GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

DIT GONS OOR DIE JONGSTE BYDRAES OP GAY@LITNET

CHRISTO BARNARD:

Het toevallig deur 'n vriend van my op Gay@Litnet afgekom en amper vanmiddag in my broek gekom by die werk!

Nou ja, ek wens ek het van sulke goed geweet toe ek op skool en universiteit was. Nou al bietjie ouer, maar die pret bly opwindend. :-)

Skryf nog!

DEWALD:

Die storie "In die begin" van Leandi Erasmus is 'n bespotting. Wat gaan aan in die wêreld?

ELANRI DREYER skryf oor Ella Kotze se "Dis my storie dié: Uit 'n oorlogsgebied":

ONGELOOFLIK – ek verstaan haar! Haar moed inspireer ander!

En ELSA skryf:
Ek spandeer baie tyd op die net, veral in LitNet se webwerf. Ella Kotze se verhaal "Dis my storie dié: Uit 'n oorlogsgebied" is aangrypend, hartroerend en maak 'n mens bewus jy is nie alleen in die wêreld nie. Dit laat jou dink hoe ver 'n mens sal probeer wegskram van die waarheid af, om enige gevoelens geen gevoelens te maak nie. Alles te onderdruk en te besweer sodat jy aanvaar word in die samelewing. Alle gevoelens, die hele verhaal wat sy skryf, maak iets in jou wakker.

Is daar nog verhale wat Ella Kotze geskryf het op die webwerf beskikbaar?

Baie dankie vir 'n wonderlike webwerf – hou so aan.

(Sien ook die gedigte van Ella Kotze. Danie B.)

Ook LANA het van haar laat hoor:

Dit is nou 'n goeie en raakvat storie dié!

Baie dankie, Ella, dit is die enigste storie waarmee ek myself kon vereenselwig, en dankie vir die woorde: "'n God van liefde sal mos nie liefde veroordeel nie", want dit is presies hoe ek voel.

Ek is jou een stappie voor: ek is laas maand “getroud” voor pastoor Liezel Stemmet met MY LIEF!

PIENK CHRISTEN is weer dankbaar vir Willie Knoetze se jongste "Uit die boks: My tiende":

DANKIE, DANKIE, DANKIE tog dat daar nog ouens is wat nugter vanuit die Christelike perspektief kan redeneer oor die Godskreiende skande van ander wat gelowiges stenig! Ons moet meer saamstaan, uit ons afsonderlike kassies klim en SAAM ons monde oopmaak met die Godgegewe talente wat Hy aan ons geskenk het en standpunt inneem teen 'n sondige wêreld wat ons tot die moerasse van menslike oordeel wil verlaag.

Hoor, hoor, Willie! Baie dankie vir jou artikel.

LEONI SWANEPOEL:

Dis met so 'n halwe ongemaklikheid dat ek die artikel lees, want alhoewel daar meriete in is, moet arme Willie ook verstaan, die lewe het reëls – selfs vir gay en lesbiese mense.

Die volgende gebeur – maar is onaanvaarbaar:

'n Polisieman moet onder geen omstandighede aan enige kriminele dade meedoen nie, maar hulle rand hul families aan en ontvang graag afkoopboetes onder die tafel.

'n Onderwyser is 'n voorbeeld vir kinders – dus geen drank, seksuele wandade, egskeidings ens nie en tog gebeur dit daagliks.

'n Dominee is die toppunt van 'n karaktervaste persoon sonder sonde, sy gesin vlekloos en godvresend – en dit is ongevraagde norme wat ons as mense aan hul koppel.

Ons het grootgeword met reëls: spelreëls, huisreëls, landsreëls, gedrag- en kerkreëls. Nou verwag die gay en lesbiese gemeenskap dat die reëls sommer so poeffff moet verdwyn. Nuus vir julle – dit gaan nie gebeur nie. Waarom die baklei nou eintlik? In vandag se demokratiese land – begin jou eie kerk. Hou jou eie basaar; kollekteer jou eie tiendes. Begin jou eie stel reëls, en siedaar, 'n nuwe generasie met eie reëls oor eie verkose lewensreëls.

Ek is self geskei, en nie baie tuis in my kerk nie. Maar dit keer my mos glad nie om my eie ding te doen nie. Ek kan mos die Here aanbid net waar ek is. Waar het Jesus in elk geval die lekkerste bedien en aanbid? Definitief nie in die kerk nie. So, skrik wakker al julle Willies en weet dat die kerk nie aan die kruis gehang het nie. Dis vir my asof julle genot daaruit put om 'n helse nuusdebakel aan die gang te sit oor julle andersheid. Drop it, man, en gaan aan met jul lewe. Doen jul eie ding en word mediagroot. Ons het op skool die spreekwoord geleer: Net swape en dwase skryf op deure en glase. Wel, dis eintlik net dwase en swape wat met griffels skryf op media-leie.

Die hele debakel het siek geword omdat die anderes dit siek gemaak het.

I rest my case!

VLOOI:

Ek is slegs 22 jaar oud (so, my kennis van die afdeling strek nie baie ver nie) en bitter geïnteresseerd in hoe gays dink en voel, en toe ek jou artikel lees, het ek jou pyn gevoel en geweet jy smag na antwoorde wat jy nie vind nie. (My broer is ook gay.) Willie, ek ken jou nie, en ek is nie hier om vandag met jou te baklei nie, maar daar was net een ding in jou storie wat my oog gevang het en dit is: jy het gesê die Here het jou gemaak soos jy is ... As jy op enige plek (gaan doen navorsing) vir my kan wys dat die Here jou só gemaak het, kan jy my anders bewys.

Willie, die Here het jou lief en volgens jou storie kan ek optel dat jy dit ook glo, maar gaan lees net Jer 19:15. The Lord wants to restore the things you can not ... Al dink jy om aanvaar te word by die NG Kerk gaan dinge verbeter, kan ek nou al vir jou sê: hou op om jou tyd te mors. Only the Kindness of God can save you.

Ek wens ek kan net vir jou 'n drukkie gee en sê from the love of my heart: open your eyes and no longer be deceived.




LitNet: 20 September 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.