GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

'n Hele klomp pos

"Dis my storie dié"-reeks gaan waardevol wees

Thys de Beer: Niel Boshu se "'n Ware verhaal ... van 'n driewiel" het my diep geraak. Ons almal het 'n "coming of age"-storie wat by die meeste agter slot en grendel sal bly ... uit vrees vir: "Wat sou die vrome skenders van die skoonheid sê?" (ID du Plessis). Julle doen die regte ding om ons geskiedenis op te teken. As gay kind word mens sonder rolmodelle groot, en besef meesal eers ná skool dat ons 'n unieke identiteit en stem het. Hopelik is hierdie 'n manier om ons gemeenskap se verlore identiteit te herstel.

*

Kom ons kuier?

Niel Boshu: Wanneer mens so deur die kommentare en argumente lees (en worstel), dan kry ek die gevoel dat daar ruimte geskep moet word vir 'n "ondersteuningsgroep" (ek haat die sentimentele begrip daaragter - noem dit dan 'n forumgroep of kuiergroep) waarin mens met ander in gesprek kan tree om jouself te ledig van opgekropte en onaangespreekte emosies en begrippe rondom hierdie werklikheid. Om mense te "sien" en met hulle te praat oor die dieper self, is soms die beste terapie (sonder om duisende aan 'n sielkundige te betaal). Mens leer hantering uit ander se ervaring.

Gaaf om te skryf - dit verlig die innerlike wese en vermy die blootstelling. Tog is ek seker dat daar ouens is wat werklik met ander wil kommunikeer oor hulself. Meer op informele wyse - kuieraande. Geen groot belangrike menere met "alles weet"-toesprake nie!

Danie, wat dink jy? Jy is aktief hier betrokke. Wat van 'n "aksie-moment"? Ek is seker die reaksie gaan jou verbaas ...! Meld dit en ontlok reaksie - sal graag wil sien hoedanig dit sal wees.

Danie Botha: Ek sien so iets nog nie as 'n diens van 'n hoofsaaklik letterkundige webruimte nie. Daar bestaan immers webruimtes vir die reël van ontmoetings, hoewel dit blykbaar hier om iets "diepers" gaan. Ek bied egter aan om uitvoerbare voorstelle hier op ons meningsafdeling te plaas en die voorstellers met mekaar in aanraking te bring. Hulle kan dan die kuiers organiseer.

*

Wie het ook dié klip op die gemoed?

Windekind: Ek lees graag alles wat in hierdie rubrieke geskryf word. Sommige bydraes interesseer my meer as ander. Ek wil byvoeg dat ek die openhartigheid van die skrywers so heerlik waardeer dat my tone net wil-wil omkrul.

En dit het my beweeg om ook, vir die eerste keer in my lewe, baie openhartig te wees en die klip wat op my gemoed rus, met iemand te deel. Miskien nie noodwendig om reaksie uit te lok nie, maar net bloot om die gevoel te kry van prontuit sê wat ek nog net met myself my lewe lank gedeel het.

Die saak staan so: ek is van die manlike deel van die bevolking. Net, van kleintyd af, solank ek kan onthou, wou ek nog altyd 'n meisie wees. Ons het buurdogtertjies gehad wat altyd met my pop gespeel het, en my dan in hul klein kleertjies aangetrek het. My mamma het nie 'n probleem gehad nie, want my uitrusting was pienk. Sy het 'n dogter met haar hele wese begeer en in daardie dae was daar nog nie sonar nie, met die gevolg dat ek in pienk afgewag is. Voor my skooldae al het my mamma my 'n keer of wat uitgevang dat ek haar klere aanpas.

Uiteraard het ek as seun groot geword, rugby gespeel, met karretjies en sulke goed, maar my wese het daarna gesmag om eerder met die dogtertjies te speel. Ek wou een van hulle wees. Seuns was oukei, maar ek het nie regtig van hulle gehou nie. Noudat ek groot is, het ek nog steeds daardie hunkering om vrou te wees. Vrouens dwing by my bewondering af, hul manier van doen, hul voorreg om moeite met hul voorkoms te doen, om verantwoordelik, selfversekerd en oulik te wees. Ek twyfel of ek gay is, want ek begeer nie 'n man se lyf nie; dalk sou ek eerder 'n lesbian wees as ek wel 'n meisie kon wees. Ek is baie gelukkig met 'n oulike vrou getroud en ons het al groot kinders. Nou is dit by my 'n uitgemaakte saak: ek hou nie van mans nie, en soek baie selde hul geselskap op.

Ek is nie 'n cross-dresser nie, maar wanneer ek alleen is, in my verbeeldingswêreld, waarmee ek ryklik bedeeld is, speel ek die rol van 'n vrou. Ek smeer gereeld roompies aan my gesig en hou daarvan om klere te dra wat ewe goed as vrouedrag kan deurgaan, onder die dekmantel dat dit gemaklik is. Ek smag so daarna om 'n mooi romp en bloesie te dra eerder as 'n hemp en broek. Vrouebevryding val so in my kraal, omdat baie vrouedrag ewe goed aan mans sou pas. Dit is so heerlik om in my verbeelding my in die rol van 'n vrou in te leef.

My borste is selfs bietjie groter as dié van manne, en ek is baie trots daarop. Ek sou wat wou gee om 'n bra te dra!

Nou kan ek nie help om te wonder nie: wat sou my label wees?

*

Gay en getroud - geen probleem!

Johan Kleynhans: My naam is Johan en ek is al 35 jaar getroud; en ek is gay. My vrou het geen probleem daarmee nie. Daar word baie diskreet opgetree.

*

Aan al die malende Jacques's en Jacquelines daar buite …

(Ná Jacques Botham se stuk van 1 Junie)

Robin bepleit hulporganisasies op groot skaal, dalk spesifiek vir die wit, gay Afrikanerman

Waar begin 'n mens? Ek's 'n nuwe dissipel van LitNet en was verbaas om te sien dat daar actually 'n gay section bestaan! Sien, ek sit in Londen, het ses jaar gelede oorgekom, met die doel om nooit weer terug te keer nie. Nou lees ek hierdie verhale en krete van pyn op die net en dit herinner my aan my experience en hoe ek nou daar uitsien.

Ek's gay, het sowat drie jaar gelede vir my ouers vertel. Dit was die moeilikste ding wat ek nog ooit gedoen het, maar dit moes. Die ontvangs was so-so.

Ek's weg uit Suid-Afrika omdat ek nie die eng siening van die Suid-Afrikaanse Jan Alleman kon verdra nie. Ja, dinge lyk of dit begin verander. Maar stadig. Tog so stadig. Te stadig dalk vir sommige van die mans en vrouens wat hul harte hier op die web uitstort?

Wat is die antwoord? Ek wil julle graag moed inpraat. Maar hoe kan ek? Ek het geen antwoorde nie. Ek ervaar ook dieselfde vrese en verduur dieselfde behandeling deur vreemdelinge (en bekendes) as gevolg van wie ek is.

En dis die ding, nè. Dis nie asof jy dit gekies het, soos om 'n vegetariër te wees nie. Dis deel van jou. JA. Net 'n DEEL van jou, nie AL wat jy is nie. Hoekom is dit vir sekere "straights" so moeilik om dit te verstaan, veral die mans?

Ek kan my net indink hoe moeilik dit moet wees om 'n gay man in Suid-Afrika te wees. Ek's gelukkig; dit word darem nog as "kinky" beskou as twee chicks mekaar beet kry. Maar 'n man en man? Nooit. Dis taboe, onnatuurlik, godssondig. Vieslik.

Nee. Ek sit in Londen met sy GROOT gay scene, hoewel ek nou nie eintlik gaan club of so nie, maar die OPSIE is daar. So ook is daar 'n hele paar HULPORGANISASIES wat allerlei dienste bied aan homo- en biseksueles en, ag wat, aan alle mense. Kan daar nie grootskaals so iets vir die gay community in Suid-Afrika gedoen word nie? Miskien iets spesifieks vir die wit gay Afrikanerman?

Mmm, hierdie stuk is baie onsamehangend, maar wat ek eintlik net wil sê aan al die siele wat so beangs en hartverskeurend alleen rondmaal met hierdie verskriklike geheim in jou hart: JY IS NORMAAL. Dis moeilik, ek weet, JOU HART WIL BARS; probeer iemand kry om mee te praat. DIS NIE 'N SONDE NIE. JY'S NIE 'N SLEGTE MENS NIE. DAAR'S NIKS FOUT MET JOU NIE.

Voordat jy kan verwag dat ander jou moet aanvaar, MOET JY EERS JOUSELF AANVAAR. Dit het my baie lank gevat om tot dié punt te kom in my lewe en ek het soms nog maar relapses, maar hou aan veg. JY IS WIE JY IS. MENS HET NET EEN LEWE en mens moet die beste daarvan maak. JY HET DIE REG OM GELUKKIG TE WEES.

Oukei, het nie bedoel om te preek nie. Sterkte aan almal en thanks, Gay@LitNet; hierdie website is fantasties.

*

As biseksualiteit dan so 'n hel is ...

Piet Verdriet aan Chrisjan: "hoekom moet ek aangaan met 'n dubbele lewe?" vra jy aan die einde van jou brief. jy wil nie meer lewe nie, sê jy, omdat jou lewe 'n leuen is. jy vra die ongeïdentifiseerde klipgooiers om compassion ...

vergun my die geleentheid om jou 'n paar vrae van my eie te vra.

as dit dan so 'n ontsaglike hel is waardeur jy gaan, as jou "behoeftes en drange" daaruit bestaan "om deur 'n man geliefkoos en bemin te word" - in die naam van jou God wat jy glo "intree" en jou "help", hoekom het jy, duidelik in die wete dat dit die hel sou intensiveer, getrou en kinders gehad? het jy gedink dit sal beter word of weggaan? klink nie vir my so nie, want jy sleep jou ma, haar baarmoeder en jou geboorte daarby in. die ondertoon sein 'n diep oortuiging dat jy so gebore is en nooit gedink het dit sou verander nie, want as jy jouself "kon verander", sou jy dit "vroeg" in jou lewe "gedoen het".

toe maak jy 'n paar mense seer en trou toe maar en kry kinders - niks gays daaromtrent nie. 'n keuse. nou is dit maklik om ons te blameer vir die onvervuldheid. kan jy jou voorstel die hel van jou vrou en kinders as hulle moet uitvind dat jou hele lewe met hulle eintlik vir jou 'n hel (jy verwag dalk "leuen" hier) was?

om jou te parafraseer, jy vra my om "mooi te dink", voor ek jou aanval, maar het jy "mooi gedink" voordat jy in die naam van wat "aanvaarbaar" (weer jou woorde) is/was, die blywende aanval op jou eggenote en kinders geloods het. die blywende aanval van jou lewe as 'n hel met hulle.

jy is reg, ons "mense" weet nie wat dit is wat jy deurmaak in jou lewe nie. net soos ons "mense" ook nie sal weet wat dit is wat jou familie sal deurmaak wanneer hulle jou die dag ontdek nie, of jy dalk kies om jou aan hulle te openbaar nie.

net soos ons "mense" ook nie sal weet wat jou secret lover sal deurmaak wanneer jy, nadat jy hom tot diepsinnige bekentenis uitgelok het, die dag terugkeer na jou "aanvaarbare" lewe nie. want after all, ten spyte van die hel, die klipgooiery, die onvervuldheid wat jou aanvuur na die klub, is jy sogenaamd lief vir jou vrou en kinders.

dalk wil jy die ou gesegde, "We live by our choices" oordenk.

*

Hulp met 'n kasbestaan

Ren van Zyl: In die eerste plek wil ek rêrig net dankie sê vir die uitstekende webblad vir gays. Ek is 20 jaar oud en in my tweede jaar op universiteit. Ek is gay, maar is nog so bietjie in die kas! Wanneer dinge te veel raak en ek dink ek gaan ontplof, gaan ek net na Gay@LitNet toe en lees 'n paar artikels of menings van ander gay mans, want om so in die kas te lewe kan soms nogal baie, baie frustrerend raak en dan is dit troostend om te weet dat daar wel 'n gaywêreld daarbuite is en ek nie alleen is nie.

Ek wil net graag ook weet watter ander webtuistes daar is waar ek 'n bietjie meer oor die onderwerp en sosiale aangeleenthede aangaande gays kan lees. Ek sal dit baie waardeer.

Danie Botha: Daar bestaan sulke webruimtes; gebruik maar die soekfunksie van die internet.

*

Die mense hou van …

Carel Coetzee oor Sefanja se "Thinners-valentyn": Ek het baie van hierdie stuk gehou. Briljant!

Marelli Minnaar aan Wim Vorster: Ek het jou e-posadres gesoek op die internet, en toe afgekom op 'n twee amazing stories wat jy geskryf het op Gay@LitNet. "Anatomie" is regtig opwindend en 'n unieke idee en het my heeltemal ingetrek.

Lana Welgemoed: Danie, Egon moet asseblief meer skryf, man; ek geniet haar briewe verskriklik baie. Dit is so goed! Sê vir haar: Meeeeeer skryf!

Johan Mostert oor Ruan en Shane se "Cyber relations": Ai, wat 'n lekker wonderlike storie! Ek verlang so na my eie minnaar as ek dit lees en dit maak my so lekker jags! Dis wonder-lik lekker om man te wees, om gay man te wees, om 'n man met alles lief te hê!

En Danie Botha se "Wat kaal manne sê" het met hom gewerk: Danie, jou bliksem!
Wil jy my nie ook uithelp nie, asseblief man! Ek is nou so jags, ek kan iets oorkom!

Wim Vorster het 'n paar toevoegings tot dié artikel oor manlike sekswoorde: Dit het gebeur met 'n akteur en baie goeie vriend van my (nou reeds oorlede). Toe die boerseun met wie hy doenig was, by die fyndraai kom, skree dié dit uit sodat al die huismense kon hoor: "Laat waai, Meraai!"

En dan my eie ervaring met 'n beeldskone klein Indiër wat ek deurgedraf het en op dié punt in suiwer Afrikaans gesorg het dat ek krimp tot niks met: "Ek spuit! Ek spuit! Piets my poephol met jou piel!"

Wim vertel ook dat dieselfde akteur een aand op 'n stasie by al die treine en "al die leë spore" 'n jong, butch stasiemeester op die lyf geloop het, die vriendelike soort wat jou altyd mooi help om op die regte trein te kom. Die staaf tussen die meester se bene word al hoe breër en dit lig al hoe hoër. Toe vra hy: "Wil jy opklim?"



LitNet: 28 Junie

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.