GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Skrywers, kyk wat sê die lesers!

Menings van lesers

Waar kom selfgesentreerde arrogansie vandaan?

Myra Lochner reageer op Johann Rossouw se nuusbriewe uit Taiwan:

Ek het Johann se briewe met deernis gelees. Alhoewel ek nie gay is nie, strek my liefde vir mense wyer as voorkeure van watter aard ook al.

Johann se ervarings is baie intieme eie-belewenisse - ervarings wat nie veralgemeen kan word nie. Ek het gay vriende wat geensins sodanige verwarde en selfgesentreerde arrogansie besit nie. Ek wil glo dat hy ALLE mense hier impliseer. Presies dieselfde karaktertrekke kom voor by sogenaamde heteroseksuele: kleinlikheid as gevolg van pyn en leegheid vra nie wie die bedmaats is nie - dit nes in verwondheid van die siel.

Ek wou maar net seg.

Edengroete uit George

Dr Pieter skryf uit Finland oor Johann se nuusbriewe

Ek het bloot toevallig op litnet.co.za afgekom toe ek "gesurf" het op die web, en ek het al Johann Rossouw se briewe uit Taiwan gelees. Dit was vir my 'n genot en 'n ondervinding om te hoor hoe 'n Afrikanerseun uitgemaak het in Taiwan. Ek is jammer dat hy nie vertel het hoekom hy juis Taiwan toe is nie. Ek self woon al die afgelope 29 jaar in Finland, en weet wat dit is om jou land te verlaat en in 'n vreemde land tuis te gaan. Ek haal my hoed af vir jong Rossouw. Ek vind sy briewe geweldig simpatiek, en voel dat Suid-Afrika 'n baie goeie persoon verloor het. Ek voel jammer vir sekere Suid-Afrikaners met hulle gebrek aan ondervinding en hulle tonnelvisie. As hulle net hulle oë ordentlik wil oopmaak, sal hulle sien dat die Sjinese en die mense van Thailand die mooiste mense op Gods aarde is.

Baie groete

*

My stryd as gay
Jan skryf openhartig vir Chrisjan

My naam is Jan. Ek is nie biseksueel nie; ek is 100 persent homoseksueel. Ek en Chrisjan het nogal baie gemeen. Ek is ook die derde en jongste seun en my ma-hulle het ook gedink ek sou 'n dogtertjie wees. Ek was ook 'n onbeplande baba. Ek het nog nooit aan daardie teorie gedink nie, maar ek glo ook ek is van geboorte af gay; dis nie 'n keuse wat ek langs die pad gemaak het nie. Een van my vroegste gaygedagtes was op die ouderdom van vyf.

Ek het op 'n baie klein dorpie grootgeword en ek was vreesbevange oor wat met my sou gebeur as mense sou uitvind dat ek gay is. Die boertjies op ons dorp het menige jong ouens wat net skeef lyk, bygekom. En by die skool is die bekende gays soos die plaag vermy. Is dit nie 'n wonderlike land hierdie waar almal veilig tussen hulle eie mense kan voel nie? Ek moes maar 'n front voorhou en saam met meisies gaan kuier sodat niemand sou agterkom in watse vrees en pyn ek moes lewe nie. Ja, dit was pynlik. Is nog steeds. Ek het my ouers en my vriende vreeslik lief, en my hart sou net doodgaan as ek in die kyk in hulle oë moes vaskyk as ek vir hulle sou gesê het. Ek het selfs baie kere aan selfmoord gedink, en ek het erg aan depressie gely, maar "tieners gaan mos deur sulke fases".

Vandag is ek 23 en selfstandig, en is ek besig om moed bymekaar te skraap om my familie en skoolvriende die waarheid te vertel. Die meeste mense wat saam met my werkagtig is hier in Johannesburg, weet dat ek gay is. Dit het ontsettende moed van my gevat, maar ek het besluit dat ek iewers die eerste stap moes neem. Dit raak nie makliker nie; 'n mens raak net meer gatvol. En vir my om gelukkig (werklik gelukkig) te wees, sal ek nou selfsugtig moet wees en aan my eie gevoelens moet dink en nie aan my ma en pa en vriende s'n nie.

Ek dink nie mense verstaan deur watse emosionele pyn gay mense (en ja, ons is net gewone mense) gaan as hulle deur heteroseksuele mense aangeval en sleggesê word nie. Ek dink as hulle eers waarlik kan verstaan wat dit beteken om gay te wees, sal hulle twee keer dink.

*

Iemand wil help

Elzabe Durr-Fitschen, 'n terapeut van die Kaap, het 'n boodskap vir Ren van Zyl ("Menings van ons lesers", 28 Junie: "'n Hele klomp pos"):

Ek wonder maar net waar hierdie Ren haar bevind? As sy in die Kaap is, moet sy die Triangle Project probeer, of dalk selfs met my kontak maak - ek kan help. Ek is 'n gay terapeut in die suidelike voorstede, sien gay kliënte en help gereeld met die vraag "Waarheen nou?".

Hiervan hou die mense!

Erica reageer op twee bydraes op Gay@LitNet. Die eerste is oor Catherine Eybers se gedig "Loop die pad":

Duwweltjie duiweltjie maar pynlik lekker elke keer. Pragtig gedeel ...

Die tweede is Willie Knoetze se bydrae in Uit die boks ("Katools"):

Die queen kan praat ... wonderlike slap Afrikaans ... Ek is hier in Saoedi en hoor net geradbraakte Ingels ... en geniet LitNet se GayNet Net te vreeslik. Gaan voort.

CAT is ingenome met Katryna du Toit se gedig van 15 Desember 2004: "Ses maande (vir die oostewind)":

Excellent, well-written and flowing, hope to see more of this person.

Willem Bakkes hou van Hein van der Lecq se vertelling oor "Die masseur laat hom nie twee maal nooi nie":

Dit is 'n baie lewenswerklike teks, baie goed geskryf. Doen so voort!



LitNet: 06 September 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.