GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Skrywer vra sekshulp op Gay@LitNet, en ander lesersreaksies

COBUS VAN DER MERWE, skrywer van "Bloedspoor", "jointed" en "Sonbruin kom nie maklik nie":

Ek was nog altyd ‘n freak vir ‘n threesome, en nog altyd het dit op ‘n boggherop uitgeloop. Die lewe boots nie altyd fiksie na nie.

Ek sal graag ‘n storie of artikel wil skryf, deels om die laaste mislukte verhouding te verwerk. Maar ek soek nou konkrete raad, en sal dit waardeer as daar menings/bydraes aangestuur kan word na digitalpix@magicmail.co.za.

Die enkele gedagtes wat ek in hierdie vroeë stadium van “besinning” het:

  1. Nie in my persoonlike ondervinding van toepassing nie, maar ek het die artikel gister gelees. Die artikelskryfster sê dit was 'n grillerige ervaring, want die ander party was lelik.
  2. Belangriker is dat die partner onvoldoende voel as die “beplanner” so iets voorstel en dink die verhouding is vervelig vir die ander, terwyl die voorsteller juis ter wille van die ander vernuwing wil bring.
  3. Om beheer te kry besluit die ander twee “deelnemers” om mekaar sonder die “beplanner” se medewete te ontmoet, en dit is juis die punt waar owerspel/verneuk plaasvind, wat weer lei tot skuldgevoelens en verwyte.

Laat weet asb enige menings/belydenisse, al is dit anoniem.

Dit is nie lekker om alleen te voel nie. Die feit dat ander saam met jou ly, gee mos krag, dan nie?

Net lof en waardering

Dirk Theunissen

Die twee artikels oor die illustrasie in Patrys-hulle ("Patrysjag" deur Arie Kuijers en "'n Wolk breek" deur Jacob Meiring) is eroties en lees baie lekker. Daar moet beslis nog baie ongeskryfde en ongepubliseerde vertellings wees oor jeugherinnerings, of moet ek sê literêre jeugherinnerings, omdat dit is wat hier gebeur het. Kan julle nie probeer om nog daarvan in die hande te kry nie?

Ek onthou die lyntekeninge in storieboeke baie goed - dit is al wat daar was. Dit was voor kleurillustrasies. Ek werk al jare lank in 'n biblioteek hier in Pretoria en geniet illustrasies en is soms verbaas oor waarmee kunstenaars vorendag kom. Nie noodwendig eroties nie, maar tog.

My beste kleuterverhaal van dié soort is getiteld 'n Boekie sonder woorde deur Dick Bruna. Die verhaaltjie het nie woorde nie, maar die illustrasies beeld 'n manlike karaktertjie uit wat in die straat loop en 'n vreemde persoon ontmoet (die geslag word nie bevestig nie). Hy neem dan die vreemde persoon huis toe, bad die persoon en sit die persoon in die bed, want nou is hulle vriende. Hoe obvious kan so 'n storietjie nie wees nie? Ek hoop dat dit enige delikate seuntjie se hartjie moet bly maak. Verder is die Griekse legendes nog altyd vir my eroties, maar seker ook vir baie ander mans. Die gode was tog so belustig!

Gay@LitNet is my weeklikse inspirasie; doe zo voort.

Willie van Rensburg oor Wim Vorster se "Doopsous":

Lanklaas 'n storie so geniet. Puik!

Ys oor Kalie Burger se "Kunsmatige kuiwe, skotteljonsheid ... en Elizabeth Taylor":

Bravo, Kalie!

M Botha help Egon met die woorde vanr die somerlied wat sy in "Vrede by die 'toring van Babel' in Israel" wou weet:

    Summertime, and the feelin' is easy
    Fish are jumpin' an' the cotton is high
    Oh your daddy's rich an' your ma's good lookin'
    So hush littl' baby, don't ya cry.
    One of these mornin's you gonna rise up singin'
    Then you'll spread your wings an' you'll take to the sky
    Bu' till that mornin'
    There's a nothin' can harm you
    So hush littl' baby, don't ya cry.

    Uit: Porgy and Bess - George Gershwin

Middeljarige boerejood in die VSA reageer ook op Egon se nuusbrief uit Israel:

Toe ek nog daar gewoon het, oppie kibbutz in die vroeë tagtigerjare, wou ek altyd dat iemand eendag: "Ag moenie worrie, man, ha kolbo (supermark) patuach bishvilga."

Nooit gebeur nie.

Lekker bly.

(Hy het ook die woorde van "Summertime" gestuur.)



LitNet: 19 November 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.