde dieselfde. En, verkeerd ingespan, maak hulle nog net so seer. Maak nie saak wie dit sê nie.

Jean Meiring

Soos met die Engelse woord queer gebeur het, is daar tans sprake van die reklamering van die woord moffie - deur moffies. Die punt is juis dat as die woord met 'n nuwe, positief affektiewe waarde ingekleur word, verloor dit gaandeweg die krag om te skel of om seer te maak. Dís juis die heerlik subversiewe arbeid van die reklameerders wat Danie Botha in sy rubriek miskyk.

Natuurlik is dit 'n lang en komplekse proses, dié. Natuurlik is daar 'n interregnum - 'n lange - waarin die woord steeds sal kwes. Maar kort voor lank is dit gans omvorm, soos queer, wat vandag vir baie 'n bron van krag eerder as die teendeel is.

En, asseblief, sê tog wie is die mallerds agter die Gay and Lesbian Alliance? Sal hulle asseblief opstaan en hulle se gesigte wys? Danie, kan jy hulle dalk vir 'n onderhoud nader hark?

Dié moffie-betoog van hulle toon weinig insig. Hul tirade teen gay-gastehuise se eksklusiwiteit toon absoluut geen waardering vir die feit dat gays altyd struktureel en institusioneel in die minderheid sal wees nie. En dat gay-spasies daarom waardevol is. Ook hul spoegskiet oor teen-vigs-middels en "immorele gedrag" is so erg ondeurdag dat mens wonder of hulle nie in eerwaarde Fred Phelps se diens is nie.

(Vir diegene wat nog nie vir eerw Fred leer ken het nie, besoek sy rasend snaakse webblad by www.godhatesfags.com. Ek en vrind Midgeley sit dikwels - laataand in die college-rekenaarvertrek, te midde van PhD-werk - en luister na een van sy preke. Histeries!)

En laastens, van die os op die jas: daar's min dinge wat my so irriteer soos die tannierige benaming "die gaylewe" (let wel: vas geskryf) wat op hierdie blad gebruik word. Ek kan nie presies my vinger lê op die rede vir my renons nie. Die klank, die toon, die uitskiet van die pinkie. Weet nie.

Thys de Beer

Ek stem volkome met Gavin Haywood se verduideliking van sy gebruik van die woord moffie saam. Ons verwys gereeld na onsself as "moffies", maar met 'n skertsende gesindheid. Vele swart mense verwys deesdae na hulself as "Niggers". Op die ou einde gaan dit oor konteks en mens se motief agter die gebruik van 'n woord, en dis onsinnig om dit in isolasie te sien. In gay-kringe word die woord queer steeds baie gebruik, en myns insiens is dié woord veel meer neerhalend as moffie. Daar bestaan altyd die gevaar dat mens die menseregte-debat te ver kan voer.

Oscar Wilde het in The Picture of Dorian Gray opgemerk: "Those who find ugly meanings in beautiful things are corrupt without being charming. Those who find beautiful meanings in beautiful things are the cultivated. For these there is hope."

Ons word genoeg deur die heteroseksuele meerderheid (hetsy direk of indirek) op neergesien. Is dit regtig nodig om binne ons eie geledere 'n heksejag te begin?


LitNet: 28 April 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.